Sakke vol dagga tussen suikerriet weggesteek

Die dagga wat in Malalane gevind is. (Foto: SAPD)

Die polisie in Malalane in Mpumalanga het vandeesweek op 114 kg dagga afgekom wat in ’n voertuig in ’n suikerrietplantasie weggesteek was. Die dagga het ’n straatwaarde van R1,7 miljoen.

Brig. Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder, sê lede van die gemeenskap het die polisie ontbied toe hulle die verdagte voertuig in die plantasie sowat 2 km buite die dorp opgemerk het.

Die bestuurder van die voertuig het in die motor gesit toe polisie by die toneel aankom.

“Die voertuig is deursoek en sakke vol dagga met verskillende naamkaartjies is gevind,” het Mohlala gesê.

“Die verdagte, Ntando Ntimane, is in hegtenis geneem en het vlugtig in die Nkomazi-landdroshof in Tonga verskyn waar hy op borgtog van R1 000 vrygelaat is.”

Ntimane sal na verwagting weer op 3 Februarie in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

H.A. ·

Net R 1000 borg vir amper 2 miljoen se dagga ? Maar vir n bakleiery moet ek 20.000 rand betaal vir borg omdat ek rassisties is. O,wee.

Johanna ·

Die wet geld nie vir sekere mense nie. Kyk maar vir plaasmoorde
. Maar as jy sekeres skeef aankyk is die hel los

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.