SAB kap terug ná arrestasies, beslaglegging

Die polisie het op vragmotors van die SAB beslag gelê. Foto: @FaithMazibukoSA/Twitter

Die Suid-Afrikaanse Brouery (SAB) hou vol dat hy aan die regulasies van die afsonderingstydperk voldoen.

Dit kom nadat van sy werknemers Woensdag in hegtenis geneem is en daar op van sy vrag beslag gelê is tydens padblokkades in Gauteng.

Daar is onder meer padblokkades op die M1 in Johannesburg gehou en operasies is in Silverton, Pretoria, en aan die Wes-Rand uitgevoer.

Volgens die provinsiale regering het die padblokkades en spesiale operasies ten doel gehad om op te tree teen diegene wat nie aan die regulasies van die afsonderingstydperk voldoen nie en om beslag te lê op onwettige goedere wat in dié tyd vervoer word.

Die SAB het bevestig dat sewe van sy werknemers en twee derdeparty-drywers in hegtenis geneem is en dat daar op vragmotors en vrag beslag gelê is.

Volgens die SAB word daar wel in die afsonderingstydperk-regulasies voorsiening gemaak vir die verskuiwing van alkohol by sy sewe brouerye. “Die voorafgoedgekeurde plan is daarop gemik om die veiligheid van ons werknemers, die gemeenskappe wat om ons bedrywighede woon, die omgewing en ons voorraad te verseker.”

Die SAPD stop motoriste op die M1 in Johannesburg om te bepaal wie die reëls van die landswye afsondering verontagsaam. (Foto: GautengGov/Twitter)

Die alkohol wat vervoer is toe wetstoepassingsagentskappe toegeslaan het, moes volgens die SAB na ʼn ander stoorplek geskuif word aangesien die stoorkapasiteit by sy pakhuise die toegelate limiet bereik het.

“Die alkohol waarop daar beslag gelê is, was nie om te verkoop of te versprei nie en was ten alle tye in die SAB se besit. Daar is ook toestemming gekry om om ʼn gedeelte van ons verpakte voorraad te vervoer.”

Die SAB het gesê hy wil graag die publiek en die regering die versekering gee dat hy binne die perke van die wet optree en die afsonderingstydperk ernstig opneem.

Die SAB het gesê hy verskaf regsverteenwoordiging aan sy werknemers wat in hegtenis geneem is.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Josua ·

Waarom was die drywers nie met permitte voorsien as toestemming vir die vervoer van die voorraad nie, Niemand sê dat julle nie toestemming gehad het nie maar daar was reels in plek wat gevolg moes word verbreek jy dit moet jy maar die gevolge dra, daar is huidiglik geen aanvraag op alkohol juis omdat dit nie verkoop mag word nie so waarom vervaardig SAB nog alkohol as hulle juis genoeg voorraad in hul store het.

Jelte ·

Probleem is die beamptes weet of nie wat is die regte dokumentasie of reels nie. Drie trokke van een maatskappy met presies dieselfde vragte op en selfde nodige permitte en dokumentasie gaan deur n padblokkade. Twee laat hulle deurgaan en derde een word gestop en gese hulle moet hom ongelukkig n R1000 boete gee! Dokumentasie is soos voorgeskryf in die Staatskoerant. Ander persoon ry elke oggend n sekere roete werk toe deur n padblokkade met permitte sonder n probleem. Dag vier besluit n verkeersbeampte die permit van CIPC is verkeerd en die persoon moet terug draai huis toe.

Rodger17 ·

Nog drank wat die staat beslag op gelê het!Wonder net waar gaan dit uiteindelik opeindig?Staat maak mooi bymekaar

Deon ·

Tong in die kies,, So hou hulle jaar eind funksie kostes laag..

Anel ·

Hulle sal nou enigiets doen om blanke ekonomie tot in die grond te werk. Geen ander land in die wêreld het verbod op drank en sigarette geplaas nie. Dit hou die ekonomie aan die gaan. Beperk dan net verbruikers se aankope. Dit sal mense ook rustiger hou. Maar nou ja, Cele wil net wys wat se kommunistiese mag hy oor die land het. Sy wil en te duiwel met die land.

twaalfboor ·

Die Regulasies is DUIDELIK. Alkohol mag nie van punt A na B verskuif word nie. Wat verstaan die mense nie.

Die Wolf ·

Waarom word daar dan permite uitgereik. Weet die een hand wat die ander hand doen?

David ·

Die vraag is nie of daar regulasies is of nie. Die vraag is of daaride regulasies in opsig self regeverdigbaar is in ‘n oop en demokratiese staat. Enige dwaas wat dink die verbruik van drank en sigarette gaan die versprei van ‘n virus voorkom hoort die nasionale polisie kommisaris te wees.

AC ·

Dis seker nou die veiligste tyd op straat vir enige trokdrywer in elk geval. Wat het van ons land geword ????

netekalleen ·

Seker vir al die ministers wat.partytjies wil hou en dan net jammer se daarna

Boortor ·

Die mense het nou mal geword! Absoluut adsurd. Lyk my na cele se gebabbel is drank nou die grootste bedryging en nie die virus nie. Siestog!

twaalfboor ·

Kom ons kyk daarna in perspektief. Hoe is dit dat SAB nou juis nie genoeg spasie het nie? Vervaardig hulle dan nogsteeds drank in die inperkingstyd? Die feit dat drank nie as noodsaaklikhede verkoop mag word nie beteken ook sekerlik dat die vervaardiging daarvan gestaak moet word. SAB se arrogansie byt hulle nou lekker aan die……. Hulle kan maar watse regshulp inwin, dit gaan nie veel van hulp wees nie. “Vatta ma chanch, tatta ma money”.

Genis ·

Hulle moes lankal dat behoorlikke drankofisiere hul werk doen.. ophou met al die onwettige drik plekke.. gaan kyk maar Saterdae by Liquor Warehouse hoe koop hulle bakkies vragte vol vir die sogenaamde Taverns.. Dis belaglik dat hulle soveel drank permitte kry…

Burgermeester ·

Of die Suid-Afrikaanse Brouery (SAB) by magte was om hulle produk rond te karwy, sal ek nou nie weet nie. Maar hierdie voorval is ‘n baie goeie voorbeeld van die dubbele standaarde wat tans bestaan wanneer dit kom by die uitvoering van die wetstoepassing. Die bestuurders van die vragmotors is in hegtenis geneem tydens die uitvoering van hul werksverpligtinge; geen werk is gelyk aan geen geld. Maar aan die ander kant van die munt, is die minister Stella Ndabeni liggies oor die vingers gehaal en vry omdat sy ‘n ete by ‘n ‘kameraad’ se huis geniet het. Ek vra maar net, waar is die regverdigheid?

Barry ·

Almal wat nou galbraak oor die vervoer van die bier het geen benul hoe die proses werk nie. Bier, nes wyn vat weke om in vatte te lê voordat dit gebottel word. Nou omdat SAB vir die laaste 2 weke nie verkoop het nie, moes hulle die vatte leegmaak en iets doen met die bier wat WIP was met lockdown. Ongelukkig is die stoorkamers nie by die brouery self nie.

twaalfboor ·

Jou redinasie is teenstrydig met SAB se verduideliking.

Kokerboom ·

Onthou net die word “diskressie” was en is in die nuwe bestel nog ALTYD ‘n moeilike begrip om te verstaan, wat nog van toepas!!!

Kokerboom ·

Mens moet net in agneem dat die huidige “uitdroogperiode” die vraag die aanbod na die inperkingsperiode drasties gaan oorskry; dus kan normale voorraadvlakke nie gehandhaaf word en regverdig versnelde produksie dus die verskuiwing om verhoogde voorraadvlakke te akkommodeer.

David ·

Dis v ir my baie duidelik na afloop van die afgelope 12 dae dat Bheki Cele ‘n gevaarlike, onvoorspelbare, irrasionele persoon is en dat sy los toepassing van ons reg in die afwesigheid van die normale grondwetlike beskerming ‘n groot gevaar inhou vor vryheid van spraak en beweging. Die feit dat hy mense laat arresteer het wat hom op sosiale media gespot het hoort doe voorblad van die media te bereik het, in stede daarvan as om waarskuwing te wees teen fopnuus. Cele se opmerkings dat selfs getroudes sosiale afstand met mekaar moet beperk tuis is aanduidend dat hy homself bo enige mag beskou en donk hy kan selfs vir ons voorskryf hoe om tuis op te tree. Dis uiters kommerwekkend dat die persoon wat in die Kaap areesteer is omdat hy gewaarsku het oor higiëniese praktyke nie rerig fopnuus versprei het nie maar duidelik sy mening gelig het nie deur die media as cause celebre Ter beskerming van vryheid van spraak opgeneem is nie. Maroela ingesluit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.