Senekal: IRV gaan gemeenskapsveiligheidshandves bekendstel

(Argieffoto)

Die Instituut vir Rasseverhoudinge (IRV) beoog om Vrydag ʼn gemeenskapsveiligheidshandves in Senekal bekend te stel in ʼn poging om geweld en misdaad in die land hok te slaan. Die handves bevat voorstelle met praktiese oplossings wat aan pres. Cyril Ramaphosa en die minister van polisie, Bheki Cele, oorhandig gaan word.

“Ons het nie geweld of vyandigheid in ons land nodig wat ons gemeenskappe net verder verdeel nie. Ons het praktiese oplossings nodig. Ons hoop die handves sal ons help om dit te bereik,” sê Hermann Pretorius, die IRV se adjunkhoof van beleidsnavorsing.

Pretorius sê die oproerigheid wat in Senekal ontstaan het in reaksie op die wrede moord op die 21-jarige Brendin Horner op ʼn plaas in die Paul Roux-omgewing, plaas kwessies soos rasseverhoudinge en die versuim van die regering om Suid-Afrikaners se veiligheid te verseker, opnuut in die soeklig.

“Daar is ʼn enorme behoefte onder redelike Suid-Afrikaners om hierdie sake in openbare debatte te bespreek. Dit is egter nou nie net die tyd vir eerlike, oop en redelike besprekings oor kwessies wat alle Suid-Afrikaners verenig nie; ons het ook praktiese oplossings nodig.

“Misdaad vernietig Suid-Afrikaanse lewens en gemeenskappe. Landelike gemeenskappe is onder dié wat deur die regering aan hul eie lot oorgelaat word en kwesbaar is vir gewelddadige aanvalle wat gesinne vernietig.”

Die IRV se handves bevat verskeie oplossings wat daarop gemik is om misdaad en plaasaanvalle te bekamp. Dit stel voor dat:

  1. Gemeenskappe die mag kry om self stasiebevelvoerders aan te wys;
    2. Die aanstelling van polisielede en staatsaanklaers op meriete gedoen word;
    3. Onafhanklike ondersoeke en openbare sittings oor misdadigheid in die polisie gehou word;
    4. Die aansoekproses vir vuurwapenlisensies vir selfverdediging bespoedig word;
    5. Kundigheid uit die private sektor by die polisie ingespan word;
    6. Voormalige polisie- en weermaglede as polisiereserviste aangestel word; en
    7. Meer personeel en hulpbronne vir die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe beskikbaar gestel word.

Die IRV het ook ʼn beroep op Suid-Afrikaners gedoen om die voorstelle te steun.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Deon ·

Is dit n fopspeen? Daar was ook hierdie oordadige ontplooing van die magte daar op die kaapse vlaktes, is daai strooi al uitgesorteer daar? Die owerhede het n amper onmoontlike taak hier op hande om op te klaar, het hulle die vermoee. Ek hou nie my asem op nie, terwyl hulle onderhandel en planne maak aan die een kant word die boere steeds aangeval aan die ander kant.

gpsa ·

Voeg by uitskakeling van dubbele standaarde in reg stelsel.
Optrede teen politieke mense wat aankondig dat blankes en boere vermoor word.
Gelyke optrede teen ander partye vir verwoesting van eiendom.
ens ens, maar daar was al lankal bewys praat help niks.

Riaana ·

Hoekom wil hle nou maak of hle bykom, dit gaan weer net hou tot Vrydag verby is dan sit ons maar net dieper as voor die tyd,

Persheks Adri ·

Sorteer sommer ANC, EFF, BLM en rassisme ook aan dan het ons nie ‘n probleem nie! Die regte mense moet ons beskerm nie die huidige klomp nie hulle is rassisties!

My siening ·

Hoekom Senekal uitsonder, wat van Clicks (EFF) en al die paaie en geboue wat afgebrand was? Maar van n wit man sal daar n voorbeeld gemaak. Waar is die regverdigheid in die kamstige demokrasie?

Wondernet ·

Myns insiens is dit effe naief om te dink dit sal help as gemeenskappe self stasiebevelvoerders kan aanstel… Die meerderheid mense in meeste gemeenskappe is ANC, EFF ens…dus sal die bevelvoerders uit daardie geledere kom, nes onse wonderlike regering

Danie ·

Ai nou kom almal met mooi voorstelle tot en met die volgende boer vermoor word. Ons moet net terug dink wat het met Piet Retief gebeur. Hoeveel mooi praatjies was al daar in die verlede en dan het niks gebeur. Dit is deur en deur ons geskiedenis gekenmerk dat onderhandelinge en mooi praat misluk. Malema die ANC en ander stel nie belang in vrede nie as hulle sou dan sou die moorde op boere al lankal opgehou het. Wys my waar een witman gegaan het en n swart boer vermoor het. Nee hulle weet hulle is besig om met hul rue teen n muur te staan te kom en nou wil hul die witman jam om die bek kom smeer. Boere moet net ophou om kos te verskaf vir n paar maande dan sal jy n ander storie sien wanneer hulle soos vliee in die strate le soos in Ethiopia. My lewe is verby dus kan ek hom offer vir die land want my werk is weggevat en nou wil hul my grond ook vat. Dus Malema kom vat maar ek verseker jou jy gaan ook nie net vat nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.