Sakemanne in hof vir bedrog

Timothy Franciscus van der Steen.

Twee sakemanne het Dinsdag vlugtig in die Port Elizabeth-landdroshof verskyn op aanklag van bedrog van meer as R27 miljoen.

Volgens Lwando Zenzile, Valke-woordvoerder, is Timothy Franciscus van der Steen (50) en Ryan Peter Osborne (36) die oggend voor hul hofverskyning in hegtenis geneem.

Daar word aangevoer dat Van der Steen en Osborne tussen September 2013 en September 2017 albei direkteurs van ʼn maatskappy genaamd Tag Yachts SA was. Hulle het na bewering wanvoorstellings aan die klaers gemaak met die belofte om seiljagte vir hulle te bou. Van der Steen en Osborne sou dan glo die geld vat, maar nooit die seiljagte bou nie.

Ryan Peter Osborne.

Volgens Zenzile het Van der Steen en Osborne dit gedoen wetend dat die maatskappy bankrot is. Die Valke se ondersoek het aan die lig gebring dat Van der Steen en Osborne die klaers na bewering uit meer as R27 miljoen bedrieg het.

“Verdere ondersoek het aan die lig gebring dat Van der Steen en Osborne se maatskappy as ʼn frontmaatskappy gestig is en dat hulle die enigste werknemers was.”

Van der Steen en Osborne is albei op borgtog van R2 000 elk vrygelaat op voorwaarde dat hulle hul paspoorte oorhandig.

Die saak is tot 20 November uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Baardman ·

Belaglik om borg van R2000 te betaal vir so n groot bedrag. Waars die 27 miljoen. As hulle so n groot bedrogspul kan onderneem, kan hulle mos vals paspoorte ook bekom.

Jacobus ·

Wonderlik. Klomp geld betrokke. Hulle is darem in die hof.
Die geld is egter peanuts in vergelyking met die van die kaders. Hoe lyk dit?

Kruger ·

Hoekom 3-7 jaar later eers? As ek daai tipe geld spandeer op n boot wil ek vordering sien.

LANA is ELANè ·

R2000 borgtog? Dit is ‘n lonende bedryf om korrup te wees!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.