Sakeman dood, vrou beseer in skietery

Chrisna en Botes van der Merwe. Foto: Facebook

[OPVOLG] Klik hier om die opvolgberig te lees.

Die eienaar van ʼn jagonderneming in Limpopo is dood en sy vrou in ʼn ernstige toestand in die hospitaal ná ʼn skietery Dinsdagaand in hul huis.

Botes van der Merwe, eienaar van Botes Hunting Safaris op Modimolle, en sy tweede vrou, Chrisna, het omstreeks 22:00 stry gekry in hul huis by Guineafowlstraat 39 op die Koro Creek-gholflandgoed.

Hulle het blykbaar na die slaapkamer gegaan en daar op mekaar geskiet.

AO James Findlay, plaaslike polisiewoordvoerder, sê Botes is op die toneel dood verklaar, maar sy vrou is eers na die St. Vincent-hospitaal op Bela-Bela gebring en van daar per helikopter na ʼn Pretoriase hospitaal. Sy verkeer in ʼn kritieke toestand.

Hy sê die polisie doen tans ʼn geregtelike doodsondersoek, maar namate hul ondersoek vorder, kan dit in ʼn moordsaak verander word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Blommie ·

JO, ek het nie woorde nie.
Hoe in die lewe doen jy so iets.

Tragies ·

Baie tragies. Mag die oorledene in vrede rus en vir altyd op ‘n goue harp speel in die blommetuin tussen die wat nou blomme is wat ons vooruitgegaan het. Mag die dame gou herstel van haar skietwonde. Sterkte aan die families.

SANET ·

So Verskriklik Hartseer en JAMMER, om te lees, dis tragies verby….uitroep van onse mensdom, sonder hoop…glo nie hulle wou dit hê,of dit voorsien nie ?

Oujongvrou ·

Hoekom, want almal in hierdie land se lont is kort en almal verkeer permanent in spanning. Ek sien dit daagliks om my. Die kleinste ding ontaard in n woeste geveg en sleg sê. Stres vlakke is orals verby kookpunt.

A ·

Oujongvrou – ek stem 100% saam. Daar is net te veel dinge wat verkeerd gaan en mense kan dit nie meer hanteer om onder pemanente spanning te leef nie.

Stem saam ·

Oujongvrou, jy is heeltemal reg. Ek ondervind die spanning in my eie dag ook. Baie mense het nie agting vir ander se seerkry of swaarte nie, en is vinnig om te oordeel. Maar mens sal dink dat 2 getroudes dit op n beter manier sou kon oplos…

Jacqui ·

Klink soos cowboys en crooks of ‘n dual, ipv ‘n swaardgeveg word handwapens gebruik. Lyk so of daar ‘n moordklag gaan wees teen die vrou.

LÍEWE GENADE,TOG! ·

Twee sulke pragtige jong mense, wat se lewens voorlê,vernietig in ñ sekond van dwaasheid

Hannelie ·

Dis so hartseer. Baie sterkte aan sy familie en ons bid vir herstel vir haar. En niemand van ons is hier om te oordeel nie, ons moet God se werk vir Hom los.

Adam ·

Tragies!! Tragies!Nogmaals bewys van hoe verrot ons samelewing se morele weefsel is. Kriminele optrede vier hoogty en niemand kan eers volksmoord or rassisme as rede opwerp nie.!!

Charles ·

Modimolle?? Wat het geword van Nylstroom, of gee niemand nou meer voorrang aan die waarheid, te wete dat die blank- gestigte dorp se naam ooit Nylstroom was nie, en nie die nuwe naam nie? Liewe hemel!

Erica ·

Sjoe dit is tragies. My innige simpatie met hulle geliefdes, so iets is ‘n helse skok. Mag Chrisna herstel alhoewel dit ‘n baie moeilike pad gaan wees…. Ag nee die oordeel kom ons defnitief nie toe nie. Mag God hulle genadig wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.