Ses mense is dood en agt ander kritiek beseer nadat die bestuurder van ’n Toyota Quantum-minibustaxi Saterdag beheer oor die taxi op die R521 in die Capricorn-distrik in Limpopo verloor het en die voertuig omgeslaan het.
Mike Maringa, woordvoerder van die departement van vervoer in Limpopo, sê ’n meganiese fout was moontlik die oorsaak van die ongeluk.
Die beseerdes is almal ná die voorval na die Helen Franz-hospitaal in Bochum vervoer vir mediese behandeling.
Mavhungu Lerule-Ramakhanya, LUR vir vervoer en gemeenskapsveiligheid, doen ’n beroep op motoriste om die toestand van hul voertuie na te gaan voordat hulle na hul bestemmings vertrek.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
6 Kommentare
Seker die brieke gewees as mens dadelik aan ‘n taxi dink…
SA se sterfte gevalle sal nou begin klim, soos elke jaar…..en nie net Taxi’s….. Tragies.
Sterkte aan die manne en vroue op diens, gedurende die seisoen…..
‘Meganiese fout’ beteken dit van die binddraad wat die goed bymekaar hou het gesnap, of die hardbord briekblokkies het uitgefoeter?
Hoeveel van die taxi’s is regtig padwaardig?
kan maar net kopskud ……????
Tzxis word mos verskoon vsn wetlike vereistes