ʼn 42-jarige man is in hegtenis geneem in verband met dwelmhandel aan minderjarige kinders in Bloemfontein.
Alles vir Saterdag 16 Maart 2024
Lewenslank vir man wat polisiebeampte vermoor
Hy het ʼn 57-jarige adjudant-offisier vermoor en toe uit die polisieselle ontsnap.
Hof hoor saak aan oor aanklaer in Zuma-saak
Die KwaZulu-Natalse hooggeregshof in Pietermaritzburg sal vandeesweek die saak aanhoor in Jacob Zuma se aansoek om adv. Billy Downer as sy staatsaanklaer te verwyder.
Radio-omroeper verdink van Bitcoin-slenter
“Luisteraars het die sessie bygewoon en brosjures is aan hulle uitgedeel waarop die verskillende pakkette uiteengesit is. Die persone het in die slenter geglo omdat Sebasa Mogale ʼn radio-omroeper is.”
Gholf: Clark en jong Venter in die kollig
Die kollig was veronderstel om helder te skyn op die twee voorste spelers op die wêreld-gholfranglys, Scottie Scheffler en Rory McIlroy in die tweede ronde van die Spelerskampioenskap, maar toe stap Wyndham Clark daarmee weg. Op Royal Cape in Kaapstad het die 19-jarige Gabrielle Venter die Suid-Afrikaanse Ope vir vroue ook voor die ervare 37-jarie Kylie Henry van Skotland weggeraap.
Bolt-bestuurder gevonnis ná rits verkragtings
“Hulle het onmeetbare pyn deurgemaak. Ons hoop dat hulle egter berusting sal vind dat hul oortreder uit die samelewing verwyder is.”
Vat so beurtkrag! Sonkrag verlig nou dié dorpe
Vier dorpies in die Oos-Vrystaat is bitter naby daaraan om geheel en al sonder beurtkrag te wees, danksy samewerking tussen die gemeenskap en die private energieverspreider Rural Free State.
Seun sterf ná munisipale beampte hom omry, vlug
ʼn Sakeman van Mpumalanga is vasberade dat geregtigheid vir sy 18-jarige seun geskied, nadat ʼn munisipale werker hom glo tydens ʼn tref-en-trapvoorval doodgery het.
Gedagte vir die dag: Ek is gewond
“Die Here julle God is genadig en barmhartig. Hy sal nie afsydig staan as julle na hom toe terugkom nie.” (2 Kronieke 30:9)