Saak teruggetrek teen man wat glo hof se vensters breek

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Tim Arterbury/Unsplash)

Die Vryburg-landdroshof het die saak teen Sibongile Dube (35) teruggetrek ná hy in hegtenis geneem is in verband met vensters wat stukkend geslaan is by dié hofgebou. Hy het tereg gestaan op aanklag van opsetlike saakbeskadiging.

Henry Mamothame, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in Noordwes, sê die saak is teruggetrek ná die staat se sleutelgetuie tydens die hofsaak van sy oorspronklike verklaring afgewyk het. “Die veiligheidswag op wie die staat staatgemaak het, het aan die hof gesê hy het nie gesien hoe die beskuldigde die misdaad pleeg nie. Dit het die staat se saak verswak, omdat daar nie voldoende bewyse is wat Dube met die misdaad kan verbind nie.”

Die veiligheidswag, wat op 9 Januarie 2022 aan diens was, het in sy oorspronklike verklaring aangevoer hy het gehoor hoe die ruite breek. Hy het ondersoek ingestel en gesien hoe die verdagte van die toneel weghardloop.

Die veiligheidswag het aangevoer hy het die verdagte agternagesit en Dube aangekeer voor hy die polisie gekontak het. Die polisie het die verdagte in hegtenis geneem en hom aangekla.

Maroela Media het vroeër berig Dube het tydens sy hofverskyning op 17 Januarie gekies om homself te verteenwoordig en aangedui dat hy van voornemens is om skuld te beken op die aanklagte. Hy het egter daarna van deuntjie verander en regsverteenwoordiging versoek. Hy het aangevoer sy optrede was uit woede ná drie maande tronkstraf wat hy moes uitdien omdat hy versuim het om in die hof te verskyn in verband met ʼn afsonderlike oortreding in Junie 2020.

Hy het gesê hy was ook woedend oor twee jaar tronkstraf wat hy in 2009 opgelê is in ʼn aanrandingsaak.

“Hy voer aan hy het ʼn geldige rede gehad hoekom hy nie by die hof opgedaag het nie, maar is nietemin gevonnis. Die staat kon egter nie sy bekentenis as bewyse teen hom gebruik nie, omdat dit nie ʼn formele bekentenis was nie en die klagtes is nie aan hom voorgehou voor die diens van ʼn regsverteenwoordiger bekom is nie.”

Dit is nie duidelik waarom die veiligheidswag nou van sy oorspronklike verklaring afgewyk het nie. “Die saak moes dus ongelukkig teruggetrek word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Tikkel Tokkel Jimpels Gogga ·

So as ek reg verstaan word hy gevang en erken hy het die misdryf begaan uit woede, maar ons mislukte staat laat hom gaan. Hoe siek is dit nie? Seker maar weer (soos altyd) die vuisvoos belasting betaler wat die regmaak-rekening gaan betaal.

Perdeby ·

Die getuie ( sekerheidswag) at gese het hy het alles gesien, het sy storie verander gese hy het hom nie gesien nie!

Willem ·

Dis mos hoe dit gaan, so sal hulle ALTYD “cover” vir mekaar.

SomeOne ·

en so gaan nog ‘n verdagte vry weens die onkundige swak werk van die polisie om niks skrifgewys te doen nie, lekker ou hoorsê

Eugene ·

Ek neem aan die man sal nou n pos in cyril se kabinet kry. Pas heel goed in. Ek hoop ook dat eerstens die wag aangely word vir n vals verklaring en ontslaan word. Tweedens moet die nvg die skade en alle onkostes betaal. Dis belaglik dat die nvg verantwoordelik is vir die meeste mislukte sake en die langste verhoor uit stelling in die geskiedenis van die regstelsel

Willem ·

Ek is oortuig as dit nou ‘n blanke persoon was, was hy agter tralies vir beskadiging van staatseiendom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.