SA’ners in ‘haglike isolasiekamp’ na terugkeer van buurland

Foto: Verskaf

Sowat sewentien Suid-Afrikaners wat in Botswana gewerk en Donderdag deur die Stockpoort-grenspos die land binnegekom het, word tans onder uiters onaangename omstandighede by ʼn lodge buite Lephalale (Ellisras) in isolasie aangehou.

Die groep het die afgelope drie maande konstruksiewerk by die Khoemacau-kopermyn in Toteng in die Noord-Wes-distrik van Botswana verrig en moes dié land verlaat toe algehele inperking daar ingestel is. Hulle was op pad na hulle gesinne wat in Mosselbaai in die Wes-Kaap en in verskeie dorpe in Gauteng en Limpopo woon.

ʼn Woordvoerder van die groep, Louis Anderson van Bronkhorstspruit, het aan Maroela Media gesê hulle is by die grenspos vir tekens van die nuwe koronavirus ondersoek en dat niemand simptome van Covid-19 het nie. Die polisie het hulle na die lodge vergesel en daarna glo hulle motorsleutels afgeneem.

By die kamp aangekom was daar niemand om kos te maak nie en hulle is ook verbied om self kos te maak. Anderson sê ʼn lid van die groep het gister uit desperaatheid sy bankkaart vir die polisie gegee om kos te gaan koop.

“Ons word soos kriminele behandel, die plek is vuil en ons is honger en dors,” sê Anderson.

Van die mans moet ʼn dubbelbed deel en daar is een handdoek vir al sewentien mense gegee. Daar is ook geen seep, handontsmettingsmiddel of toiletpapier beskikbaar nie.

Anderson sê hulle is nie moeilik nie en is gewillig om saam te werk, maar kry van Donderdag af geen antwoorde nie. “Ons wil net reg behandel word of ons moet toegelaat word om huis toe te gaan waar ons in self-isolasie kan wees.”

Maroela Media het ʼn klankopname ontvang wat vanoggend gemaak is van ʼn gesprek tussen die groep en ʼn persoon wat sê hy is dokter Lebelo. Daarin kan gehoor word hoe hulle vra om die senior persoon te sien wat belowe het dat daar na hulle omgesien sal word terwyl hulle in isolasie is.

Foto: Verskaf

“Dit is reeds tienuur en ons het nog niks gehad om te eet nie,” sê een van die mans, waarop dokter Lebelo antwoord dat iemand melk gaan bring en dat ʼn sjef later sal kom pap maak.

Een van die twee vroue in die groep sê dat sy allergies vir graan is waarop Lebelo sê sy sal vis kry. ʼn Selfoon-foto wat later geneem is, wys dat elke persoon twee snye droë brood, ʼn teesakkie en suiker ontvang het.

ʼn Lid van die Limpopo-wetgewer en die VF+ se leier in die provinsie, Marcelle Maritz, het vanoggend van Mokopane (Potgietersrus) na Lephalale gery om hulp aan die groep te verleen.

Sy het vanuit die isolasiekamp aan Maroela Media gesê die situasie is haglik; die mense het niks om te eet nie en het ook nie skoon klere nie, die sjef wat die kos sou maak, is teruggestuur omdat sy permit nie in orde was nie en die een wat hom moes vervang, het nog nie opgedaag nie.

“Hier is geen kos of skoon water of sanitasie nie, die VF Plus het nou kos vir die groep gekoop en gereël dat dit by die hek afgelaai word,” sê Maritz in ʼn stemboodskap.

Sy sê verder sy hoop die situasie sal vandag nog verander, want hoewel die mense tans kalm is, sal dit nie so bly nie. “Indien dinge hier nie verander nie, sal ons ons na hoër gesag moet wend.” Maritz is later gevra om die kamp te verlaat hoewel sy in besit van ‘n permit is.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Rika ·

Wat n skande!!!!Hoekom hulle nie ook by The Ranch ingeteken nie?Kom Cyril gryp bietjie in!Jy was vinnig om die ander spul 5 ster isolasie te gee!!

Nie Verbaas ·

Maar die ander word in n R22300 per persoon per dag ranch geplaas?

Jacobus ·

Wie se verantwoordelikheid is dit? Probleem is skynbaar dat dit nie juis ‘n goeie fotogeleentheid is en hulle was nie in Sjina. Beperkte PR.
Aan die anderkant mr Buffalo se my people word al 25 jaar so behandel.

JC Venter ·

Die twee voorname en van is eintlik, Buffalo Ankole Longhorn.

Eerlik ·

Belaglik, wys jou net waar le prioriteite. Hierdie mense is bereid om self te issoleer by hulle huise en verwag nie dat belasting betalers n luukse vakansie van 2 weke by “The Ranch” namens hulle opdok nie.

Pieter ·

Laat mens wonder indien die klomp wat by The Ranch by Pietersburg and Birchwood hotel in Boksburg gebly het verwante is van politieke persone, daarom voorkeur behandeling. Hierdie soort behandeling is skandalig en is ‘n groter gevaar om siek van te word. Dit dui daarop dat in wese die land onvoorbereid vir Covid-19 is.

Jdb ·

Hoeveel van dié wat by the Ranch gehuisves was, was op belastingbetalersgeld in China gewees?

Jan ·

Gaan kyk na die statistiek oor die virus…omtrent een persent van mense sterf daaraan terwyl almal omtrnent .niks makeer nie kyk na ou angus buchan hy makeer skielik niks nie

Boortor ·

Kan ons nie n geldjie in iemand wat eerlik in Ellisras se rekening inbetaal wat vir ons wittes daar kan help met die nodige goed nie? Die regering sal dit om die dood nie doen nie. Hulle is witmense. Die meerderheid van die ander was almal van kleur vandaar die lekker tydjie met ons geld. As ons hulle nie help nie gaan niemand nie!

Kosie ·

Dit sal nie nodig wees om geld in te betaal nie. As ins weet waar hierdie mense is, sal ons met graagte help. Ellisras is n baie goeie gemeenskap.

Anel ·

Klink my die meeste van die wat uitSjina gekom het, was “our people”. Hierdie groep klink of hulle nie is nie. So, hoekom moet hulle 5 ster behandeling kry? Dis hoe die regering dink. Die polisie het ook onwettig op getree. Jy mag nie iemand se sleutels sonder rede vat nie. Verder lyk dit my die mense word erger as kriminele behandel! Dit is nou ons nuwe polisiestaat. Komunisme in erge graad.

Alida ·

Gruwelike skande. Die mense is geregtig op die basiese goed. Die eienaar van die plek moet aangespreek word en word 10/1 nog betaal ook om hulle te huisves. Sies!!!

Boortor ·

As ek kan uitvind wat die plek se naam is en waar dit is SAL die eienaar aangespreek word as alles verby is.

Michael 1 ·

Ons word beskou in SA as tweedehandse burgers net goed om belasting te betaal, kom ons terug na die voorval van die handreiniger vir die polisie wil ek vir Afriforum vra om hulle preoriteit reg te kry,die anc en hulle president is net bekommerd oor sy mense en of dit nou verkeerd is of nie dit is hoe dit is .Ek gaan dit weer sê en glo dit sal weer nie geplaas word nie ,die VF+ moet onderhandel vir n onafhanklike tuis staat.

Oros Soros ·

Een ding waarvan jy nie weerhou kan word nie, is toegang tot die hof. Is daar werk gemaak hiervan? Dringende interdik?

marius ·

Hoeveel miljoen het die plek in polokwane gekos ? Wat ‘n skande is die mense nie !

Jan ·

Snaaks genoeg makeer al die bekende mense met die vreeslike corona nou skielik niks nie…prins charles en ou angus buchan is weer blakend gesond..

Sunette ·

My man en 13jarige seun is deel van daardie groep mense my hande voel afgekap hoe help ek hulle 450 kilo’s weg van my, my oë is al seer gehuil. Toe ek my kind vra het jy iets lekker gehad om te eet toe sê hy ja dankie ma min wetend dat dit net n sny brood was hy probeer my beskerm . En als op die berig is waar.

Eerlik ·

Sunette, sterkte man. Gelukkig klink dit darem of die DA probeer help????

Michael 1 ·

Die Da is magsbehep en doen net goed waaruit hulle voordeel kan trek.

Pieter J ·

Hierdie blyplek of kamp behoort seker aan ń ANC kader wat ń klomp geld uit die belatingbetalers verdien hiervoor. Die ANC kaders is besig om ń klomp geld te maak uit hierdie Corona storie.

PieterP ·

Publiseer die sogenaamde Lodge se naam my magtig sodat ons nooit weer ‘n sent daar sal spandeer nie

Kobus ·

Eeenvoudig.Kyk net die kleur.Ook geen politieke gewin nie,glo my,die ANC gaan hierdie “heldedade” tydens die volgende verkiesing gebruik/misbruik

Asgat ·

My persoonlike opinie is dat die artikel so ver moontlik op Sosiale media gedeel word. Die ANC doen voor dat hulle so fantasties is met die bekamping van die Covid Virus en word geprys. Die situasie, en ek is seker daar is nog moet blootgestel word. As ek nie self deur die “lockdown” in n’ finansiele gemors was nie sou ek ook graag finansieel bygedra het. My gebede is by ieder en elk op die haglike plek, om so gou moontlik veilig na hul huise terug besorg te word.

Piet parys ·

Ja die oorsee se lot het mos hoog geplaasde familie lede en dis hoekom hulle 5 ster behandeling gekry het .

Janc ·

Ek is baie jammer, maar ons is gehoorsaam aan die “Nuwe Regulasies” en doen presies wat van ons verwag word, maar nog steeds word ons soos kriminele behandel… Ek verwys ook na daai video van daai twee dokters wat soos kriminele behandel is. Maar dan sien jy op die nuus, hoe gehoorsaam is Alexandra se mense en hoeveel gehoor gee hulle aan hierdie Regulasies wat ingestel is met die inperkingstydperk. Ek voel dat hulle hierdie mense moet laat gaan na hulle huise toe aangesien hulle geen simptome het van die virus nie. Ek stem totaal en al saam met Rika, hulle verdien ‘n isolasie by The Ranch!

Eugene ·

Maar die studente van China kry 4 ster akkomodasie wat die belastingbetaler iets soos R7m gekos het. Wst nou Ramaphosa. Is hierdie deel van jou plan om party beter as ander te behandel. Rassisme???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.