Ses beseer in treinongeluk in Noordwes

(Foto: ER24)

Ses mense het ligte beserings opgedoen toe ’n passasierstrein en ’n vragtrein Saterdag vroegoggend op ’n treinspoor naby die R502 buite Leeudoringstad in Noordwes gebots het.

Ross Campbell, woordvoerder van ER24, sê paramedici het omstreeks 05:21 met hul aankoms op die toneel verskeie ontspoorde steenkoolwaens aangetref. Die passasierstrein se enjin was in dié stadium aan die brand.

Min passasiers was aan boord van dié trein ten tyde van die botsing.

(Foto: ER24)

Ses pasiënte is op die toneel vir ligte beserings behandel waarna twee mans, vermoedelik in hul 30’s, na ’n private hospitaal in Klerksdorp vervoer is. Die oorblywende pasiënte het vervoer na ’n hospitaal op die toneel van die hand gewys.

Die omstandighede rakende die botsing is nie in dié stadium duidelik nie.

Die toepaslike owerhede was wel vanoggend op die toneel om ondersoek in te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Andre ·

Het elke jaar gereis met trein na my vakansiebestemming, was my Beste tye, maar het in 2004 my laaste rit onderneem want toe het wiele al begin afkom.

Paul ·

Het die manne dan nie met groot gejuig n paar weke gelede aangekondig die trèin is terug in besigheid was mos lank buite aksie na verskeie ongelukke in die verlede.Nou wat nou ?

Sobymykoolkop ·

Dit is nie steenkool trokke nie maar wel leë mangaan trokke. Daar is nie meer sinjale wat daar werk nie so dis net magtigings waarop van stasie na stasie gery word, geen maar geen instandhouding nie, ek WEET. Kundige sinjaal tegnikuste lankal vertrek.

Cherokee ·

Van Schoor? Word die sisteem steeds gebruik? Tablet sisteem.

Sobymykoolkop ·

Nee glad nie, daai betrokke stelsel deur die trackwarrant stelsel vervang. Gvb ( gesentraliseerde verkeers beheer) stelsel is daar in werking. Sinjale en magtigings word op daai betrokke trajek deur klerksdorp treinverkeerbeampte gedoen. Soos ek sê, geen sinjale werk meer daar nie. Die drywer van die voorste trein moes eers die versekering aan die tba gee dat sy trein volledig binne die stasie aangekom het voordat die drywer van die agterste trein gemagtig mag word. Die voorval het in die trajek nog oppad na n stasie plaasgevind.

Cherokee ·

Dankie vir die verduideliking. En soos jy sê, die treinbeheerbeampte het ‘n paar vrae om te beantwoord.

Baardman ·

Taxidrywers sonder werk het nou seker treindrywers geword

Blomme ·

Ai…. Die landjie sukkel maar om iets met sukses aan te pak!

Die Wolf ·

Om koste te bespaar word twee treine op die spoor toegelaat . Het vergeet dat tweerigting verkeer toegepas moet word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.