Godongwana kondig verhoging in R350-toelaag aan

Enoch Godongwana, minister van finansies (Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

Die noodtoelaag wat gedurende die Covid-19-pandemie ingestel is, ook bekend as die R350-toelaag, sal vanaf 1April tot R370 per maand verhoog.

Dit verteenwoordig ʼn verhoging van sowat 5,7%.

Enoch Godongwana, minister van finansies, het die aankondiging Donderdag in die Nasionale Vergadering gemaak.

Godongwana sê dit is “deel van die progressiewe realisering van basiese menseregte”.

Hy het ook aangekondig dat maatskaplike toelaes deur die loop van 2024 verhoog gaan word. Dit sluit in ʼn R100-verhoging in die toelaag vir oumense, oorlogsveterane, diegene met gestremdhede en diegene wat van sorg afhanklik is. Die verhoging sal geleidelik plaasvind met ʼn verhoging van R90 in April en R10 in Oktober.

Hy het ook ʼn verhoging van R50 aangekondig in die toelaag vir pleegouers en R20 vir kinderondersteuning.

“Ons is sensitief tot die styging in lewenskoste van die nagenoeg 19 miljoen Suid-Afrikaners wat op dié toelaes staat maak. Ons het alles in ons vermoë gedoen binne dit wat die fiskale koevert ons toelaat.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Dalene ·

Hoe lank gaan die nonsens nou nog aanhou. Dis hoekom mense nie uit hulle omstandighede gaan kom nie.

trotsNAMSA ·

Stem saam, gesels nou die dag met 18 jarige. Sy is al by baba 4 om toelae te ontvang.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.