SA verdrink in “tsoenami” van rioolvuil

Suid-Afrika sit met ʼn “tsoenami” van rioolvuil wat eenvoudig net nie meer in riviere verdun kan word nie, waarsku ʼn wêreldwaterkenner te midde van die onlangse cholera-uitbreking in Gauteng.

Dr. Anthony Turton, ʼn waterkenner verbonde aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) se Sentrum vir Omgewingsbestuur, sê Suid-Afrika lewer daagliks meer as 5 miljard liter rioolvuil wat dagin en daguit in die land se riviere en damme gestort word.

Slegs 10% van dié massas riool word boonop behandel tot op ʼn vlak waar dit veilig is vir direkte menslike kontak.

Intussen is meer as 60% van die land se groot damme nou eutrofies met hoogs verrykte water wat giftige sianobakterieë kweek. Hierdie bakterieë floreer in die warm water en toenemende vloei van voedingstowwe uit riool.

“Om die eenvoudige waarheid te sê: Ons het ons verdunningsvermoë verloor en ons riviere het verander in gevaarlike rioolstrome wat skadelike patogene teel.

“Dít is die onmiskenbare oorsprong van die sterftes wat ons vandag sien,” skryf Turton in ʼn meningstuk oor die rioleringsprobleem waarteen hy en ander waterkenners al minstens 15 jaar lank waarsku.

Maroela Media het vroeër berig minstens 24 mense is onlangs dood weens ʼn cholera-uitbreking in Hammanskraal. ʼn Ondersoek na die bron van die uitbreking is sedertdien aan die gang.

“Hulle het onnodig gesterf,” sê Turton.

Kenners waarsku al jare

Foto verskaf deur AfriForum

Turton het reeds in 2008 gewaarsku dat die land se waterinfrastruktuur die einde van sy ontwerplewe nader en dat die land se riviere ʼn verlies aan verdunningskapasiteit ondervind.

Hy sê die Suid-Afrikaanse ekonomie sit inderwaarheid sedert 2002 al sonder water toe die Nasionale Waterhulpbronstrategie onthul het dat die land reeds 98% van alle water wat wettig ingevolge die Nasionale Waterwet beskikbaar is, toegewys het.

“Uit hierdie data is daar destyds al tot ʼn eenvoudige gevolgtrekking gekom: Suid-Afrika stuur af op ʼn stadige ramp tensy ons die politieke leierskap kan oortuig om dinge anders te doen.”

Hy verwys ook na Nomvula Mokonyane, ʼn voormalige minister van water en sanitasie, wat tydens haar termyn die Groen- en Bloudruppel-rapporteringstelsel opgeskort het toe die data neigings van die mislukking van die land se rioolsuiweringswerke getoon het.

Vandag is meer as 90% van die land se afvalwaterbehandelingswerke wanfunksioneel.

Turton beskryf Mokonyane se optrede as dié van ʼn vlieënier van ʼn kommersiële vliegtuig wat die radarskerm afskakel omdat die inligting daarop hom ongemaklik maak.

“Dit is waar ons vandag is,” sê Turton. “Mense sterf weens die direkte gevolg van besluite wat geneem is deur ʼn voormalige minister wat duidelik misluk het in haar toesighoudende rol.

“Hoeveel lewens moet nog verlore gaan weens die absurditeit van wetlike beskerming van die maghebbers, terwyl hul dade duidelik nie in die beste belang van die samelewing as geheel is nie? ʼn Grondwetlike demokrasie gaan tog daaroor om burgers te bemagtig deur hulle teen die gevolge van mislukte dienslewering te beskerm.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Fran ·

As hierdie swak regering weer verkies word om die land te lei, is dit verby met SA

Minnie ·

Dink jy dat iemand anders ons land weer sal lei?
Daar is nie n manier nie Fran. Baie hartseer inderdaad….

Johan ·

Maak maar gereed Fran, hulle sal weer heers maak nie saak wat die DA kwytraak of hoeveel internasionale skade die DA probeer maak nie.

Amelia ·

stop om hop huise te bou en sorg eerder vir water paar mense kry huise maar duisende kan sterf van die vrot water red n land se mense nie net n paar mense met n huis nie

Papsak ·

Dit is vrot sies ga ek sal my skaam waar is die mense wat moet kyk na sulke gemors nie wonder siektes breek uit nie

Wonder ·

Ek verstaan nie hoe het hull dit nie geweet nie al die probleme kom al baie jare, waar is die dae waar ons sommer gou indien mens geloop het water drink uit die buite krane, hier by ons sit ons sonder water en as ons water het lyk dit soos riool wat uit die krane kom, mens kan nie eers bad in die water nie…

Surfer ·

Hulle gee nie n vlenter om vir hul eie arm mense wat sukkel nie of vir die verval van ons land en pragtige natuur nie. Maar wena drink seker duur gebottelde water uit Rusland uit.

Ian ·

29 jaar van swak regering. Sies man. Julle moet jul kop in die sand steek.

Katinka ·

Ongelukkig sal die selle mense weer vir hulle stem, al vloei die gemors die strate vol.

Andrew ·

En om te dink meer as die helfte van SA stem nog vir hulle (en ander kwart bly weg). Maar dis dieselfde kiesers wat se eie buurte in elk geval soos riool aanlegte lyk.

Diepoppie ·

Ons het in maart gaan visvang by die vaaldam. Ekt in die water gegly en geval, volgende dag eindig ek by ongevalle met n virus in my derms van daai water! Die simptome het my bang gehad.. N mens moet maar nou versigtig wees..

annie ·

Diegene wat die werk moet doen loop voor in die betogingskoor wat skree dat iemand nie sy werk doen nie. Fire hom! Hmm?

domheks ·

VIVA cANCer! Ons gly al verder en verder en nog verder in die rioolplaas(SA af)!

Jacobus ·

Baie goed opgesom Tony. Ek het nou die dag gesê dat die probleem begin indie onbevoegdheid en ongeërgdheid van die bewoners van Lethuli Huis. Hulle spring al die ongerief van die huidige situasie vry.
As Dr Turton reg is en ons is die kantel punt verby, moet die kaders tot verantwoording gedwing word.

marius ·

En diegene in beheer voel vere want hulle koop drink water met die miljoene wat uit staatskoffers na hulle kom. Daar kom ‘n ramp wat ongekend is .

Sonja ·

Met so regering wat verwag die mensdom. ANC se eie mense verhonger en sterf in hospitale maar hulle dink net aan hulle eie bankrekeninge

Misky ·

Nes die res van alle infrastruktuur waaraan die ANC vat, verander alles in riool. En steeds sien hulle nie die gevaarligte nie. Krag en water is basiese behoeftes en hulle faal die land liederlik!!!!

Gert ·

Dieselfde water word gesuiwer en in ons reservoirs gepomp vir minusipale gebruik. Dieselfde water word gesuiwer en in bottels verkoop. Kan daar dalk n mikroskopiese bakterie ontwikkel wat gewone suiwering nie kan uithaal nie, Selfs Hippatitus virusse leef tot 30min lank in kookwater? Ek dink reenwater is binnekort goud werd.

Gerhard ·

Hier by ons kan ons gladnie meer kraanwater drink nie. Ons koop water, al wat ons kan doen, ek waag in elkgeval nie my lewe met kraanwater nie. Oral waar die flippen mense in beheer is val plat, of heeltemal uitmekaar.

miche ·

So, Trump was nie ver verkeerd toe hy destyds na SA verwys het as ‘n
sh…ole nie?

Yolandie ·

Ek het nie eers die artikel gelees nie. Alles in die land het verval onder die ANC se leierskap. Dit is skrikwekkend dat ons nie eers ‘n essensiele behoefte kan as veilig beskou om te gebruik nie.

Surfer ·

Die regering het self hul eie “geboorte beperking” / aanwassing begin beheer/gestop. Ongelukkig verloor hulle nou moontlike ANC stemme.

Di ·

Dis nie net die water nie – ALLES in die land het in riool status verval

skurweberg ·

Mense wat nie skaam kan kry nie, probeer om SA te regeer. Ek wonder of daar so’n woord in hulle woordeskat bestaan? Sal dit nie help as die kommentare in Engels vertaal kan word of ons in Engels kan begin skryf nie?

Hendrik ·

Ons is maar seker gelukkig met goeie water, krag en veiligheid. Ons is nie vasgegroei aan die regeringsstrukture nie.

Johannes ·

Nou wonder mense waarom daar daagliks dienslewering protesoptogte plaasvind. En die wat daarvoor verantwoordelik is verstaan kamtig nie hoekom nie

Minnie ·

Ek sit nou en lees almal se kommentaar en besef ons probeer eintlik mekaar sus of sterk hou.
Niemand van belang mbt die probleem lees ooit ons siening van probleme nie.
Is dit nie vrek hartseer nie? Eintlik het ons maar net mekaar…

Johan ·

Watter afrika land werk nie so nie? Dit is hoe vêr hul gevorder het, verwag niks meer nie en ook nie dat dit gou gaan verander nie.

Di ·

WAAR! Geen afrika land het nog vooruit gegaan nie! Hulle kan nie ‘n land bestuur nie, punt

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.