Sekerheidswagte in KZN in spervuur

(Argieffoto)

Kommer heers oor die toename in aanvalle op sekerheids- en reaksiebeamptes in KwaZulu-Natal. Verskeie sulke aanvalle is die afgelope jaar in dié provinsie aangemeld en volgens Reaction Unit South Africa (Rusa) word die aanvalle net al hoe meer brutaal.

Beamptes van verskeie private sekerheidsmaatskappye en ambulansdienste oor die hele KwaZulu-Natal het vanjaar al op voorvalle reageer waar sekerheids- en reaksiebeamptes aangeval is. Van die beamptes is vermoor, terwyl ander met ernstige beserings weggestap het.

In een so ʼn voorval is ʼn reaksiebeampte van National Security Verulam van sy vuurwapen beroof terwyl hy in sy motor gesit het. Die rowers het op sy motor losgebrand terwyl hulle op die vlug geslaan het.

In nóg ʼn voorval in Desember is ʼn veiligheidswag doodgeskiet en twee van sy kollegas gewond in ʼn verbyry-skietery in Umdloti.

Volgens Prem Balram, woordvoerder van Rusa, word beamptes meestal in lokvalle gelei en vir hul wapens doodgeskiet.

“In die meeste voorvalle was die beamptes in uniform geklee en het in gemerkte reaksievoertuie gery. Dit kon nie bevestig word of hulle aan diens was ten tyde van die aanval nie,” sê Balram.

In ander voorvalle wat aangemeld is, is sekerheidsbeamptes met skerp voorwerpe gesteek en geen waardevolle items gebuit nie. Hierdie beamptes was óf op pad na die werk óf op pad huis toe.

Die motief agter dié aanvalle is nie bekend nie.

Balram waarsku reaksie- en sekerheidsbeamptes in die provinsie om te alle tye paraat te wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Jack ·

KZN is nou meer gevaarlik as wat Gauteng ooit was.Die sindikate in KZN beweeg ongehinderd en sal sonder om ‘n oog te knip doodmaak as hulle weerstand ervaar.Bly weg en skeduleer jou vakansies eerder in die Kaap.

Dries ·

Die motief in onbekend?? Hulle word aangeval vir hulle vuurwapens.

May10 ·

Kan jou belowe Cele gaan slegs mense waarsku, hulle gaan nie aan n plan dink nie. Dit is dieselfde met die ‘hotspots’ in Gauteng. Jy word gevra om die areas te vermy, maar niks word aan die probleem gedoen nie. Tragies

Hayntjie ·

Ons gemeenskappe moet begin om met sekerheid personeel en polisie en mediese dienste saam te werk. Hulle behoort diesulkes ook te beskerm en te omhels vir die werk wat hulle doen. Ondersteuning van gemeenskappe is belangrik vir suksesvolle polisiëring.
Moontlik word negatiwiteit teen polisiëring aktiwiteite aangeblaas deur misdadigwrs aan die een kant en uniform personeel, ek glo dot is die minderheid, wat magsbehep of korrup of bloot lui of bang is.

Sarel ·

Groot stilte van Provinsiale sowel zs Nasionale Regering.
Natal was oorgegee aan Misdadigers en nou moet Burgerlikes die vrugte uk..

Lillian ·

Ek vra weer die vraag, hoekom werk sekuriteitsbeamptes alleen op ‘n voertuig? En ja, hul raak seker te gemaklik en gerus en word dan deel van die misdaad statistieke in hierdie land.

Johan ·

Niks, niks is so arrogant as ‘n sekuriteitsbeampte met ‘n vuurwapen en die ANC-regering se drakoniese wetgewing met Covid-19 snert nie!! Laat hulle vir hulle kry……..

christo ·

RUSA is een van die staatmaker sekuriteitsmaatskappye in KZN. Aangesien hulle meer doeltreffend is as die SAPD, word hulle en ander sekuriteitswagte geteiken, aangesien die polisie nie meer ‘n faktor is nie. Die burgerlike samelewing maak meer staat op sekuriteitsmaatskappye se gewapende reaksie eenhede. Die SAPD word net genader vir ‘n saaknommer. Dalk kan mens een van die dae sake by die poskantoor aanmeld ….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.