SAL-sakereddingsplan ‘nie voldoende’ – regering

Die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan (Foto: Ntswe Mokoena/GCIS)

Die Suid-Afrikaanse regering is nie oortuig dat die sakereddingsplan vir die Suid-Afrikaanse Lugdiens wat Dinsdag gepubliseer is, voldoende is nie. Só sê die departement van openbare ondernemings in ʼn verklaring.

Die lugredery is Desember reeds in sakeredding geplaas en sakeredders het al deurgeloop omdat dit hulle so lank gevat het om ʼn plan te publiseer om die sukkelende lugredery te red. Sakeredders kla weer dat hulle nie genoeg befondsing ontvang het om hul behoorlik van hul taak te kwyt nie. Afsonderingsregulasies wat lugvaart tot onlangs toe nog grootliks verbied het om die verspreiding van Covid-19 te verhoed, het boonop die toedrag van sake vererger.

In ʼn verklaring wat Dinsdagaand uitgereik is, sê die departement hulle sal ʼn voorstel ondersteun wat uitloop op ʼn lewensvatbare, volhoubare en mededingende lugredery wat geïntegreerde plaaslike, streek‑ en internasionale vlugte bied.

Die huidige plan sal die regering na wat verneem word meer as R10 miljard uit die sak jaag en maak slegs voorsiening vir plaaslike vlugte om in die nabye toekoms onderneem te word, berig News24. Die SAL sal moontlik ook meer as 70% van sy werkers moet aflê.

Die departement van openbare ondernemings sê die sakeredders het meer as genoeg tyd en R5,5 miljard gehad om die werk wat van hulle verwag is, af te handel. “Ons sal die plan oorweeg, maar is bekommerd dat dit nie voldoende is nie,” lui die departement se verklaring.

Die DA het ook die plan gekritiseer en sê dit kan die regering meer as R30 miljard uit die sak jaag. “Likwidasie is die enigste werkbare oplossing vir SAL, eerder as ʼn verdere reddingsboei,” het Alf Lees, die DA se skaduminister vir openbare ondernemings in ʼn verklaring gesê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Magda ·

JA maak toe ASB. Al kry hulle 100miljard sal dit nie genoeg wees nie. Eish!

Sakkie ·

Likwidéer die SAL en laat hulle tot niet gaan !!! Daar is 100 de ander rederye wat ons kan gebruik.

Nie Verbaas ·

Stem saam met DA. Likwideer SAL. ANC kon dit nie in die verlede bestuur nie en sal dit ook nie in die toekoms kan doen nie. Hulle en hul kaders is totaal en al onbevoeg.

Pieter ·

Jip, die toelating vir die agtersakke is nie voldoende nie.

Pieter ·

Julle klomp narre sal en kan nooit n land best nie. Gaan orals in afrika so ou kop doek verloor miljarde in belasting geld en dit pla hulle nie. En dit net omdat sy dink sy is slim

marius ·

Waneer gaan hierdie mense ophou met hulle leuens en onderduimsheid ? Die mense van die land vergaan , terwyl hulle maak nes hul wil . Is daar geen eerbaarheid in een van hulle nie ? Het hulle geen gevoel behalwe vir hulself en magsvergrype nie ? Water van ‘n eend se rug af kan hulle standbeelde van maak en ‘n honderd volksliedere van sing , want dit is hul almal se houding . Wat ‘n skandalige hoop konkelaars !

Stefan ·

Waar het Mei maand se salarisse toe vandaan gekom, tjoepstil van die belastingbetaler verhaal?

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

Verander die naam SAA na ANC Airways of ANC National Democratic Society Airways ! ????

En vervang die SA vlag kleure op die vliegtuie met die ANC se vlag kleure! ????

Okmardom ·

Dis n skande, maar sonder trots mag mens maar skandalig optree, of vat of brand en vir nog vra.

Althes ·

Sjoe maak nie saak watter kant toe nie, SAL bly ñ bodemlose uitgawe.

Johan ·

Liewe Althes,SAL is maar één van die SOE’e wat in ń tou staan,2021 verdriedubbel die bedelaars. Ons ouer garde kan ons besittings vat en waai,maar wat word van ons kinders en k/kinders,al die kosversieners,mediese korps,skole,univ’e,privaat besighede?

Herman ·

Afleggings moet eers by hulle korrupte top bestuur begin en dan nuttelose sous trein ridders moet ook trek pas kry. Tegniese dienste moet weer op gegradeer word, want geen regdenkende mens wil in n liegtuig reis wat uitmekaar val nie. Stel weer vaardige tegnisie aan wat werk weens ras verloor het.

koos10 ·

Gee vir die vakbonde die besigheid. Hulle het mos hul monde vol oor alle besighede en afleggings, so nou kan hulle maar kyk of hulle die kan red.
Jammer aan al die mense wat hulle werk gaan verloor, maar die hardwerkended is vaardiges sal weer werk kan kry.

Anel ·

Likwideer anders gaan nog van ons pensioengeld in daardie donker put verdwyn.

Martie Smartie ·

Sal graag hulle redes wil sien hoekom hulle n nuwe melkkoei op die been wil bring. Pravin Gordhan moes lankal gefire gewees het. Daar kan net een rede wees, die melkkoei moet bly melk gee. Toe Zuma geskep het sedert 1994/5 as premier in KZN, toe adj-pres en toe vir 8 jaar as pres, het Cyril stil gebly. En Cyril was heeltyd daar in die top orde, die laaste jare as adj-pres. Hy het mos stil gebly. Dis mos nou sy beurt.

Chris ·

Mynsinsiens, is die sakereddings poging soos die demokrasie, slegs ‘n rookskerm. Die skrif was reeds teen die muur, die koeel deur die kerk (Van Klerk), FW, Elvis, Zuma en alle kundiges, het die gebou (land) net soos gesonde oordeel en beheer, al reeds in 1994 verlaat.

Amatambo ·

Stem – onthou – CR self het ‘n “moewiese” pakket van etlike RRRRR in die vorm van aandelesertifikate hier iewers in ’94 ontvang – en vandag sit hy op miljarde… mens kan wél vra wat het hy tot verligting van – sê maar – enige instansie wat vandag as gevolg van wanbestuur, diefstal, onbevoegdheid, ens tot rommelstatus verval het – bygedra???

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

Die nuwe superdoeper lugredery mag dalk bekend wees as die “Azania National Democratic Society Animal Farm Airways”. Hopelik gaan die direksie net bestaan uit Cosatu-lede. Ek kan nie wag vir hierdie internasionale lugredery by uitnemendheid se suksesstorie nie.

Bernard ·

‘n Bietjie agtergrond – die “honourable membahs” kry elkeen jaarliks’n sakvol gratis vlugte – net by SAL. Dink daaraan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.