‘Sekspes-onnies hoort op nasionale register’ – DA

skool 2 klas onderwyser

(Argieffoto)

Die DA doen ’n beroep dat alle onderwysers wat skuldig bevind word aan seksuele wangedrag se name op die Nasionale Register vir Seksoortreders (NRSO) sowel as die Kinderbeskermingsregister (KPR) geplaas word.

Dit volg ná die onthulling deur die Suid-Afrikaanse Raad van Opvoeders (SARO) in die parlement dat 11 opvoeders in die 2020-’21-boekjaar afgedank is weens bewerings van wangedrag, onder meer seksuele misdrywe teen leerders.

Desiree van der Walt, die DA se skaduminister van onderwys, sê hoewel die DA die afdankings van die 11 onderwysers as ’n positiewe stap in die rigting van aanspreeklikheid verwelkom, moet meer gedoen word om te verseker dat daardie onderwysers wat van seksuele wangedrag en mishandeling beskuldig word, verhoed word om kinders weer leed aan te doen.

“Dit is om hierdie rede dat die DA vra dat onderwysers wat skuldig bevind is aan seksuele misdrywe op die NRSO en KPR geplaas word om te verhoed dat hulle in die toekoms met kinders werk,” het Van der Walt gesê.

Volgens Van der Walt het die DA reeds in Augustus aan die minister van polisie geskryf om te vra dat alle seksuele misdrywe wat in skole gepleeg word by sy nasionale misdaadstatistiek ingesluit word.

“ʼn Uiteensetting van die seksuele oortredings en misbruik van leerders op skoolterreine, tydens skoolaktiwiteite en tydens skooltoere moet by die statistiek ingesluit word. Ons wil ook weet van al die gerapporteerde gevalle van minderjarige swangerskappe omdat dit gelykstaande is aan statutêre verkragting.”

Van der Walt sê daar moet ʼn deeglike uiteensetting van al die bogenoemde gevalle per provinsie gegee word.

“Dit is tyd om daadwerklik op te tree teen hierdie tipe van misdryf. Die tyd van beplanning en leë beloftes is verby.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Ilze ·

Ek stem 100% saam sat sulke onderwysers nie weer by kinders betrokke mag wees in werksverband spesifiek nie.

Shakespeare ·

In graad 11 en 12 is daar nie ook sekspes meisies wat onderwysers blatant uitlok nie. Sê maar net.

Ilze ·

Ek het baie lank skoolgehou by n hoërskool. En ja meisies kan mans uitlok. Maar n opvoeder het ongelukkig n baie belangrike voorbeeld om te stel en kan nie hul vertrouensverhoudings gebruik om meisies en seuns te molesteer nie.

Johanna ·

Onderwysers wat SIEK seks-peste is, word net van een skool na die volgende oorgeplaas soos die Roomskatolieke Priesters. Die vooraanstaande skool in Bloemfontein is oa skuldig daaraan en ander skole het dit ook gedoen.
Veral skole waar daar koshuise is.

Johanna ·

Wat van.onderwysers wat skool meisies swanger maak?
Dit gebeur meer dikwels as wat ons besef..

Anel ·

So hulle word net afgedank!!! Wat van kla hulle aan vir verkragting en stop in die tronk. Nou gaan hulle net van een skool na ‘n ander. Dis siek, man!

efjy ·

Beide die twee ligame (NRSO en KPR) dien geen doel nie. Dis net geskep omdat daar ‘ n behoefte daarvoor bestaan. Kyk na staatsdiens. Dit word nie werklik in ag geneem met aanstellings nie.

KB ·

Aan die DA:
“Talk is cheap”…Die krag van jul woorde, lê in jul dade.

Blomme ·

Nie net seksmal onderwysers behoort aan die pen te ry en blootgestel te word nie. Dis ń proses wat regdeur uitgevoer moet word. Wat van die maniake wat in die gemeenskappe rondloop en onskuldige kinders verkrag? Ons regstelsel sal hul fondasie moet oor begin. Borgtog aan seksoortreders is geheel en al ongehoord!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.