Sassa-toelae vir die feestyd vroeër betaal

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) het aangekondig dat sy begunstigdes hul maatskaplike toelae vir Desember vanjaar op 28 November sal ontvang. Dié toelae word gewoonlik gedurende die eerste week van die nuwe maand uitbetaal.

Sassa het dit in ’n verklaring duidelik gestel dat die vroeër uitbetaal van maatskaplike toelae geensins as ’n bonus gesien moet word nie. Dié geld word bloot vir die gerief van begunstigdes vroeër uitbetaal, het die agentskap verduidelik.

“Sassa betaal glad nie ’n bonus uit nie en begunstigdes word slegs vir twaalf maande per jaar betaal.”

Die daaropvolgende uitbetaling van maatskaplike toelae sal op 29 Desember geskied.

Sassa waarsku sy begunstigdes om lig te loop vir swendelary gedurende die feestyd en liefs hul Pin-kodes en ID-nommers ’n geheim te hou, selfs van diegene wat hulself as Sassa-werknemers voordoen. Begunstigdes word ook gemaan om op die uitkyk te wees vir bedrieglike SMS’e en boodskappe op WhatsApp of sosiale media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Room ·

Die 29ste ?? WOW !! Dis soos twee volle dae vroëer as gewoontlik haha

S ·

Jy is baie sarkasties. Duidelik weet jy nie watter groot verskil dit maak in die lewens van mense wat afhanklik is van SASSA gelde nie. Dit beteken heel moontlik dat hulle geld sal hê vir vleis of polonie om op die broodjie te sit. Die laaste 2 of 3 dae die langste van die maand.

Judge Dredd ·

……..en dan van 29 Desember tot eerste week in Februarie met nuwejaar net paar daai na pay day, waar baie van daai geldtjies gespandeer gaan word.

Dink jy hulle gaan geld he vir vleis of polonie einde Januarie ?

johanna ·

Miskien moes die oumense voorsiening gemaak het vir hulle oudag, want lyk my 60% van SA kry een of ander toelaag en ons wat belasting betaal kan nie meer net gee en gee nie want julle is die rede vir die groot werkloosheid in SA , En aan die wat kindertoelae kry … DIE REGERING IS NIE JOU KIND SE PA NIE …

Magda ·

Ek is self ‘n pensionaris. Maar twee dae vroeer beteken net dat jy langer gaan hongerly aan die einde van die maand. Die vroeere uitbetaling is maar net sodat die staats amptenare nie so hard hoef te werk oor Des maand nie. En wie wil nou die laaste dag van Des werk sodat pensionarisse hulle geld op die 1ste kan kry. Grappie.

Corne Manggos ·

Goeie middag hoe gaan mens te werk om te registreer vir Sassa toelaag vir my klein kind hy is deur welsyn weggeneem by sy biologiese mamma my stief dogter en in ons sorg geplaas. Die plaaslike welsyn werkster van Mokopane het gese ons moet aansoek doen vir hom vir Sassa gelde. Kan jul my dalk help in die situasie hy is nou 12 weke oud.
Byvoorbaat dankie
Corne Manggos

wilma ·

@Corne. Ek maak die afleiding dat jy oor ‘n rekenaar beskik. Gaan na SASSA se webwerf en kyk of julle aan die vereistes voldoen om in aanmerking te kom vir kindertoelaag. Indien julle kwalifiseer, sal julle na die naaste SASSA-kantoor moet gaan, die nodige vorm voltooi en die vereiste dokumentasie moet indien. Hoop julle kom reg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.