Sakeman in hof oor rassistiese video

Adam Catzavelos in die Randburg-landdroshof. (Foto: ANA)

Die saak teen Adam Catzavelos, die sakeman wat van crimen injuria aangekla word nadat ʼn video in Augustus verlede jaar aan die lig gekom het waarin hy die k-woord gebruik, is tot volgende maand uitgestel.

Catzavelos het vanoggend in die Randburg-landdroshof verskyn waar hy ingelig is dat hy die reg het om ʼn regsverteenwoordiger van sy keuse aan te stel of om regshulp aansoek te doen. Hy het aan die hof gesê hy sal op 13 Junie teen sy volgende verskyning ʼn regsverteenwoordiger aangestel het.

Catzavelos het verlede jaar opslae gemaak nadat ʼn video op sosiale media versprei is waarin hy sy blydskap uitspreek oor die feit dat daar geen “k*****s” op ʼn strand in Griekeland is nie.

Catzavelos was die voormalige bemarkingsbestuurder van St George’s Fine Foods, maar is summier deur die familieonderneming in die pad gesteek nadat die video aan die lig gekom het.

Hy het later om verskoning gevra en gesê hy voel “absolute skaamte” oor sy optrede. “Ek verwag nie dat mense my moet vergewe nie, maar ek sal die res van my lewe berou hê en probeer opmaak vir my totale gebrek aan respek en oordeel,” het hy gesê.

Catzavelos is tans uit op waarskuwing tot sy volgende hofverskyning.

Lees alle vorige berigte oor Adam Catzavelos op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

24 Kommentare

jongste oudste gewildste
SjN

Baie voel dieselfde maar hoekom dit versprei, hou dit vir jouself.

Netso

Waar kom Vryheid van spraak vandaan? Hy was nie eers in SA nie. Het die wêreld mal geword ? Hoekom hoor ons nie een haan kraai oor ander rykes wat RASISTIES teenoor blankes soveel te sê het nie ?

Lana

Is iemand dood a.g.v. sy uitlating?

Johan

Hoe kan hy aangekla word vir ‘n Suid-Afrikaanse crimen injuria wet terwyl hy die daad gepleeg het in ‘n ander land?

En benodig jy nie ‘n spesifieke slagoffer of slagoffers in so saak nie? Hulle vat hom aan vir crimen injuria, wat ‘n vorm van ‘aanranding’ is, nie haatspraak of iets soortgelyk nie.

Help my asseblief reg indien my afleidings verkeerd is

Schalk

Ek dink jy is reg Johan. Hulle is SO belaglik! Dink hul daai woord/naam gaan ooit wegraak? Hulle is nou besig om dit n wereldberoemde woord te maak….!