Ses betrap met gesteelde spoorlyn

Foto: SAPD Gauteng

Ses verdagtes, tussen 30 en 65 jaar oud, is Dinsdag in hegtenis geneem op aanklag van die besit van vermoedelik gesteelde eiendom en dwarsboming van die gereg.

“Die polisiebeamptes was op ʼn roetine-misdaadvoorkomingspatrollie toe hulle ʼn vragmotor agterdog gewek het,” het kapt. Van Wyk, woordvoerder van die polisie in Gauteng, gesê. “ʼn Soektog is uitgevoer en beamptes het beslag gelê op ʼn groot vrag spoorlyn in die vragmotor.”

Die voorlopige ondersoek onthul die verdagtes het ook ʼn besending spoorlyn wat hulle by ʼn skrootwerfhandelaar sou aflewer.

Die waarde van die spoorlyn, wat aan Prasa behoort, beloop sowat R1 miljoen.

Die ses verdagtes is in hegtenis geneem en sal na verwagting binnekort in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Harley Davidson ·

Wys jou net wat gebeur as ‘n polisie man net sy werk doen al is dit hoogs waarskynlik dat hy dit uit verveeldheid gedoen het maar duimpie op vir jou.

Dries ·

Alles die regering se skuld. Skrootwerwe wat gevang word met koper jabels en spore behoort summier toe gemaak te word. Hulle is die grootste oorsaak van al die plundery

Pablo ·

Will never stop because the authorities that should do so is disfunctional to say the least.

Nie Verbaas ·

Arrestasies, borgtog en gaan aan waar hulle opgehou het of verdwyn. Dit is mos hoe ons ou regstelsel werk.

Hasie ·

Hul moet dokter toe dan word hul vrygelaat … Maklik net om soos normaal weg aan te gaan .

Kokerboom ·

Quo VADIS SA????Ons is vinnig oppad na ‘n woes en leë land

Kokerboom ·

Die arme miere kan nie meer voorbly, die springkane verwoes alles teen ‘n hoë spoed!

Anoniem ·

Diefstal word gepleeg ter wille van oorlewing. Dis ń aksie wat direk toeskryfbaar is aan depressie, wat veroorsaak word deur ń inwoner van Suid Afrika te wees. Gee asseblief hierdie mense die regte hulp wat hulle benodig om funksionele burgers te word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.