Die Valke het Donderdag ʼn ma (53) en seun (29) in Sandton in hegtenis geneem omdat hulle glo met dagga ter waarde van ongeveer R3 miljoen handeldryf.
Kapt. Ndivhuwo Mulamu, woordvoerder van die Valke, het gesê die Valke het inligting ontvang van ʼn geheime laboratorium waar dagga geplant en verwerk word by ʼn huis in die luukse voorstad Sandhurst in Sandton.
“Daar is op daggavervaardigingstoerusting, chemikalieë en daggaplante beslag gelê en die twee is in hegtenis geneem,” het Mulamu gesê.
Die beskuldigdes sal Vrydag in die Randburg-landdroshof verskyn op aanklagte van handeldryf in dagga.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
9 Kommentare
Hel maar dit is baie geld glad nie n slegte idee om geld te maak nie mits dit die soort is wat mense help ek sal kan doen met n miljoen!!!!
Hier op die plaas merk ek so van tyd tot tyd ‘n vreemde soort kakiebos op en ontstig die werkers so effe as ek die aaptwak uittrek. Mag ‘n mens nog die ou volksnaam “aaptwak” gebruik, of sal die Menseregtekommissie my daarvoor beetkry?
Maar ons kan nie n bende van 7 plaasmoordenaars vas trek nie.
Sjoe ja nee ek stem. Moes eerder maar eers a “loan” daar gaan maak het.
Ek het al gehoor dat dagga saam met ande plante soos wynruit en willeals doeltreffend aan gewend word vir verskeie mediese kwale maar of dit wetenskaplik voordelig bevind is weet ek nie.Miskien kan iemand wat weet dit met ons deel.Hierdie twee het virseker nie mediese behandeling in gedagte gehad nie Maak dagga wettig vir mediese gebruik en die handel daarin sal drasties afneem