Sekerheidswagte in hof vir aanranding

Vyf wagte van ’n sekerheidsmaatskappy in Klerksdorp in Noordwes het Maandag in die hof verkyn. (Argieffoto)

Vyf wagte van ’n sekerheidsmaatskappy in Klerksdorp in Noordwes het Maandag in die Delareyville-landdroshof op aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer, verskyn.

Neither Mothibedi (47), Kgalatsi Erasmus (37), Moleleki Abram (38), Gopolang Mogopidi (53) en Morena Abram Manyo (40) het na bewering op Donderdag 22 Julie werknemers van die Tswaing-munisipaliteit aangerand toe hulle glo probeer het om toegang tot die munisipale kantore te verkry om vir diens aan te meld.

Volgens Henry Mamothame, woordvoerder vir die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), word die motief vir die voorval in dié stadium ondersoek.

“Die saak is tot 14 September uitgestel en die verdagtes is elk op borgtog van R500 vrygelaat.

“’n Sesde verdagte sal môre in die landdroshof op dieselfde aanklagte verskyn.”

Dit is nie duidelik by watter sekerheidsmaatskappy die wagte werksaam is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

annie ·

Die groot vraag is eerder: Watter groep het vir ‘werk’ opgedaag? Waar ek bly daag munisipale werkers net by die werk op as iemand verjaar met die belofte van groot eet. Watter tyd van die dag het die oorywerige munisipale werkers opgedaag?

Frank ·

Ja Annie, my gedagtes ook. Munisipale werkers is deesdae glad nie ywerige werkers nie, en sal die kleinste verskoning gebruik om nie op te daag nie. Nee, wat, miskien moet hulle eerder ondersoek word. Speel alweer “victim”…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.