SEB: Solidariteit reg vir hofsaak ná teenstand

SEB-swart-ekonomiese-bemagtiging

Foto: Rawpixel/Pixabay.com

Solidariteit sal op 28 April in die Pretoriase hooggeregshof sy saak aanvoer teen die departement van kleinsakeontwikkeling en die departement van toerisme oor swart ekonomiese bemagtiging (SEB) as voorvereiste vir die ontvang van noodfondse.

Dit volg nadat Solidariteit Woensdag ʼn kennisgewing ontvang het waarin die betrokke departemente aandui dat hulle die dringende aansoek wat Solidariteit op 30 Maart gebring het, gaan teenstaan.

“Dit is duidelik dat die regering weier om afstand te doen van sy rasse-ideologie, selfs in ʼn tyd van nood,” sê Anton van der Bijl, hoof van arbeidsregsdienste by Solidariteit. “Ons sal sulke diskriminasie nie toelaat nie.”

Solidariteit is ten sterkste gekant teen ʼn rasse-maatstaf vir die meting van behoeftes en die uitbetaling van noodfondse en dring daarop aan dat die regering duidelikheid gee oor die kriteria wat gebruik word om die toedeling van hierdie fondse te bepaal.

“Dit is in die beste belang van alle Suid-Afrikaners dat kwalifisering vir hierdie fondse nie op grond van ras bepaal moet word nie. Hierdie eensydige besluit van die regering moet hersien word en dit is ook waarvoor ons in die hofstukke vra,” voer Van der Bijl aan.

Die aansoek sluit ʼn interdik teen die uitbetaling van enige fondse in terwyl die saak hangende is. Die doel hiervan is om te verseker dat geen geld uitbetaal kan word solank kwalifisering daarvoor op ideologiese rasse-kriteria gegrond is nie.

“Alle Suid-Afrikaners moet ʼn gelyke en regverdige kans hê om te kan kwalifiseer vir die noodfondse wat die regering beskikbaar stel. Al dink die regering so, is die Covid-19-pandemie nie die perfekte geleentheid om rassediskriminasie toe te pas nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Boortor ·

Ek het altyd gedreig ek gaan ophou om belasting te betaal. Nou het ek geen keuse as om op te hou nie. My besigheid is bankrot.

Willem ·

Ek stem saam. Maar ons regering is baie slim. Hul sal sê hul maak dit oop vir almal maar hoe gaan ons weet of hulle nie net die SEB gaan uitbetaal nie. Sal weer ń verskoning uitdink hoekom hul dit doen

Peet ·

Dit is dan die “regering” wat jy moet vertrou! Jammer, maar geskiedenis leer ons anders en hier is net weer ‘n bewys as jy agterbaks is, is jy die regering.

Hoffie ·

As ek reg verstaan kom die grootste skenkings van firmas wat onstaanhet voor seb?

Anel ·

Die beste is om maar geen van die our people wat werkloos gaan wees, in diens te neem nie. En in die vervolg maar ons geld of donasies aan ons mense te gee.

gatgogga ·

Maar het ons dan gelyke behandeling verwag ?
Tog sekerlik nie.
Of is ons almal net so naief soos de Klerk en Peter Bruce ?

daniel ·

Reg sal geskied, want onreg en diskriminasie hou selde stand

Piet ·

As die regering rassisties wil wees, hoekom aanvaar hulle geld van die witmense af kom?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.