Passasiers op bus in KZN geskiet

(Foto: ALS Paramedics/Facebook)

ʼn 52-jarige vrou is dood en nog drie beseer toe onbekende mans in ʼn bus in Newlands East, KwaZulu-Natal, op hulle losgebrand het.

Lt.kol. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, het gesê die bus het Woensdag in Newlands Westrylaan gery toe die skietery plaasgevind het.

“Volgens paramedici het die passasiers in ʼn privaat bus gery toe skieters op hulle losgebrand het. Drie passasiers is beseer. ʼn 52-jarige vrou het noodlottige beserings opgedoen. Sy is op die toneel dood verklaar. Twee ander slagoffers is na ʼn hospitaal geneem.”

Die bus het pendelaars van Durban se middestad na Hill Grove vervoer.

Die polisie versoek enige ooggetuies om na vore te kom met inligting oor die voorval. Alle inligting sal vertroulik hanteer word.

Enigiemand met inligting kan ao. Basha kontak by 082 582 3672 of Crime Stop by 08600 10111.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Di ·

Wonder net wat hulle doel was om onskuldige mense te skiet? Lyk my sekere mense se koppe los hulle in die land.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.