Senior Johannesburg-amptenaar afgedank ná korrupsie

Argieffoto

Die stad Johannesburg het Vrydag gesê hy het een van sy senior beamptes wat verantwoordelik was vir handel- en beleggingsprojekte afgedank nadat hy aan korrupsie skuldig bevind is.

“Die stad het die kontrak van die senior beampte wat verantwoordelik is vir ons handel- en beleggingsprojekte beëindig nadat hy skuldig bevind is aan oneerlikheid en die onregmatige beïnvloeding van die toekenning van tenders,” het Leah Knott, burgemeesterskomiteelid vir ekonomiese ontwikkeling, gesê.

“Die beampte het in private besigheid ingetree sonder die stad se toestemming en het ons etiese kode oortree, die verkrygingsbesluite van die stad vir sy eie voordeel beïnvloed en teen die belange van die stad opgetree,” het Knott gesê.

Knott het nie die beampte geïdentifiseer nie, maar gesê ingrypende stappe is oor die afgelope paar maande gedoen in die geveg teen korrupsie in dié stad. Die stappe sluit in ʼn kultuur van verantwoordbaarheid onder dié wat die mense van Johannesburg moet dien.

“As beskermhere van goeie regering word daar van werknemers van die stad verwag om deur hul voorbeeld te lei en te voldoen aan die hoogste etiese norme en standaarde. Dit is noodsaaklik om gehaltedienste in die stad te lewer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Michal Groenewald ·

Indien hy skuldig bevind is deur die Stad, moet hy nie net afgedank word nie, maar moet hy ook krimineel aangekla word by beide die SAPS asook die openbare beskermer vir vervolging, anders is daar nie werklike verantwoordbaarheid soos geëis word nie.

Deon ·

Ek stem saam Michal. Kla hom aan!! Wat egter goed is, is die feit dat Stad hom afgedank het en nie geskors het nie. Anders sou hy nou by die huis gesit het en nog steeds elke maand salaris trek het. Dit is mos hoe die ANC met korrupsie te werk gaan.

Dafer ·

Ek stem volkome saam met jou Michal. Dink jy Maroela se ondersoekende joernalistiek gaan daai knoop deurhaak hier?

snoefie ·

ek stem saam. kla hom aan. laat hom n boete die ekwivalent van kontrakte waarvoor hy al geld ontvang het, betaal. skort onmiddelik alle kontrakte met hom en al sy affiliate op.

Vertel my ·

Ek verstaan net nie hoe word een ou vir korrupsie afgedank en die ander een word ‘n Minister of word net bevorder of geskuif na ‘n ander afdeling nie. Wat se consistency is hier in die dissiplinere prosedures en die regstelsel deesdae? JA verwyder of alle korrupte amptenare of behandel almal dieselfde. Ek is 100% teen korrupsie .. maar hoe straf jy die een en die ander kom daarmee weg? Wat se boodskap stuur dit uit? Dat jy dalk nog kan wegkom daarmee so dit is die moeite werd om te probeer vir sommiges?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.