SEB wél deel van Covid-19-hulpvereistes

minderheid-minderhede-rasse-ooreen

(Foto: Robert-Owen-Wahl/pixabay)

VF Plus-leier Pieter Groenewald sê dit is onaanvaarbaar dat ras tydens die krisis weens die Covid-19-pandemie gebruik word om hulp te bied aan kleiner sakeondernemings. Die regering het aanvanklik ontken dat ras ʼn rol speel wanneer hulp toegeken word.

Dit kom ná ʼn vraag van die VF Plus-LP Fanie du Toit aan die minister van kleinsakeontwikkeling, Khumbudzo Ntshavheni, oor die gebruik van raskriteria. Die minister het hierop geantwoord dat ras, geslag en ouderdom wel kriteria vir die toekenning van finansiële hulp is, aangesien dit ʼn basiese voorwaarde vir die transformasie van die ekonomie is.

“Daar is talle kleiner sakeondernemings soos eenman-ondernemings wat nie aan die vereistes van swart ekonomiese bemagtiging (SEB) kan voldoen nie. Dit is ongeag ras opgebou uit entrepreneurskap tot voordeel van die algehele ekonomie en werkskepping en is in menige gevalle die eerste trap na groter ondernemerskap,” het Groenewald gesê.

“Baie van hierdie ondernemings is tydens die afsonderingstydperk grootliks verbied om sake te bedryf en dié verbod sal in baie gevalle nog lank geld. Hierdie ondernemings het veral hulp nodig omdat hulle grootliks die vonk sal wees om die groter ekonomie weer aan die gang te kry.

“Bankrotskap en ondergang staar baie van hierdie ondernemings tans in die gesig en indien hulle ná Covid-19 van die toneel verdwyn, sal dit ʼn gevoelige terugslag vir die kans op spoedige ekonomiese herstel wees.”

(Foto: Love South Africa/Facebook)

Groenewald sê die VF Plus het in 2013 al teen die strenger ekonomiese bemagtigingswet in die parlement gestem. Dit is dié wet wat nou gebruik word om te bepaal hoe hulpverlening geskied.

Die party eis dat die wet én die sektorale vasstellings daarvan opgeskort word sodat alle ondernemings, ongeag ras, gehelp word. Groenewald sê dit moet daarna heeltemal geskrap word.

“Indien die ekonomie nie herstel nie, gaan mense van alle rasse daaronder ly en daardie lyding gaan geen onderskeid tussen kleur tref nie.”

Groenewald sê die party het reeds die kwessie met pres. Cyril Ramaphosa opgeneem en gaan hom weer vra om swart ekonomiese bemagtigingsvoorwaardes op te skort. Die party sê hy sal verdere stappe oorweeg as daar nie aan sy versoek gehoor gegee word nie.

Die organisasies Solidariteit en AfriForum het hulle reeds tot die hof gewend om te vra dat die departement van toerisme ras as kriteria vir die toekenning van finansiële hulp aan klein, mediumgrootte en mikro-ondernemings (KMMO’s) sal hersien.

Die departement het die aansoek teengestaan.

Uitspraak sal na verwagting binne ʼn week gelewer word.

Dean Macpherson, die DA se woordvoerder oor handel en nywerheid, het gesê Ramaphosa moet nou in die openbaar bevestig of hy bereid is om sakeondernemings te sien sluit op grond van swart ekonomiese bemagtigingsvoorwaardes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Phumba ·

Natuurlik speel dit n rol, selfs al sou hulle sê dit speel nie meer n rol nie kan hulle dit steeds toepas – hoe gaan dit gemonitor word?

Ronel ·

ANC gaan veroorsaak dat ekonomie vou as gevolg van ras voorkeur uitbetalings. Ons werkloos getalle gaan dramaties verander vir alle rasse en hongersnood en geweld gaan buite beheer raak.

Fedup ·

The old and boring race game. The government will milk that old cow till the end of time.

Louwrens ·

Wie voorsien kos op hulle tafels?
Wie maak tans in die land groot skenkings met kos van die landerye af??
DIE WIT BOER !!!
Wat sal gebeur as ons dit stop vir die “people” en net vir ons eie mense voorsien?
Ramaphosa dobbel met mense se lewens.

marius ·

Wit mense en spesefiek Afrikaners word nie gereken as deel van die land nie . Dis die waarheid .

Ansie ·

Kortsigtigheid is endemies aan die ANC. Witmense moet maar aan hulle swart werkers verduidelik dat die ANC hulle hulle poste gekos het. Ek hoop wittes staan saam en dra nie geld by tot die ANC se hulpfondse nie.

Michael 1 ·

Dit is verblydend dat Dr Groenewald toegetree het tot die teenkanting geveg teen hierdie euwel beleid.Hoe meer mense soos Prof Eloff toetree tot hierdie geveg hoe vinniger gaan ons die diskriminasie se rug breek ,net jammer die media is huiwerig om die regering aan die groot klok te hang.

Anel ·

Hou dan op om vir our people kospakkies en vars kos van die plase te gee. Ons het baie ouetehuise en kinderhuise wat nie ‘n sent van die regeting kry nie. Stop alle skenkings aan our people. Veral geldelik. Alhoewel hulke dan ins beladting gaan debruik, gaan dit baie minder wees. Kom ons help nou maar net ons eie. Wat ek ook nie kan verstaan nie is dat die blankes altyd eerste is om die arme our people te help. Hoeveel het CR al self by gedra tot sy our people? Hy is vinnig om te praat van mense wat lekker in hulle huise sit met vol yskaste, masr wat van hom? Hy kan gerus pres Trump se voorbeeld volg, wat nie ‘n salaris van sy regering ontvang nie!!!

Jr ·

Ons het altyd gegee nou nog Hoekom moet ons hulle nou vra. Ek soek niks van hulle. Kom ons sorg vir ons eie mense. Kom ons wees wat hulle sê vir hulle mense ons is en wil hê ons moet wees en forseer ons te wees. Dan vat hulle ons hof toe – so what. Ons het ‘n sterk saak dan.

Genis ·

CR is bewus hiervan, nes Malema gebruik hy ook ander om sy vuil werk te doen.. Hy wil nie in die spervier wees nie.. Hulle het gedink hierdie gaan ongesiens onder deur verdwyn… Jy kannie lei as jy ras behep is nie… mens wat terugkyk kan nooit voorentoe beweeg nie…

Eragrostis ·

Ras was nog altyd ń kwessie by die ANC, al ontken hulle dit telkemale ten sterkste. Dade spreek harder as woorde, soos nou weer bewys is.
En dink dat die VF+ wel die hof moet nader vir twee kwessies in hierdie verband:
1. Vir die feit dat die minister, Khambudzo Ntshavenhi, aanvanklik doelbewus op ń parlementêre vraag oor hierdie kwessie gelieg het; en
2. Rassisme teen die ANC. Kwotas (in veral sport), SEB, aanstellings op grond van ras, keuring van sekere studieloopbane op universiteite op grond van ras, rasgebaseerde hulpskemas ens. is alles niks anders nie as rassisme, maar daar word net ander woorde daarvoor gebruik. Die ANC bedryf apartheid, maar die rolle is net omgeruil. Hoeveel keer moes politieke partye, Afriforum en Solidariteit nie die hof nader oor al hierdie rassistiese aksies van die ANC nie waarna die ANC elke keer verloor en oor die vingers getik word, maar daarvan kom net dadels. Dis tyd dat hierdie rassistiese optredes van die ANC finaal stop gesit word.

PH ·

Die regering gebruik nou ‘n biologiese pandemie om te diskremeneer

daniel ·

Dit wil voorkom asof die uitvoerende lede van hierdie regering nie instaat is om logies te dink of besluite te neem nie .

daniel ·

Dit is uiters TRAGIES as mense nie verder as haat wil of kan dink nie. Wie het vir 26 jaar nagelaat om die infrastrukture soos bv water en sanitasie te onderhou? en wie het die SAL, ESKOM , PRASA en menige ander in die grond in bestuur?.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.