SA toerismeraad ‘oorweeg opsies’ weens teenstrydige afsonderingsregulasies

(Foto: Love Cape Town/Twitter)

Die Toerismesakeraad van Suid-Afrika (TBCSA) het ʼn dringende vergadering byeengeroep om moontlike opsies te oorweeg ten einde ʼn stokkie voor verdere reis- en toerismebesteding en permanente werksverliese te steek. Dit volg ná die regulasies vir die heropening van geakkrediteerde en gelisensieerde akkommodasie vir ontspanningsdoeleindes sedert middel Junie gedurig gewysig is.

Die sakeraad het al talle pogings aangewend om die regering te oortuig om die toerismebedryf, en veral die gebruik van akkommodasie vir ontspanningsdoeleindes, geleidelik tydens vlak 3 van afsondering te heropen. Die regering het egter bankvas by sy besluit gestaan om nie dié bedryf te heropen nie.

Pres. Cyril Ramaphosa het Sondag bekendgemaak dat die heropening van geakkrediteerde en gelisensieerde akkommodasie vir ontspanningsdoeleindes steeds verbied word.

Tshifhiwa Tshivhengwa, uitvoerende hoof van die TBCSA, sê die sakeraad moet nou al sy opsies oorweeg ten einde die ondernemings binne die bedryf te beskerm en te verhoed dat die bedryf permanent sy deure moet sluit.

Die TBCSA het ʼn omvattende herstelplan vir die toerismebedryf aan pres. Ramaphosa voorgelê, gerugsteun deur gesondheidsprotokol wat deur die bedryf ontwikkel is om die verspreiding van Covid-19 te bekamp.

Die plan is gegrond op ʼn gefaseerde benadering wat eers binnelandse reise toelaat en daarna geleidelik internasionale reise teen September 2020 laat hervat. Sowat 60% van die bedryf se jaarlikse inkomste kom van internasionale reisigers wat tussen September en April die land besoek.

“Ons het protokol ontwikkel om die verspreiding van Covid-19 oor die hele toerismewaardeketting te verminder en dit is aanvaar. Die volgende stappe wat die toerismebedryf doen, moet dít en ons gereedheid om te heropen, weerspieël,” sê Tshivhengwa.

Die bedryf verloor na raming R748 miljoen vir elke dag van die afsonderingstydperk en die TBCSA voorspel dat sowat 600 000 werksverliese gely gaan word as die bedryf op dié manier gesluit bly. Hy sê die uitwerking gaan ook na ander bedrywe uitkring. Toerisme in Suid-Afrika ondersteun 1,5 miljoen werkgeleenthede en dra 8,6% tot die bruto binnelandse produk (BBP) by.

Volgens syfers van Statistieke Suid-Afrika (StatsSA) het die algehele toerismebesteding in Suid-Afrika in 2018 nagenoeg R273,2 miljard beloop. Binnelandse toerisme het 56% van die algehele besteding uitgemaak, gevolg deur internasionale toerisme wat 44% van die algehele besteding uitmaak.

Tshivhengwa sê die toerismebedryf is tot dusver veilig bestuur en het die regering bygestaan deur kwarantyngeriewe en isolasieruimtes te voorsien, asook sakereisigers en noodsaaklike reisigers met verblyf uit te help.

David Maynier, die Wes-Kaapse minister van finansies en ekonomiese geleenthede, het Maandag in ʼn brief aan Nkosazana Dlamini-Zuma, die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, en Mmamoloko Kubayi-Ngubane, die minister van toerisme, versoek dat hulle die heropening van geakkrediteerde en gelisensieerde akkommodasie vir ontspanningsdoeleindes moet oorweeg.

“As Kubayi-Ngubane tevrede is met die gesondheids- en veiligheidsprotokol wat ingestel is sodat akkommodasie vir sakereisigers kan heropen, waarom kan akkommodasie vir ontspanning dan nie ook heropen nie?” vra Maynier.

Maynier sê werksverliese van bykans 50% staar die toerismebedryf in die Wes-Kaap in die gesig.

“Talle akkommodasie-ondernemings het middel Junie gereed gemaak om te heropen, net om daarna weer hul deure te sluit. Hierdie onverklaarbare verandering sal vir baie ondernemings verdere ekonomiese swaarkry inhou en waarskynlik verdere werksverliese veroorsaak,” sê Maynier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Willem ·

Kom nou vat die regering vas wat so besluitloos is. As die taxi bedryf kan voortgaan hoekom nie toerisme

JohanR ·

1. 11th Jan 2014 – President Jacob Zuma said on Saturday the ANC aimed at creating at least six million jobs in the next five years. 2. 9th Feb 2010 – President Jacob Zuma has failed in his promise to create 500,000 new job opportunities by the end of 2009, the Democratic Alliance said. 3. Cyril Ramaphosa July 2020 – By the end of Covid-19 we want no white person to have a job anymore, and we want to have destroyed all white privately owned businesses. If some blacks and Indians get caught up in this our “scorched earth” policy then so be it. That should be about 1 million to 2 million whites without work. Do not come to us for food and handouts blerrie whites. Viva Communist ANC , Viva

Harry ·

Asb Johan publiseer hierdie dokument waar no 3 se bewerings gestaaf word, ek dink dis net n pot nonsens van ver regse mense wat net meer probleme vir ons wil maak. Ek ” dare” jou om die feite hier te plaas, ek glo dis net fop nuus soos so baie ander so genaamde “conspiracy theories” wat die ronde doen!

Jaco ·

Aan die begin van lockdown is gesê net toerismebesighede wat BEE en regstellende aksie reg toepas, gaan staatshulp kry. Dis alles goed en wel, want ons weet mos dat wit besighede seker maar vir ewig “gestraf” moet word vir apartheid. Daars 2 goed wat ek egter nie verstaan nie:
1. Die “fonds” waaruit kwalifiserende besighede hulp kry, gaan een of ander tyd stop. Wat gebeur daarna? Dan gaan besighede waar die regstellende aksie en BEE klaar REG is, mos ook sukkel, al het hulle nie soos wit besighede “iets verkeerd” gedoen nie.
2. Baie van die wit toerismebesighede wat geen hulp kry nie, het swart mense in diens. Hulle is nou werkloos. Ek weet hulle kry nou UIF, maar UIF hou net ‘n paar maande. So wat gebeur met hulle wanneer UIF stop?

Fedup ·

My advice. Just start working; touring, whatever.
As the death traps in this circus country can do what they want, so can you.
You are south africans. Make your own decisions.

Prikkie ·

Vat die regering hof toe.

As die taxis kan ry, dan kan ek ook mos ry.

Ek kan die virus nerens heen versprei nie, dit is klaar oral!

koos10 ·

Tong in die kies. As jy wil vakansie gaan hou, vat my skoonma saam, dan kan jy met alle opregtheid verklaar dat dit nie vir ontspanning is nie.
Op ‘n ernstige noot, die regulasies is besig om so in hulself verstrengel te raak dat dit jare gaan neem om hierdie regskwessie uit te pluis.
‘n Goeie vriend van my het my geleer dat as jy beheer oor beheer instel, het jy beheer verloor. Hierdie woorde is so waar!

Prikkie ·

Iemand sing so ‘n liedjie wat sê “geen beheer ….”

Dan moet dan nou seker aan die ANC opgedra word?

marius ·

Daar is geen kans teen mense wat hulself as heersers beskou en neersien op die diegene wat hul salarisse moet uitsweet as plebejagers nie . Howe en politieke opposisie word beskou as irritasies wat geignoreer word en mag wat uit die loop van ‘n geweer kom hul beskerming .

Isabella ·

My goeiste WAT VAN TAXIS hul is di grootste gevaar!!!! dis belaglik!!!! Iemand mut iets hieraan kan doen …dt kani meer so aangan ons blankes ht net soveel reg in hierdi land van ons ….hoe lank gan CR nog wegkom mt sy verkeerde besluite wat ons ALMAL se ondergang beteken

Joggie ·

Tyd dat alle besighede net maak soos taxi industrie : ignoreer net enige regulasie wat kommuniste instel!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.