Ses met sakke dagga betrap

(Foto: SAPD Limpopo)

Die polisie in Limpopo het ses verdagtes, tussen 26 en 44 jaar, Maandagaand in hegtenis geneem ná hulle glo betrap is dat hulle sakke dagga op die R36 in die Sekhukhune-distrik vervoer het.

“Beamptes was besig met operasie #NationalShutdown, onder leiding van stasiebevelvoerder kapt. Mashile, toe hulle twee verdagte motors omstreeks 18:00 voorgekeer het,” sê kol. Malesela Ledwaba, woordvoerder van die polisie.

Ses mans het in die twee voertuie, ʼn wit Toyota Avanza met ʼn sleepwa en ʼn gryskleurige Honda, gery. Die sakke dagga is op die sleepwa vervoer. Ander sakke was op die dak van die Avanza vasgemaak.

“Die ses mans is dadelik in hegtenis geneem en die twee voertuie en sakke dagga is gekonfiskeer.”

Lt.genl. Thembi Hadebe, provinsiale polisiekommissaris, het die beamptes vir hul goeie werk geloof.

Die verdagtes sal Woensdag in die Leboeng-landdroshof verskyn op aanklag van die besit en handeldryf met dagga.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.