Seereddingspan ontbied vir ‘onbekende voorwerp’ in water

Argieffoto: NSRI, Facebook

Argieffoto: NSRI, Facebook

Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) in Oos-Londen is Maandag na die kus by Gonubie, noord van Oos-Londen, ontbied nadat ʼn onbekende voorwerp gesien is waar dit in die water dryf.

Geoff McGregor, NSRI se Oos-Londen-stasiebevelvoerder, het gesê die instituut se plaaslike bemanning is deur die Transnet Nasionale hawe-owerheid ontbied. “Ooggetuies het beweer hulle het ʼn voorwerp in die water gesien wat moontlik ’n omgeslane boot kan wees,” het McGregor gesê.

“Die NSRI het ʼn seereddingsboot gestuur en gevind die voorwerp was ’n ontbindende walvis-karkas wat ongeveer drie seemyl van die kus af gedryf het. Die Oos-Londense hawe-owerheid en plaaslike mariene owerhede is in kennis gestel. Hulle sal besluit of verdere stappe gedoen moet word,” het hy gesê.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Mariné Lourens ·

Dagsê Knersus D

Dankie dat jy ons op die tikfout gewys het. Jammer daaroor! Ons het dit reggestel.

Groete
Mariné nms Maroela Media

Ashley ·

Maroela,
Ek is seker blond vanoggend, maar waarom sal daar vervolging wees?
Die vreemde voorwerp is tog gevind?
Persoonlik vind ek dit ‘n totaal onbenullige en niksseggende boodskap. (Net my opinie)
Ashley

Paul ·

Waar sien jy dat vervolging beoog word?

Die woorde “verdere stappe” beteken nie “vevolging” nie. Dit kan byvoorbeeld daarna verwys dat die karkas dalk weggesleep sal word om te keer dat dit op ‘n strand uitspoel.

LODEWYK ·

Die drywende karkas kan moontlik as gevolg van besoedeling wees. ondersoek kan dalk oorsprong van besoedeling opspoor. Moontlik ook deur onwettige walvis jag veroorsaak .

Gideon ·

Daar was nou so week of wat gelede ‘n berig van ‘n walvis wat verstrengel was in toue, en toe losgemaak is. Ek kan nie onthou waar nie, maar dalk is dit nou dié een!

ludolph ·

My innige meegevoel aan die walvis se naasbestaandes. Hy moes ‘n belangrikke walvis gewees het. Mense wat in SA vermoor word kry nie eers dit reg om soveel aandag by die media te kry nie.

ladybug ·

Vervolg? Vir wie? Vir wat? Moet nou nie vir julle stupid en simpel hou nie SAPS!!! Gaan vang liewer ‘n paar regte kriminele, daar is baie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.