Schweizer: Departement staan Solidariteit-aansoek teen

Elana Barkhuizen. Foto: Reint Dykema

Noordwes se onderwysdepartement gaan die vakbond Solidariteit se dringende aansoek in die arbeidshof teenstaan om die skorsing van Elana Barkhuizen, onderwyseres aan die Laerskool Schweizer-Reneke, op te hef.

In ʼn bondige verklaring het Solidariteit Vrydag gesê hy is in kennis gestel dat Sello Lehari, Noordwes se LUR vir onderwys, en die departement gekant is teen die vakbond se dringende aansoek.

Solidariteit het regstappe ingestel teen Lehari, die departement, die Laerskool Schweizer-Reneke en sy beheerliggaam, in wie se diens Barkhuizen is.

In sy aansoek vra Solidariteit dat die arbeidshof reeds teen 24 Januarie beslis dat Barkhuizen se skorsing onregmatig was en dus opgehef moet word.

Barkhuizen moes nooit geskors gewees het nie

Anton van der Bijl, die vakbond se hoof van arbeidsregsdienste, het gesê Barkhuizen moes nooit geskors gewees het nie en het gevra dat sy onmiddellik terugkeer werk toe.

Barkhuizen is geskors nadat sy op die eerste skooldag ʼn foto van ʼn kollega se gr. R-klas geneem het waarop gesien kan word hoe wit en swart kinders afsonderlik sit.

Thabiso Maolwane, ʼn ouer van een van die swart leerders op die omstrede foto, het intussen gesê hy meen die onderwysdepartement “het die saak te ver gevoer”. Maolwane het aan die nuuskanaal eNCA gesê dit was net ʼn tydelik reëling; later is die kinders wel geïntegreer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

61 Kommentare

Joe ·

Haag die hoof weg, hy is die een wat sonder om te skroom haar geskors het !!

Onmin saai ·

Waarom het die video, met die onderhoud van Thabiso Maolwane, met ENCA nooit, voorblad nuus gekry nie.
Ek is eintelik, baie teleurgesteld hoe Die media kies om rassisme aan te hits.
Die onderhoud, van Thabiso Maolwane, sal baie monde vinnig toe maak, vernaam die wat rassisme aanhits en verdeling tussen rasse probeer aanhits.
Kan Maroela Media asb die video probeer source, sodat die waarheid kan uitkom.
Thabiso, het so mooi gepraat, hy het genoem dat die skool, ‘n wonderlike skool is. Hy het 2 kinders in die skool. Hy kon nie plek vir sy kinders rondom Jhb in skole kry nie, Laerskool Schweizer Reneke het sy 2 kinders plek gegee.
Hy se, toe hy sy kind, wat laat ingeskryf was, en hy het laat daar aangekom, was daar net een stoel oop, en dit was by die ander 3 African kindertjies se tafel gewees. Die onderwyser het vir hom verduidelik, dit is net tydelik, totdat sy al die kinders met herankskik, want daar was nog laat inskrywings gewees. Die onderwyser het haar woord gehou, het hy gese, want hy het dit op die foto gesien. Hy het ook verder genoem, dat sy eerste kind ongelooflik baie gelukkig in die skool was, dit is waarom hy sy tweede kind ook ingeskryf het vir 2019.
Hy noem, die media, het alles uitverband geruk, want hy self het nie rassisme teenoor hom en sy kinders in die skool ervaar nie.
Ek het naastenby geskryf wat ek van die onderhoud onthou het.

kolla ·

Wat het van die storie geword dat nog mense geskors gaan word?

Chris ·

Daar is gister berig, na die hofaansoek deur Solidariteit ingedien is, het die departement alle verdere optrede gestop.

Frikkie Geld en huis ·

Hierdie hele sage kan ‘n les wees vir onderwysers. As jy nou’n foto moet neem van jou klas, laat hul staan, of sit, met al die swartes altyd heel voor. As iemand vrae stel, vertel jy altyd dat jy hul rangskik met die slimstes heel voor en dan gaan ons al hoe dommer agtertoe. Dit is iets wat altyd werk.

De Villiers ·

Frikkie, die ANC leer nie hieruit nie omdat hulle eerstens dink dat hulle bo die wet verhewe is en kan doen net wat hulle wil, wat hulle die idee gee dat hulle onaantasbaar is, en tweedens dink hulle dat hul ideologiese denkwyse wat sosialisties gedrewe is, die oplossing vir alles is, maar waar die teendeel hom in die geskiedenis oor en oor bewys het. Kyk maar na dié Ashwin Willemse sage toe die minister van sport, Thokozile Xasa, en die DA-leier, Mmusi Maimane, onmiddellik nadat Ashwin van die SuperSport ateljee afgestap het, beskuldigings van rassisme teen Naas Botha en Nick Mullet gemaak het, sonder om eers die feite te kry. Daar is nog baie sulke voorbeelde. As jy my beskeie mening vra, dink ek die ANC is nie in staat om hieruit te leer nie weens hul arrogansie. Hulle sal dieselfde fout oor en oor maak.

Fryingfrog ·

@Frik: die enigste foto’s wat ek ooit in my klas geneem het, was dié van leerlinge wat op hul arms lê en slaap. Dit was my verweer as ‘n leerling druip! LOL!

Blikke ·

Dis nou wat verwag kan word as gebrek aan kennis en intergriteit met arrogansie gekombineer word. Nee wat Vat hulle!!
Sterkte Juffrou jy sal heel anderkant uitkom!!

RHG ·

Dis nou ‘n storm in ‘n teekoppie.
Mev Barkhuizen moenie dat hierdie ding haar onder kry nie. Die effek van hierdie onverdiende beskuldiging en kritiek en om so blootgestel te word in die media, is ‘n nagmerrie. Ek hoop nie dit vernietig jou passie vir skoolhou nie, Elana. Jy het baie om te bied.

Abe ·

RHG,
Wat n mooi opsomming van die hele ding. Me. Barkhuizen kan gerus bemoediging put uit al die welwillende en ingeligte ondersteuning.

Paul ·

Wat ek nie kan verstaan nie is, die LUR Lehari en die departement van onderwys staan die aansoek teen, maar sy is nie in hul diens nie want hulle het haar nie aangestel nie, die skool se beheerraad het haar aangestel.
Ook het Lehari se segsman gister per ‘n nuusberig gesê hulle kan haar skorsing nie ophef nie, want dis nie hulle wat haar geskors het nie. Nou waarom trek die skool se beheerraad dan nie haar skorsing terug nie, of het Lehari ‘n houvas op hulle omdat die skoolhoof ‘n departementele aanstelling is?
Maar Lehari was die persoon wat namens die skool se beheerraad in die week haar skorsing van die skool se saal se verhoog afgekondig het.

kolla ·

Dalk het sy die Onderwys Wet op een of ander manier verbreek dis hoekom die Departement betrokke is..anders weet ek nie. Die regte prosedure vir haar skorsing is in elk geval nie gevolg nie so ergste wat kan gebeur is dat die hof die skorsing ophef totdat die korrekte prosedure gevolg word om haar te skors.

Anoniem ·

Kolla, waar val jy uit?! Is jy ‘n regskenner met regs grade?! Dit was nog nooit teen die wet om fotos te neem nie en sy is geskors vir sogenaamde rassisme, nie ‘n oortreding teen die onderswys wet nie! Lees gerus al die nuus berigte!

Justice ·

Mag hy persoonlik aanspreeklik gehou word vir al die regskostes.

Flip ·

Ek hoop Solidariteit versoek ‘n kostebevel teen Lehari op ‘n prokureur-klient basis in sy persoonlike hoedanigheid. Die spul wat op ‘n kwelsugtige manier litigeer op koste van ons belastingbetalers moet nou in die bek geruk word.

Chris ·

Vanoggend verskyn daar ‘n artikel in Beeld wat handel oor die dure les wat met hierdie sage geleer word oor die persepsies wat mens skep. (Die persepsie met ‘n foto.)

Versigtig ·

Die juffrouhart het volkome goed bedoel…om die mooi van die dag en die gelukkige gesiggies van die klassie met ouers te deel. Maar personeel se allerbeste was steeds nie genoeg vir hierdie ouer nie. Iemand het lank terug opgemerk dat ondankbaarheid soos ‘n klont roet is wat jy in ‘n heerlike pot sop gooi. Dis wat deesdae telkens gebeur. Jy berei daagliks jou heerlikste pot sop vir jou klassie, maar af en toe, as jy ouers ook bietjie wil laat proe, is daar daardie een wat jou allerbeste pogings en motiewe summier verag. Ek is ook in die onderwys met verskillende rasse in die klas voor my. Selfs goeie professionele advies wat in alle opregtheid in belang van ‘n kind gegee word, word soms omgedraai en as rassisme teen jou gehou. In die moeilikheid is jy. En niemand verstaan jou hart nie. Al bedoel ons hoe goed, die media is gevaarlik. Dit het nou ‘n wapen geword. Laat ons maar versigtig wees, my kollegas. Ons opregte onderwysharte word misverstaan, soms met opset en voorbedagte rade. Gee jou liefde vir die kind en gaan aan met jou werk. Vervul so jou roeping. God sien.

Chris ·

Die afgelope twee jaar het mense nie die lesse in die land ter harte geneem nie, kom ons kyk of hulle vorentoe sal kan, maar die kans is goed dat iemand weer sy kop binne ‘n maand of twee sal stamp.

ontnugter ·

Ja dis wat gebeur as boeties vir baantjies toegepas word. Die ou broederbondjie het mos ook dit gedoen. Lehari moet in sy persoonlike kapasitteit aangevat word. Dis al hoe hulle gaan leer om alle besluite en aksies volgend die wet te maak.

Santie ·

Jy is ‘n opperste optimis as jy glo hulle is instaat om iets te leer

Basjan ·

“ontnugter” jou kennis verstom my. Hoe kry jy Lehari en die broederbond bymekaar uit?

ander ver juffrou ·

Staan steeds vas, kosbare Elana. Teen jou integriteit is daar geen verweer nie. Ek is so trots op jou. Dankie hemelse Vader, dat U U pragtige, opregte kind se hart sien en haar met U reddende regterhand ondersteun en dat U al die kleintjies in die holte van U hand beskerm. Jy, julle skool en personeel bly in ons gebede, Elana. Kyk op.

Spike ·

Die comrades en kaders is nooit verkeerd nie. Ek ken hulle nog my lewelank so, maar danksy hulle is sa opgemors.

Elvira ·

Hou jou kop hoog Elana. Die einde van hierdie rassistiese aanval is nog ver van klaar.

Gertruida ·

As Maroela my dit sal vergun, wens ek julle graag aan te beveel om na Judith Durham (van The Seekers) se weergawe van Danny Boy te luister, gaan Google dit en luister hoe sy dit met haar Godgegewe stem sing.

Spike ·

Toe die comrades en kaders sa in 1994 gekry het het als in sa gewerk, maar nou nie meer nie.

Johannes ·

Ek hoor ‘n sekere bekende kettingwinkel gaan ook aangekla word van rassisme. Hulle het hulle bruin en wit brode op aparte rakke gepak!

marous ·

Haar lewe is klaar opgefoeter. Dagvaar hulle vir miljoene !

Riaan ·

Ja so gaan ‘n alreeds bankkrot provinsie aan om ons belasting geld te mors!!!!!
Solidariteit moet aandring dat lehari persoonlik vir regskoste verantwoordelik gehou word!
Banana republic!

Jan ·

Die department moet nou by hulle storie hou , anders hoe gaan dit lyk as hulle retireer ?

Koeloekoe ·

Ek dink die beheerligaam het net saamgespeel omdat hul bang was die skool gaan in vlamme op
En te oorhaastig
Dagvaar hulle juffrou dagvaar hulle
Hoop ek mag nig n brief skryf want eintlik is dit ook SWART OP WIT??

Dries du Toit ·

Ons gaan nooit uit hierdie gemors kom nie. Eie volkskole is die enigste oplossing

papa G ·

En hoeveel gaan julle die Onderwysers betaal? R6000 pm sonder byvoordele? Die onderwyskorps wat jy gaan bymekaarmaak is afgetredenes en verveelde tannies met ryk mans. Volksidentiteit betaal nie die water en ligte nie…

Oh ·

So dit gaan oor geld. Nie oor die volk nie. R6000 by die een en R6000 by die ander.As ons nader an mekaar beweg. Saamstaan en saam werk het ons nie meer nodig nie. As jy weens sulke gevalle jou werk verloor het jy niks. R6000 is beter as niks nie. Skaal n biggie af en kom terug na wat is nodig.

Roger ·

Die Staat en sy lakeie sal soos ‘n trop wildehonde jagmaak op ‘n onskuldige party. Niks anders as terrorisme nie.

Philip ·

Ja die Lehari vent is ‘n “fool”. Wil net punte wen vir homself dat hy “vinnig” opgetree het. Hy moet betaal vir sy fout en nie met wit belasting betalers se geld nie.

SjN ·

Whatsup groepe en Schweizer is nie maats nie, vra vir Margaret.

lewies ·

Om die departement aan te vat is so goed jy vat die anc (Golliat) aan.

Anoniem ·

Net een klippe op die regte plek is nodig dan sal hulle hul lessies leer ?

Robert ·

En hulle gaan pak slae kry, kyk maar na die Bosasa storie, die arrogansie haal jou in een of ander tyd en dan geld die wet van Transvaal

Anoniem ·

Juffrou Elana, Jy is YSTER want Jou KRAG en DEURSETTINGSVERMOË kom van GOD af ! Volhard met dit wat Jy begin het ???

Stem saam ·

Ek ondersteun jou stelling heelhartig, Riaan. Weereens word ons belastingbetalers gemelk.

Dries du Toit ·

PapaG ek ken menige onderwysers wat werkloos is as gevolg van hulle velkleur.. van hulle kry nerens eers n ander tipe werk nie a.g.v BEE. Seker is dit nie iets wat jou pla nie

Felix ·

Nou ja toe, kom ek haal aan uit ‘n nuusberig:

A TV ad in which a black neighbour drives over a white couple’s luggage is just a good laugh, the ad watchdog has ruled.
A Person complained to the Advertising Regulatory Board that kulula.com’s ad, part of the airline’s “Don’t be a travel hater” campaign, “incites division along racial lines”. She also objected to the “criminal” behaviour portrayed in the ad.

Johanna Botha ·

Die depatement gaan verloor want die waarheid is uit ….hulle gaan nog n eis moet betaal as ek so kyk na alles ???

B ·

‘n Persoon wie vir my werk se 6j seun is toelating geweier by plattelande skool (100% swart kinders) aangesien sy (swart) taal verskil van die ander leerlinge in die skool. (Sy ouers het soontoe verhuis), Pretoria na Dingleton)

lewies ·

Na die Zondoe kommissie se ondersoeke glo ek dat die prosesse vir die aanstellings van werknemers onder die vergrootglas geplaas gaan word. Dit sal vir almal duidelik wees dat die huidige rasse diskriminasie tov aanstellings, SA miljoene der miljoene rand gekos het. Miskien iets soos ‘n SAPD verklaring oor die integriteit van aansoekers. Of hulle moet weer die Psigometriese evaluering as ‘n verpligte komponent vir alle aanstellings as voorwaarde stel.

lewies ·

Na die Zondoe kommissie se ondersoeke glo ek dat die prosesse vir die aanstellings van werknemers onder die vergrootglas geplaas gaan word. Dit sal vir almal duidelik wees dat die huidige rasse diskriminasie tov aanstellings, SA miljoene der miljoene rand gekos het. Miskien iets soos ‘n SAPD verklaring oor die integriteit van aansoekers. Of hulle moet weer die Psigometriese evaluering as ‘n verpligte komponent vir alle aanstellings as voorwaarde stel. Hulle het reeds by SACE met SAPD klarings begin. Seker om al die aanrandings op kinders te verhoed.

Dries du Toit ·

Andre1952 wees bietjie realisties en verduidelik bietjie jou aanmerkings oor rassisme

Dienkie ·

Indien Juf Barkhuizen die een of ander reel van die Onderwysdepartement oortree het: Hoekom het sy nie net ‘n waarskuwing ontvang nie, maar is summier deur die LUR geskors.? Ek sal dit baie graag wil weet.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.