SA’ners moet nóú kommentaar lewer op onteieningswet

land-lugfoto-grond-landbou

Foto: Magda Ehlers/Pexels.com

Die Demokratiese Alliansie (DA) het sy kommer uitgespreek oor die Onteieningswetsontwerp wat tans voor die parlement dien. Daarom moedig die party die publiek aan om so gou as moontlik hul kommentaar op dié wetsontwerp te lewer. Suid-Afrikaners kan nog tot 28 Februarie hierop kommentaar lewer.

Hierdie wetsontwerp is reeds vroeër verlede jaar by die parlement ingedien.

Die DA voer aan dat hierdie wetsontwerp Suid-Afrikaners se eiendomsreg ernstig sal beïnvloed en kan nie in sy huidige formaat aan die regering toevertrou word nie.

Samantha Graham-Maré, die DA se skaduminister vir openbare werke en infrastruktuur, sê die wetsontwerp bevat afdelings wat bepaal dat alle soorte eiendom in Suid-Afrika onteien kan word, nie net dié van grondeienaars of boere nie.

“Die Onteieningswetsontwerp is sedert sy ontstaan ’n bron van twis en is dit steeds, hoewel dit verskeie kere oor die jare hersien is,” sê Graham-Maré.

Die DA sê een van die groot kwelpunte is die feit dat die wetsontwerp ’n lys van vyf omstandighede uiteensit waaronder geen vergoeding vir eiendomme betaal kon word nie, met duidelike aanduidings dat die lys na die regering se wil ad infinitum verleng kan word.

Verder sê die party bied die wetsontwerp in sy huidige vorm die regering amper onbeperkte magte om persoonlike eiendom bloot te onteien.

“Die wetsontwerp gaan selfs so ver dat dit verwys na ontasbare eiendom wat kopiereg en gepatenteerde eiendom kan insluit.

“Dit is kommerwekkend dat die regering nie so toegewyd is aan die beginsel van deelnemende demokrasie as wat hy behoort te wees nie, ondanks die groot impak wat hierdie wetsontwerp sal hê op ons grondwetlike reg om eiendom te besit.”

Maroela Media het vroeër berig die parlement het op 10 Desember die publiek gevra om kommentaar te lewer op die inhoud van die wetsontwerp. Die publiek het aanvanklik tot 10 Februarie kans gehad om skriftelik kommentaar te lewer. Geleentheid vir openbare deelname is egter tot 28 Februarie verleng.

Die DA doen ʼn beroep op alle Suid-Afrikaners om hul kommentare voor 28 Februarie te lewer.

Die wetsontwerp in sy huidige formaat is beskikbaar op die parlement se webblad by www.parliament.gov.za.

Om kommentaar te lewer moet ’n insetvorm voltooi word, wat by https://forms.gle/UqG2TXTBNzhsy45i8 beskikbaar is. Kommentaar kan saam met die vorm per e-pos ingedien word by [email protected]. Kommentaar kan ook per WhatsApp gestuur word aan 060 550 9848.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Werner ·

Die DA moes twintig jaar terug wakker geskrik het.Toe ons daai tyd vir hulle se so n onteieningswet sal kom toe is ons mos die verkramptes.Ons loop dieselfde pad as al die ander state soos Zim en Angola en al die ander.Jy kan maar komentaar lewer soos jy wil daar sal n onteieningswet wees soos hulle hom wil he.

Jack ·

Toe Musi Maimane nog die leier was het die DA dit nie durf waag om EWC teen te gaan nie uit vrees dat hulle swart steun sal verloor. Die DA stel gewoonlik eie belang voor landsbelang.

Pieter ·

Ons blankes het nie ore nie ons wil standpunt in neem nie. Saai gaan nog op die harde manier leer jy onderhandel nie met n kommunis of terroris nie.

Dup ·

Ons stuur op n kommunistiese stelsel af waardeur die staat alle grond(en ander eiendom) sal besit en dan aan “sy mense” sal verhuur.

Phillip ·

Wel Dan kan ons die stadsraade ook besit neem poskantoor SAL Eskom gebou ook in palm

Jr ·

Why for what. Jy kan net so wel ‘n wind los in die Revlon fabriek. NIEMAND gaan dit ruik nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.