Sensus: Afrikaans derde meeste gepraat, maar …

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Juan Mabromata/AFP)

Uit Suid-Afrika se 12 amptelike tale word Afrikaans die derde meeste in huishoudings gepraat, maar volgens die jongste sensus-uitslae gebruik al hoe minder Suid-Afrikaners hierdie taal.

Statistieke Suid-Afrika (StatsSA) het Dinsdag die eerste gedeelte van verlede jaar se sensusopname aan pres. Cyril Ramaphosa oorhandig.

Die uitslae het gewys dat die bevolking toegeneem het van 51,7 miljoen in 2011 tot meer as 62 miljoen in 2022.

Daar is ook veranderings in huistaal opgeteken.

Die sensusuitslae wys dat isiZulu steeds die mees gesproke taal in die land is, met byna ʼn kwart (24,4%) van die bevolking wat hierdie taal praat.

Die taal wat die tweede meeste gepraat word, is isiXhosa (16,3%). Dit word gevolg deur Afrikaans (10,6%). Albei hierdie tale se sprekers het egter gaandeweg gedaal, aldus StatsSA.

“Die bevindings het ʼn afwaartse neiging getoon in mense wat Afrikaans praat, van 14,5% wat in 1996 die taal gepraat het tot 10,6% in 2022,” lui die verslag.

“Dit word gevolg deur isiXhosa-sprekers wat in 1996 byna 18% van die bevolking uitgemaak het en in 2022 slegs 16,3% is.”

Die proporsie mense wat Engels, Xitsonga en Tshivenda praat, het betreklik bestendig gebly, terwyl minder as 1% van die bevolking gebaretaal gebruik om te kommunikeer.

Gebaretaal is in Julie vanjaar as Suid-Afrika se 12de amptelike landstaal aangeneem.

Soveel Suid-Afrikaners praat Afrikaans.

“Gegewe Suid-Afrika se geskiedenis van geografiese verdeling, word daar verwag dat elke provinsie ʼn dominante spreektaal het,” lui die verslag.

In KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap praat vier uit elke vyf mense onderskeidelik isiZulu en isiXhosa.

Verder praat meer as 70% van die bevolking in die Vrystaat en Noordwes onderskeidelik Sesotho en Setswana.

In die Wes-Kaap praat twee uit elke vyf mense Afrikaans, terwyl meer as 50% van Afrikaanssprekendes in die Noord-Kaap te vinde is. Daar is veral min Afrikaanse mense in Limpopo (2,3%) en KwaZulu-Natal (1%), met 10,3% van Afrikaanssprekendes in die Vrystaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Juanita ·

Regtig? Hoe is die opname gedoen want ek as 43 jarige afrikaans sprekende het nog net een keer in my volwasse lewe Sensus mense gehad wat aan my voordeur geklop het. Hoeveel ander afrikaans sprekendes word mis getel? Of verstaan ek dit verkeerd?

57 Chevy ·

Stem saam . Al dryf jy op n 2×2 vierkant n meter ysberg in die see rond as jou taal Afrikaans is bly dit Afrikaans . So al imigreer jy bly jy n Suid Afrikaner en as jou taal Afrikaans is tel dit nog steeds

SjN ·

Ek praat slegs Afrikaans en niemand was by my nie, ek is dus nie getel nie!

Henry ·

ek dink die groot rede dat afrikaanse taal gedaal het is oor die baie afrikaners wat die land verlaat het

Marius ·

Natuurlik sal die syfer val agv al die Afrikaanse mense wat uit die land trek en die hoeveelheid ander tale wat net meer en meer word.
Hallo , kom by nie almal is 30% nie.

Cindy ·

Ek dink nie die hoeveelheid mense wat Afrikaans praat het gedaal nie. Ek dink eerder die hoeveelheid mense wat ander tale praat het toegeneem.

Kirst ·

Ek stem saam. Dis ‘n persentasie van die totaal, nie ‘n aantal nie. Dieselfde met die persentasie blankes wat afgeneem het.

57 Chevy ·

Siestog …..ek voel vere wat StatsSa te sê het . Ek praat Afrikaans en is trots daar op . Kamstig n afwaartse telling in Afrikaanse Taal pppffff !

Republikein in die Wes Kaap ·

Solank daar baie babatjies gebore word is die saak reg.

Friedrich ·

Dalk is daar minder mense wat Afrikaans praat, omdat baie van hulle uit die land getrek het. Dalk moet julle n artikkel daaroor doen, en onder andere die ouens wat tasse ‘wrap’ by lughawens vra, hoeveel gesinne se tasse hulle in n week se tyd ‘wrap’. Toe ons vriende gaan afsien het wat Ierland toe geïmmigreer het, het die ou vir my gesê dis al die 5e gesin daai week (en dit was n Dinsdag), so daai stattestiek is nutteloos.

Daizee ·

Ek neem aan dié mense wat in die akkuraatheid van ons sensus opnames glo is troue navolgers van die Tannemuis en Kersvader en o ja, en ook die Paashaas!!

Fritz ·

Onthou al die veranderinge word as % uitgedruk. Bevolking groei met 20% waarvan baie min Afrikaners is en dus sal die % Afrikaanssprekende mense afneem.

Daisy ·

Wanneer en waar en hoe is sensus gedoen?
Hoeveel mense het wel deelgeneem (getel) en hoeveel nie?

piet ·

Dis wel so dat baie (meeste) mense in Engels kommunikeer as besigheidstaal. Selfs by die supermark sal ‘n Afrikaanssprekende persoon heel waarskynlik Engels praat (selfs met ‘n ander Afrikaanssprekende).

Martin ·

Wel sien nie n ander taal wat moet worstel teen aanvale deur n kriminele regeering nie.

annie ·

Hoe het hul tot daai slotsom gekom. Het hul met jou Engels gepraat tydens die sensusopname en geweier om Afrikaans terug te praat en jou toe gedwing om in Engels te antwoord? Wat van die duisende Afrikaanssprekendes wat nooit tydens die opname genader is nie. Was hulle toe as Engelse spoke bygereken?

Saartjievandiebosveld ·

Wonder maar net hoe het hulle getel…niemand was baby my bly plek gewees nie…ons is 17 mense….nou hoe

Vriendelike Frikkie ·

Hoeveel het die taal wat die Zimbabwiërs praat gegroei?

KB ·

En (baie belangrik!) praat Afrikaans dan net suiwer en respekteer jou taal.

trotsNAMSA ·

Meer Afrikaanssprekendes praat nou Engels. Engels is tog so ‘n spoggerige taal vir Afrika. Skoolkinders loop by my huis verby, swart /wit/Khoisan, dan gesels hulle in Engels. Een Xhosa dametjie vertel dat sy net Engels praat, ook by haar huis. In die Wes-Kaap praat die Khoisan ook lekker Engels op hul manier en voel hulle is beter daaraan toe as om Afrikaans te praat. Afrikaans is my moedertaal en ek praat dit altyd tot ek agterkom ek praat met iemand van ‘n ander land. Almal in SA kan Engels en Afrikaanse praat. Al sê sekere SA’ners hulle kan nie.

Marilize ·

Ek het met die sensus, die mense in die straat geroep om my gesinnetjie te tel…. Maar hulle het nooit by ons opgedaag nie. Hoeveel ander is “gemis”?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.