SAKP wil ook Reserwebank se mandaat beskerm

Blade Nzimande, algemene sekretaris van die SAKP (Foto: Zanele Zulu/African News Agency/ANA)

Die Suid-Afrikaanse Kommuniste Party (SAKP) het ʼn “sobere gesprek en debat” oor die talle ekonomiese probleme waardeur Suid-Afrika in die gesig gestaar word, versoek.

“Ons versoek ʼn rasionele en indiepte-debat binne die ANC en die alliansie oor, onder andere, die vraag oor die mandaat van die Suid-Afrikaanse Reserwebank,” het die SAKP Sondag in ʼn verklaring gesê ná sy sentrale komitee in Johannesburg vergader het.

Die SAKP het gesê daar is twee magte wat geïdentifiseer kan word wat reeds in die debat deelneem. “Aan die een kant is ʼn neoliberalisme konserwatiewe neiging wat die ‘New Dawn’ wil laat terugkeer na die 1996 GEAR-projek. Die tweede is ʼn faksie wat ‘radikale ekonomiese transformasie’ aanhang.”

Die SAKP het gesê sy siening is dat die party, en die werkersklas as ʼn geheel, vir albei dié faksies “nee” moet sê.

“Die ‘radikale’ uitsprake oor die Reserwebank en monetêre beleid wil slegs die Reserwebank se kapasiteit, om onwettige kontantvloei na die buiteland, spesifiek na Doebai, te monitor en te beheer, verswak. Op dieselfde manier het hulle dit gedeeltelik reggekry om die kapasiteit van staatsinstellings soos die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) en dele van die strafregstelsel, soos die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) en intelligensiedienste te erodeer.”

Die SAKP het gesê die openbare beskermer se vergrype oor die Reserwebank val binne dié radikale agenda om die bank te kaap vir “perverse agendas”. “Om die Reserwebank te staatskaping te beskerm beteken egter nie dat ons na die 1996-klasprojek moet terugkeer nie. Die SAKP versoek ʼn sobere debat, terwyl die Reserwebank beskerm word teen begunstigdes van staatskaping, hul verdediging en die blindheid van konserwatiewes van neoliberalisme.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Judge Dredd ·

Nee, die SAKP wil slegs hulself inwurm in besprekings en wanneer hulle stoel bespreek is dan sal jy hul regte motiewe sien.

Sieg ·

Ja nee hier groet ons SA jou haan alles in sy kanon in. Volgende stop is 1 USD = 100 ZAR

Hans, ·

Ons groet vir oulaas die reserwe bank, sy ondergang word meer seker by die dag. Die laaste bastion tussen eerstewereld poging tot oorlewing en derdewerels se ywer om als te vernietig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.