SA’ners gewaarsku oor malaria

(Foto: pixabay)

Terwyl die piektydperk van Suid-Afrika se malariaseisoen nou heers, waarsku die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) dat Suid-Afrikaners op die simptome daarvan moet let. Dit is omdat talle malariagevalle al verkeerdelik as Covid-19 gediagnoseer is.

Volgens Nios het malaria én Covid-19 soortgelyke niespesifieke vroeë simptome, waaronder koors, kouekoors, hoofpyne, moegheid en spierpyn.

“Ongediagnoseerde en onbehandelde malaria vorder vinnig en kan dodelik wees,” het Nios in ʼn verklaring gesê.

“Enigiemand wat in ʼn malaria-risikogebied in Limpopo, Mpumalanga of KwaZulu-Natal woon of gereis het en enige ‘griepagtige simptome’ toon, moet dadelik vir malaria getoets word. Dit geld ook vir mense wat onlangs na Mosambiek gereis het.”

Nios sê indien enigiemand positief vir malaria toets, moet dié persoon dadelik met malariabehandeling begin.

“Pasiënte moet onthou om hul dokters in te lig oor hul onlangse reise, veral na buurlande en malaria-risikogebiede in Suid-Afrika, sodat die gesondheidsorgverskaffer bewus gemaak word van die moontlikheid van malaria.”

Volgens Nios moet dokters ook “tas-malaria” in gedagte hou wanneer hulle ʼn pasiënt met malariasimptome ondersoek.

“Tas-malaria” verwys na mense wat malaria opdoen al was hulle nie in malariagebiede nie. Dit is wanneer malariamuskiete ʼn reisgeleentheid kry en saam met reisigers van malariagebiede af terugkeer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

VaalDonkie ·

Die goeie nuus is dat jy beide op dieselfde manier kan behandel. Maar ek gaan niks meer uitlap nie.

Misky ·

Soms wonder ek of dit werklik vir Noag nodig was om die twee ellendige muskiete ook op die ark te laai.

VaalDonkie ·

Ek dink hulle het hulself genooi. En die Daddy Long-Legs paartjie het nie hul werk gedoen nie!

Jacobus ·

Snaaks dat Maroela ietwat minder verskonend is as die berigte in HSM. Ons medici is onder geweldige druk en hulle raak al meer versigtig om wydlopende diagnoses te maak. Ek dink die druk van regeringskant is geweldig onder die voortslepende bedreiging van NGV.

Andre ·

Hoe word Malaria vir Covid verwar en nogal as Covid gediagnoseer? Ek dog die Covid toets is spesifiek vir Covid bedoel? As ek verkeerd is, help my tog maar reg.

Miss J ·

So is duisende verkeerde diagnosis oor 2 jaar verkeerde like as covid aangeteken

Andries ·

Ja wees maar bewus van “tas-malaria” ook. My vrou is in 2016 oorlede aan malaria sonder dat ons in malariagebied was. Was verkeerdelik behandel vir blaasinfeksie en toe op die ou einde te laat met malaria gediagnoseer. Wees bewus dat so iets kan gebeur en vra maar altyd vir malariatoets ook as jy gedurende somermaande grieperig voel.

Delia ·

Jy is reg Andre. Selfs al is jy in die Kaap woonagtig, Hou maar altyd malaria ingedagte, selfs ook weke na n besoek aan n malaria area.
Ek is Baie jammer oor jou vrou, aangesien malaria n behandelbare siekte is.
E

Johan ·

Medici gaan seker nou weer vra vir n lockdown om ons ekonomie te verwoes.

annie ·

… soos tas-covid…. Dit sê nie veel van ons dokters wat nou alles voor die voet met die pandemie verbind nie en siekes huistoe stuur met ‘n pakkie hoofpynpille en ‘n stille gedagte dat die pasiënt darem vreeslik aansit nie.

VaalDonkie ·

Presies! Dink net aan al daai mense wat aangese is om the “isoleer” en eers hospitaal toe te gaan as dit klaar te laat is. Hoeveel lewens kon gered wees as huisdokters hul werk ordentlik gedoen het? Ek raak so die hel in as ek R450 vir ‘n afspraak betaal en die ou begin al klaar die antibiotika voorskrif skryf voor ek nog verduidelik het waarom ek daar is.

Boris ·

Hydroxychloroquine help sommer beide kante toe, maar dit is mos nou ‘n verbode middel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.