Sesjarige steek motor aan die brand

(Foto: Reaction Unit South Africa)

ʼn Mercedes Benz-sportnutsvoertuig het Donderdagmiddag in Waterloo, KwaZulu-Natal, uitgebrand.

ʼn Inwoner het Reaction Unit South Africa (Rusa) omstreeks 15:30 gekontak en hulp ontbied. Die voertuig het in ligte laaie gestaan toe Rusa-beamptes by die toneel opgedaag het.

“Volgens die eienaar het die voertuig meganiese probleme ondervind en het parkeer gestaan in die erf in Pricklepearweg. Haar sesjarige seun het in die voertuig gespeel toe ʼn brand uitgebreek het. Hy het erken dat hy vuurhoutjies gebruik het om die voertuig aan die brand te steek.”

Brandbestryders het kort daarna by die toneel opgedaag en die brand geblus.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.