Volgens Sanef is joernaliste wat verslag gedoen het oor die #OccupyLuthuliHouse-veldtog deur lede van die Umkhonto weSizwe-vereniging vir militêre veterane aangeval en geteister. Lede van die vereniging, wat in militêre uniforms geklee was, het joernaliste glo rondgestamp, beledig en probeer om hul kameras af te neem.
“Sommige van die joernaliste is agtertoe gestamp en so verhoed om naby die ANC-beamptes, insluitende die sekretaris-generaal, Gwede Mantashe, te kom wat uitgekom het om die skare en die joernaliste toe te spreek,” het Sanef in ʼn verklaring gesê.
Die forum het ʼn beroep op die ANC en die MK-veterane gedoen om beter opleiding aan hul veiligheidspersoneel en vennote te gee sodat joernaliste toegelaat kan word om hul werk ongehinderd en in ʼn veilige omgewing te verrig. “Maandag se voorval kom kort ná verskeie voorvalle gedurende die munisipale verkiesing waar joernaliste óf geïntimideer óf selfs aangerand is terwyl hulle openbare geleenthede bygewoon het,” het Sanef gesê.
Die forum het die optrede van die SAPD en die Johannesburgse Metropolisie teenoor joernaliste geloof en gesê hulle help die joernaliste om hul pligte te kan uitvoer.
Wie is mk om mense te verhinder om hulle werk te doen wat as die ex koevoete ook nou opdaag in uniform en die klomp weer die vlaktes injaag soos altyd die geval was.
Met die nodige respek sê ek aan jou geen mk veteraan is die naam Koevoet Lid werd nie.
Jy het jouself dalk verspreek, tensy jy na die tweevoetige items verwys as koevoete (lang swart ysters).
Nee Kk ek praat van die veteraan koevoete (sap) wat mk altyd pak gegee het nou boelie die mk lede die joernaliste
Hulle kan joernaliste wat opdaag dreig maar met tegnologie wat almeer gevorderd word, kameras wat al kleiner en vlieend word, gaan hulle niks meer kan wegsteek nie. Joernaliste moet meer van hierdie tegnologie begin gebruik maak.
Joernaliste moet begin om drones en ander tegnologie te gebruik as hulle so afgepers word.
Ek het gesien op n insetsel hoe hardhandig die boelies was met n vroulike joernalis, skokkend! Magsdronk, onmenslik.
Ek het nie geweet dat die MK uniforms ook dieselfde is as die nuwe SANW se uniforms nie. Kyk die maatjie op die linkerkant van die foto. Of het die ANC regering sommer gou weer n paar SANW soldate gekry terwyl hulle ou MK uniforms gegee is om Luthuli huis te help beskerm.