Saak uitgestel teen man wat hawelose glo aanval

Manusi Mathopi tydens sy hofverskyning. (Foto: Brenda Masilela/ANA)

Die 40-jarige man wat daarvan beskuldig word dat hy ʼn hawelose man in Muckleneuk in Pretoria met ʼn skerp voorwerp aangeval het, het Maandagoggend vlugtig in die landdroshof in die stad verskyn.

Die saak is weer uitgestel vir verdere polisieondersoek.

Manusi Mothopi het verlede week die eerste keer op aanklag van poging tot moord verskyn.

Hy is in hegtenis geneem sowat ʼn maand nadat die liggame van vyf hawelose mans naby Magnoliadal en Muckleneuk gekry is. Die mans is herhaaldelik geslaan en gesteek.

Daar was onlangs bespiegeling dat ʼn reeksmoordenaar in die Jakarandastad bedrywig is nadat die liggame van die vyf hawelose mans in ʼn kort tydperk in die Muckleneuk-omgewing gevind is.

Die nasionale vervolgingsgesag (NVG) hou egter vol dat dié saak nié met die vlaag moorde verbind word nie.

ʼn Soortgelyke aanrandingsaak teen Mothopi is ook vroeër weens ʼn gebrek aan getuienis laat vaar.

Phindi Mjonodwane, woordvoerder van die NVG, het gesê daar was nie genoeg bewyse om met vervolging voort te gaan nie, en die saak is gevolglik van die rol geskrap.

Drie van die vyf hawelose moordslagoffers is sedertdien geïdentifiseer, maar die polisie het in dié stadium geen verdere leidrade nie.

Mothopi is opgespoor nadat ʼn hawelose man wat aangeval is, ʼn saak by die polisie aanhangig gemaak het.

Mothopi bly in aanhouding en sal na verwagting op 30 Julie weer in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

sweis ·

Die saak word net in die nuus gehou omrede die polisie te onbevoeg is om die skuldige “reeks moordenaar” van die bergies te arresteer en nou lei hulle die aandag so af

Michelle ·

Hoekom sal die man toevallig met net een soortgelyke misdaad betrokke wees terwyl daar 5 ander dood is ons is nie in graad een nie. Vandat die man in hegtenis geneem is was daar nie weer so voorval nie. Die polisie moet net hul werk reg doen as hul die opleiding daarvoor het ek sit die reeksmoordenaar agter tralies vir goed. Spaar verder bloed vergieting.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.