In dié week se nuus uit Hollywood is Kelly Clarkson op pad Olimpiese Spele toe, en Eva Longoria wen ʼn gesogte prys ter waarde van $50 miljoen.
Lees meerAlles vir Saterdag 16 Maart 2024
Sesnasies: Italië laat Wallis bloos
Italië het die kragmeting oorheers en het verdien om maklik te wen om sy beste seisoen nog in die Sesnasies te kroon.
Geliefde aktrise Julie Strijdom oorlede
“Sy was vreeslik lief vir mense en het graag gesels. Sy kon so lekker lag.”
Rotte is ‘hoog’ ná hulle dagga in polisiekantoor vreet
“Die rotte vreet ons marijuana. Hulle is almal hoog.”
Musiekblyspel uit Coenie, Deon se pen maak buiging by KKNK
Anrich Herbst vertolk die hoofrol in dié nuwe Afrikaanse produksie.
DA wil rampondersteuning vir Vrystaat-landbou verseker
“Ons boere bly nasionale bates wat kos produseer en voedselsekerheid verseker aan ons land in uiters negatiewe omstandighede. Die DA sal bly veg om seker te maak dat die landboubedryf en voedselsekerheid te alle koste beskerm word en dat boere die nodige ondersteun ontvang.”
Ywerige erfenisversamelaar skenk skat aan Voortrekkermonument
’n Kosbare item is in die veilige hande van die Voortrekkermonument (VTM) toevertrou deur ’n ywerige versamelaar, Ben van Niekerk.
Jong Stadsboer Veldskool: Laaste kans om in te skryf
Indien jou kind ʼn passie vir die natuur het, liefde vir boerdery aanvoel, energiek is, en sodoende hom-/haarself wil uitleef in die buitelug met al die avonture, sal dié veldskool definitief vir hulle wees.
Brown wil Bok-drieë sien
“Ek het nog altyd die Springbokke se benadering tot rugby bewonder,” het die Kiwi Tony Brown, Suid-Afrika se nuwe aanvalsafrigter, gesê.
Immergroen Ruan sê hy is amper klaar met rugby
Wanneer dit op die veld saak maak, kan ʼn span altyd op Ruan Pienaar se knoppie druk. Hy is maar net so ʼn speler.
Twee sal sit oor konstabel se moord
Konstabel Kananelo Mokgothu (22) het verskeie skietwonde opgedoen tydens die voorval.
Sesjarige steek motor aan die brand
Die vrou se sesjarige seun het in die voertuig gespeel toe ʼn brand uitgebreek het. Hy het erken dat hy vuurhoutjies gebruik het om die voertuig aan die brand te steek.
Passasiers op bus in KZN geskiet
ʼn 52-jarige vrou is dood en nog drie beseer toe onbekende mans in ʼn bus in Newlands East, KwaZulu-Natal, op hulle losgebrand het.
Sakkari en Swiatek kruis eindstrydrakette
“Skaars ʼn maand gelede was ek in Abu Dhabi waar ek kwalik die bal oor die net kon slaan, nou speel ek in die eindstryd van een van die grootste toernooie.”
Godongwana kondig verhoging in R350-toelaag aan
Dit verteenwoordig ʼn verhoging van sowat 5,7%.
12 jaar later is polisiestasie nog nie gebou nie
Die enigste polisiestasie in Vuwani is nog steeds nie afgehandel nie, 12 jaar ná konstruksiewerk begin het.
#Dorplitiek: Sterk gemeenskap hou Oos-Vrystaat staande
In die Mafube-munisipaliteit in die Oos-Vrystaat gaan dit beroerd. Daarom moet inwoners nou red wat daar te redde is, en wil hulle graag onafhanklik van die staat funksioneer.
Jonges boer vir die toekoms
“Die Jongboer-konferensie dien as ʼn platform vir opkomende landbouleiers om idees uit te ruil, waardevolle insigte te verkry, en om te mik na ʼn meer volhoubare en voorspoedige toekoms.”
Kyk: Ou ysters slyp jong ysters by Ambagfees
Solidariteit Ambagnetwerk dien as ʼn vertoonvenster en ʼn viering van beroepe in die ambagsveld.
Elektrisiteitswetgewing: Regering neig na regte rigting
“Ons sien nou vir die eerste keer ‘n gestruktureerde beweging deur die regering weg van alewige regeringsmonopolieë in die energiesektor. Dit baan die weg vir die private en gemeenskapsektor om ons energiekrisis aan te pak.”