Seun (13) se gesig glo deur boelie vergruis

Corné Geyer het erge beserings aan sy gesig opgedoen. Foto: Facebook

Corné Geyer het erge beserings aan sy gesig opgedoen. Foto: Facebook

ʼn 13-jarige leerder by die Laerskool Parow-Wes in die Wes-Kaap sal ʼn operasie moet ondergaan om ʼn vergruisde wangbeen en ander beserings te herstel nadat hy glo deur ʼn mede-leerder by die skool aangerand is.

Corné Geyer (13) is verlede Donderdag glo deur ʼn gr. 7-leerder by die skool aangerand. Volgens Eben Klue, die Geyer-gesin se regsverteenwoordiger, het Corné veelvuldige beserings aan sy gesig opgedoen en is hy Dinsdag weer in die Tygerberg-hospitaal ondersoek.

“Soos ek van sy ouers verstaan het hulle besluit om die beplande operasie uit te stel omdat daar nog heelwat swelling is. Die wangbeen onder sy regteroog is vergruis en hy sukkel om uit die oog te sien. Hy lyk maar baie sleg,” het Klue gesê.

Klue het gesê die aanranding was na bewering nie ʼn geïsoleerde geval nie, aangesien die aanrander na bewering al ʼn geruime tyd vir Corné teister. Corné se ouers het glo ook voorheen die probleem by die skool aangemeld, maar die boeliegedrag het net voortgegaan. Daar word ook beweer dat die aanrander in die verlede ook ʼn ander leerder aangerand het.

“Daar sal beslis ʼn siviele saak teen die aanrander ingestel word en ons ondersoek die meriete om moontlik stappe teen die skool en die departement van onderwys ook te doen,” het Klue gesê. “Ek sal môre en Vrydag verklarings van ooggetuies afneem om die presiese feite rondom die saak vas te stel en dan sal ek in ʼn beter posisie wees om die ouers te adviseer.”

Corné Geyer voor die aanranding. Foto: Facebook

Corné Geyer voor die aanranding. Foto: Facebook

Jessica Shelver, woordvoerder van die LUR van onderwys, het bevestig die beweerde aanrander is intussen geskors hangende ʼn tugverhoor wat volgende week sal plaasvind.

“Ons is baie bekommerd oor die gewelddadige en aggressiewe aard van die beweerde voorval. Daar is geen plek vir boeliegedrag in ons skole nie,” het sy gesê. Sy het ook gesê berading en ondersteuning sal aan Geyer verleen word.

“Die Wes-Kaapse departement van onderwys gee opleiding en ondersteuning aan skole om hulle te help om boelie-probleme te hanteer. Skole hanteer boelie-gedrag in ooreenstemming met hul gedragskodes en sal op gepaste wyse ingryp om slagoffers te ondersteun en die gedrag van boelies te verander. Die departement se vertrekpunt is dat boelie-gedrag dieper persoonlike probleme reflekteer wat op gepaste wyse aandag moet kry.”

Volgens Klue is dit nog nie duidelik wanneer Corné sal terugkeer skool toe nie. “Dit is ʼn sielkundige oorweging. Corné het gister berading ontvang, maar hy is in dié stadium nog glad nie lekker ná wat gebeur het nie. Ek dink nie hy is al reg om terug te gaan nie. Ons glo dat hy mettertyd genoegsaam sal herstel om sy skoolloopbaan te hervat, maar of dit by dieselfde skool sal wees, weet ons nog nie.”

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het bevestig ʼn saak van aanranding met die doel om ernstig te beseer word deur die polisie ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

93 Kommentare

Tanya ·

Daardie boelie moet vir ‘n week lank na C-Max in Pretoria toe gaan. Daar saam met die harde baard manne tyd spandeer. Skandelik dat kinders so optree.

Theo Baumann ·

Ek stem, maar hy moet ook nie OOIT weer toegelaat word in die publieke stelsel nie. Duidelik het hy groot probleme tuis en kan hy dus tuisonderrig ontvang…..

m ·

Kinders van vandag is so opgewerk en wil alles met hulle vuiste regmaak. Ek hoop daai boelie word uit die skool gegooi. Boelies in skole is n groot probleem.

Vic ·

Daar was nog altyd boelies, daar sal altyd boelies wees. Boelies word gevrees en admireer. Kyk maar vir Trump. Daar word selde iets aan gedoen, gewoonlik is die slagoffer die een wat moet padgee.

Mark ·

Sterkte familie. Feite is dat die wiel draai. In my lewe gesien dat boelies altyd een te veel vat en eindig met letsels wat nie genees.

Ella ·

Hoekom is daar nie streng opgetree na die heel eerste keer wat die slagoffer geboelie is nie? Voorsorg is tog beter…of moet iemand eers doodgemaak word?

Willem ·

Skole vat dit nie ernstig genoeg op as ouers kla oor boelies nie.

rose red ·

Dis waar dat hulle nie klagtes van ouers ernstig opneem nie. My oudste seun was ook in n skool in die wes kaap waar daar baie boelies in die skool is. Toe ons kla by sy juffrou het sy net haar skouers opgetrek en niks aan die probleem gedoen net gese ons sukkel maar met die kind. Hulle wag eers dat iets erg. Gebeur voor hulle die hande ontvou en iets doen. Pateties verby die onderwys departement.

Was n Onnie ·

Want die skole kan nie eintlik skirs of pakslae gee ens nie DIS TEEN DIE WET. Die boelie se ouers kan die skool onderwys departement toe vat… Unfair ek weet, maar dis hoe dit werk. En gli my ouers van alle kinders spring baie vinnig op hul perdjies as hul dink hul bloetjie word benadeel.

asmain ·

Ek weet van n Laerskool in Kempton Park waar 2 boelies se ma’s beide onderwyseresse by die skool is en die hoof beskerm net die heeltyd die boelies ten spyte van verskeie klagtes deur ouers. Van die ouers het, as laaste uitweg, hulle kinders eenvoudig uit die skool gehaal en in ander skole gesit. Dikwels is die boelies ook die “sporthelde” en die skool wil nie die “talent” verloor nie en dink deur n volstruis houding sal die probleem verdwyn – of die ouers van die kinders wat geboelie word, haal hulle eenvoudig net uit die skool.

Liza ·

asmain, jy vat die woorde uit my mond uit! Dit is presies dit, kinders wat presteer in sport en/of wie se ouers die bankrekening ‘n hupstoot gee of allerande goed borg se kinders in “untouchable” Het dit telkemale al beleef!

Anne ·

Ek stem saam Willem, lees maar wat Was’n onnie skryf “die ouers spring mos te gou op hulle perdjies” Ouers is daar om vir hulle kinders op te staan dis tyd dat die onderwysers daaroor kom en besef dis hoe dit en en dit gaan nie verander nie.Dalk moes die onderwysers iets gedoen het dan sou die kind nie so aangerand gewees het nie !!!!

Mariette Hammann ·

Waarom wag die skool tot ‘n kind so lyk voordat hulle stappe wil neem? As hulle die boelie vroeër geskors het, sou hierdie kind nie nou so gelyk het nie. Die skoolhoof moet verantwoordelikheid neem hiervoor.

Lizelda ·

Ella, ek is baie eerlik EN jammer om dit te se maar die skole beskerm die boelies!! Het self 2 kinders op skool gehad wat erg geboelie was, my seun so erg dat ek hom uit die skool gehaal het en hy doen nou tuisonderrig.(wens ek het dit vroeer gedoen) Is dit die antwoord? Maak dit hom n swakkeling? Nee, maar as ouer kon ek nie meer toekyk hoe my seun so geboelie word dat hy snags nie kan slaap en oggende al wat n verskoning het om nie skool toe te gaan nie. Skole wil dit altyd regverdig deur te se die boelie het goor huishoudelike omstandighede gee nie om oor wat dit aan die slagoffer en sy gesin doen nie.

Arie ·

Hierdie is nie n oppervlakkige probleem nie.
Vir n kind om SOVEEL OPGEKROPTE WOEDE.te ervaar om oor te gaan tot sulke geweldadige optrede beteken daar is regtig iets ernstig verkeerd in sy agtergrond/tuis.
Oormatige geweld teenoor hom of iemand wat hy liefhet kan die woede in hom laat opkrop om dan so tot uiting te kom.
Nietemin is hy n gevaar vir ander kinders en daar MOET opgetree word om herhaling te voorkom.

Willem ·

Nie altyd nie – die pa by die huis is ook seker ‘n aggressiewe bullebak wat alles met sy vuise wil regmaak, nou is boetie sommer ook so. Kyk maar hoe aggressief mense op die paaie is in SA. Ek bly in Pretoria, en as mens die padwoede sien – spesifiek wit Afrikaners – dan is ek glad nie verbaas as kinders uitdraai om ander te boelie nie.

Leeutjie ·

Ek stem Arie. Hierdie (boelie)kind het ‘n groot probleem! Om een of ander rede kry ek hom net so jammer want hierdie woede is nie normaal nie! Ek hoop hierdie kind kry hulp en dat daar iemand is wat intens ondersoek sal doen in hierdie (boelie) kind se omstandighede!

Fred ·

Dit help nie om teen die boelie op te tree nie. Daar moet stappe teen sy ouers geneem word.
Dissipline en opvoeding begin by die huis. As die ouers nie bevoegd is om hulle kind op te voed nie moet aksie teen hulle geneem word

Jean ·

En dan betaal die pappie R10 000 en dan neuk sy kind weer ‘n volgende kind more in die hospitaal in? Wat se redenasie is dit? Dat daar NIKS aan die boelie gedoen moet word nie? Soms is daar ‘n enkelouer, ‘n ma wat nie beheer oor die kind kan uitoefen nie, en ook nie die geld het om vir siviele eise te betaal nie .. wat dan? Die boelie moet GESKORS word, dit is wat moet gebeur. Hy kort eintlik’n helse loesing, maar volgens wet mag mens nie meer aan hulle raak nie. Vorige jare was daar nywerheidskole of verbeteringskole waarheen hierdie skarmunkels gestuur is, hulle hoort nie tussen ordentlike opgevoede kinders nie. Laat hulle tussen hulle eie soort gaan baklei, en kyk hoe braaf is hulle dan.

Vic ·

Nee wat, dit was die laer klas kinders wat in verbetereringskole beland het. Boelies uit gegoede huise kom niks oor nie, die ouers is gewoonlik ook boelies.

bekommerd ·

My seun was ook in slagoffer van i boelie. Ongelukkig nie net van i matriek seun nie maar ook van die skoolhoof. Gelukkig is hy nou klaar met skool. Hy het daar deur gekom en sterker anderkant uitgekom
Hy het ook altyd opgekom vir die wat hy gesien het verontreg word. Dit het hom help om gebalanseerd te bly. Het sy negatiewe ondervinding op skool gebruik as positiewe motivering. Sterkte aan die ouers van daardie seun.

Henda ·

Fred, ek stem 100% met jou saam alles begin tuis by die ouers se opvoeding. Baie ouers stuur kinders skool toe en was hulle hande in onskuld oor enige iets want die skool moes mos maar gekyk het. Pakslae mag ook nie meer gegee word nie want almal het mos nou regte . Daar is niks soos ‘n goeie pak slae op sy tyd om ‘n stout kind se ore oop te maak nie. Vandag se kinders het te lekker, dit is omdat hulle nie besig gehou word nie dat hulle so hand uitruk. In ons dae het ons take gehad om te doen by die huis en bewaar jou siel as jy nie jou kant gebring het nie. Tweedens berading is seker ‘n goeie ding maar dit gaan nog nie die probleem omlos nie.

Cara ·

Ai, dis so hartseer dat die skole net niks doen as dit gerapporteer word nie. Hier in Pretoria was ek ookal n paar keer by n skool wat my seun boelie en die hoof het net gese hy kan niks doen nie. hoe verstaan jy dit? Die ouers van die boelie word ook nie eers laat weet nie en ons moet dit net aanvaar. En dan word my kind deur die onderwyers uitgehaal omdat hy kom kla oor n boelie by die skool. Weet ook nie meer wat om te doen nie. Sterkte aan die seun en sy familie. Hoop hul kry al die ondersteuning. Hoop die seun herstel gou.

Anti-Bully ·

Ons het geleer dat na vele e-pos klagtes en afsprake by die Skoolhoof en om die regte kanale te volg geen doel dien nie. Daar word bitter weinig aandag aan jou klagtes gegee, maar moet asseblief tog nie jou kind adviseer om terug te baklei nie, want dan bel die skool jou vinnig en vertel jou hoe ernstig dit is. Die Boelie mag baklei, maar daar mag nie terug baklei word nie. Na amper ‘n jaar het ons uiteindelik die ander party se ouers by die skool gekry om die aangeleentheid te bespreek en ‘n oplossing te kry – wat ‘n absolute fiasko! Ek het die skool na ons prokureur verwys en ons het ‘n klag by die Polisie gelê.

Ook 'n ouer ·

Ken die gevoel, die skoolhoofde en onderwysers doen NIKS aan klagtes nie. Jou seun word as ‘n ‘sissie’ gebrandmerk as hy durf waag om te kla. Daar word geen stappe teen boelies geneem nie, dit is of ‘n baie belangrike pappie se seuntjie wat baie geld vir die skool skenk, of sy pa is ‘n prokureur en niemand mag aan hom raak nie, om nie eers te praat daarvan as die seun anderskleurig is wat se rasseherrie dit gaan afgee nie, so die SKOOL BLY STIL en distansieer hom van die probleem. Gewoonlik se hulle hulle is nie verantwoordelik vir wat ‘n kind in sy ‘ vrye tyd’ doen nie, maar dit gebeur in die badkamers en op die speelgronde, stel dan ‘n SEKURITEITSWAG aan as jy te sleg is om na die kinders om te sien, of as jou TEE in die TEEKAMER belangriker is as jou kinders se veiligheid. Ek het ook ‘n paar stelle afgetrap met onderwysers (en my kind was baie voorbeeldig en intelligent) glad nie ‘n moeilikheidmaker nie, maar ook deur ander afgekraak. Behalwe BAIE sarkastiese op en aanmerkings en later ‘n verwysing na jou as OUER se opvoeding, kom jy nerens nie, al is jou kind nie die skuldige een nie. Polisie en prokureurs is al wat die SKOLE en boelies laat LUISTER!

Ronel ·

Ek stem saam met julle. Skole tree glad nie op teen daai tipe kind nie. My oudste was self geboelie deur ‘n ander seun. Tot op die punt waar my seun sy dinges gewip het en die kind vasgevat het. En raai wat? Een hou. Net een hou en daai kind was op die grond.Ek praat glad nie geweld goed nie, verstaan my mooi, maar ek was bitter trots op my seun dat hy DIT kon doen. Vandag vermy daai boelie my kind. Hy kan hom nie eers in die oë kyk nie!!
Ek het male sonder tal die skoolhoof genader oor die probleem en julle kan raai wie was heel eerste om my te skakel die dag toe die “geveg” plaasgevind het. Jip, die lamsakkige hoof. Dis ‘n baie bekende laerskool in Kroonstad….

Mauzi ·

Dit maak my woedend! Ekt geen geen simpatie met daai boelie nie. Ek glo nie hy besef die gevolge hiervan nie,en hy sal dit vir die res van sy lewe met hom saam dra. Ja tot die dag as jy in hierdie land van ons waar werk skaars is met n kriminele rekord werk gaan soek,sal dit jou volg. Hoop die slagoffer herstel fisies en emosioneel spoedig.

willis ·

Maar hoekom?????
Ek sal dit nie op ‘n wettige manier kan hanteer nie

Jane ·

Sluit die boelie toe. Dit is nie ‘n kwessie van oorbeskermend wees of oppiep nie, hierdie kind se gesig is VERGRUIS. Die boelie hoort in die tronk. Dit is AANRANDING met die doel om ernstig te beseer, beslis nie net om iemand skrik te maak of jou lyf rond te swaai nie. Wat se volwassene gaan hy wees as hy nou al ‘n jong kind so aanrand? Die Departement is gou om met ‘n hele afvaardiging te hardloop as daar moontlike HARE probleme is by skole, maar doen niks aan boelies by skole nie, hulle sit terug en laat dit oor aan “opleiding en ondersteuning”. Vat hulle vas, stel ‘n siviele saak ook teen die ouers in, daar is duidelik ‘n tekortkoming daar as jou kind iemand anders so aanrand. Krimineel moet hy ook beslis vervolg word, dit was nie net ‘n ongeluk of ‘n ligte vuishoutjie nie! Die aanrander teister die kind al ‘n geruime tyd, die skool het die klagtes weer GEIGNOREER, wag mos tot ‘n kind in die hospitaal of dood is voordat daar opgetree word.

Harambe ·

Ek het in die Vrystaat skoolgegaan en op laerskool was daar nou en dan ‘n vuisgeveg. Maar ons het nooit sulke beserings gesien nie.

Deni ·

Nou moet die arme kind skool verloor oor ‘n flippen boelie wat geen maniere het nie. Ek hoop regtig die regte stappe word gevat!

Hendrik ·

En so vernietig ons geslag mekaar.
As ek na al die boodskappe kyk en lees dan wonder ek.
Waar is die christene.
Dis nou n volk wat moet saam staan deur dik en dun.
Gun wonder ons is in die omstandighede wat ons tans is nie.
Daar is n lewende voorbeeld.

Yolandi ·

Hendrik jy sou nou seker die boelie se ou koppie gevryf het en gesê het “nee seun, dis nou nie mooi nie”. Maar wag tot dit jou eie kind is wat so gebreek word, nie net fisies nie, maar geestelik en emosioneel. Dis hoekom mense kwaadraak. ‘n Onskuldige kind word so gebreek. Weet jy wat die nr 1 rede is vir kinder selfmoord? BOELIES!!!! Wie gaan opstaan vir daai kind? Defenitief nie iemand soos jy nie. Sulke slapgatgeit is juis die oorsaak van boelies.

Hannah ·

Hendrik ernstig? Ek is ‘n Christen, en ek sou daai boelie se velle vir hom persoonlik aftrek! Die Bybel sê mos jy mag tugtig. Of hoe sê ek? Ek wens mense wil ophou die CHRISTENE kaart uitpluk… Sonde is sonde. Boelie, moord, leuens… En om Christenskap voor elke deur neer te lê en te maak asof hulle hoog-heilig is, is ook ‘n sonde… Mens noem dit skynheiligheid…

Boelie slagoffer ·

Ek het ‘n getuie wat ingeroep was in vergadering by my werk en getuig het oor ‘n boelie. En raai wat ?Nou word my werks ure verminder en my salaris ook en my skof. En die boelies almal kry lekker. Maar U Here gee die klippe wat die Reuse boelies SAL versplinter.

snoefie ·

in alle waarskynlikheid het die skool die blinde oog gegooi omdat die boelie se ouers die “regte konneksies” het of is. dit is mos die reël by sakke skole.

w ·

Weereens mut govt ok skuld kry. Lyfstraf mosi tulaatbaar. Gn govt sal vi my voorskryf om my kids op te voed ni

zeno ·

(FRED)Hoe weet van julle dat opvoeding en dissiplinne in huis nie reg is nie. Ek ken kinders wat boelies is,maar tuis bly hulle in liefdevolle huise. Lyfstraf moet net weer terruggebring word van klein tot groot op `n beskaafde manier. Die Boelie moet totaal uit die skool verwyder word.
Ons lees die een party se storie,maar wat is die ander party se storie, Maroela Media kan daaroor ook `n berig skryf.

Piet Pompies ·

Die oorsprong van kinders se opvoeding en gedrag, het sy goed of sleg, kom van die huis af. Die huis is onder beheer van pa en ma.
Moet nie ‘n minderjare kind die skuld gee vir sy verkeerde gedrag, dit kom van sy ouerhuis (ouers) af.

Brabus ·

Piet Pompies ;

Ek stem 100 persent saam met jou. Daar is gewoontlik 25 of so kinders in n klas. Die Onnies kan nie na almal om sien nie. Maar van vandag se ouers is te slap om self met eie kinders te deel. Persoolink weet my kind dat as hy homskuldig maak aan sulke gedrag sal hy die gevolge dra en sy straf vat soos toe moes toe ek n kind was. As jy verstaan wat ek bedoel.

foxi ·

SNERT!!!!!!Dit is nie altyd die geval nie. Hulle moet eerder kyk WIE sy maaitjies is.

Lize ·

Sies Siek Skandalig….wat se soort opvoeding het die boelie gehad en skokkendste van als is hy is Gr7….in watse soort grootmens moet hy ontaard??? Nee wat Mnr Boelie jy is die soort wat nie in die samelewing hoort nie!!! Baie teleurgesteld in die skool wat maar soos in baie ander gevalle die klagte ge-ignoreer het….julle het die slagoffer en sy ouers liederlik gefaal!!! Sterkte aan Corne en sy familie!!!

m ·

Wonder net hoekom die hoof so traag is om stappe te neem teen die kind. Is die pa nou weer een van die rykgatte wat geld instoot in die skool en nou is sy kind untouchable of dalk beheerraadslid se kind. Dis mos hoe dit gaan in die skole, sekeres kan maak en breek soos hulle wil want pappie is baie belangrik by die skool.

m ·

Stem saam jou Piet Pompies maar dis net jammer dat kinders moet ly onder sulke onopgevoede kinders se gedrag.

Ronell ·

My seun was geboellie. Toe sê ek vir hom, val op die grond en begin skreeu en gil so hard jy kan. En jy hou aan totdat iemand kom, onderwyser of skoolhoof of wie ookal. Toe word ek gebel en vertel my kind skreeu sonder rede. En net daar het ek toe a goeie aanknopingspunt. En Rohan het elke keer weer en weer gegil….. totdat daar iets aangedoen was. Jippiiieeeee!!!!

Lin ·

As die skool nie dadelik optree teenoor die boelie nie, maak ñ saak teen die karnallie by die polisie.

Ekke ·

Beste M
Ek sal slapelose nagte he as die boelie se ouers op die skool se bestuursliggaam dien. As hy nie eers sy eie kind kan beheer nie, hoe sal hy die skool bestuur.
Sover ek weet kies die ouers die lede wat op die bestuursliggaam dien.
So as so iets gebeur is die ander ouers verantwoordelik daarvoor.

WitBlits ·

Die skool moet aanspreeklik gehou word, want die onus is op die skoolbestuur en die Beheerliggaam om die nodige belydstukke in plek te kry wat boeliery in die skool beheer. Hierdie belydstukke moet slagoffers ‘n meganisme te gee waardeur beskerming gegee word en ook waardeur die skuldiges se gedrag aangespreek en gekorrigeer word!

katryn ·

Baie sterkte Corné, ek glo dat jy nie nou dadelik wil teruggaan skool toe nie. Maar moet nie nie gaan lê nie. Staan op en kyk die lewe in die oë. Jy moet sterker oor jouself voel hierna. Ons almal is aan jou kant. Jy is in ons gebede. Jy moet ‘n sukses maak van jou lewe. Ek hoop die siviele eis is suksesvol en dat die boelie die nodige hulp sal kry dit nooit weer sal doen nie.

Rupert Ashford ·

Interessant dat hier ‘n saak van aanranding met die doel om ernstig te beseer ondersoek word, maar by plaasaanvalle is dit altyd huisroof…

Disselboom ·

Ten eerste simpatie met die slagoffer, wie se persoonlike skade raakgesien word.

‘n Waarneming oor die sentralisering en ver-staatliking van ons onderwys: opvallend dat nie die skoolhoof nie, maar die provinsiale LUR vir Onderwys direk die woord voer oor die saak. Dit druis in teen die begrip van gemeenskapskole en ondermyn die plaaslike hoof se gesag en bestuursvermoë oor sy skool. Dit is ook teenstrydig met Fedsas se beklemtoning van die gesag van beheerliggame, waar daar blykbaar maklik oor die kop van plaaslike bestuur van die skool gegaan word.

M. Mülder ·

Dagvaar daardie skool! Hulle kon hierdie tragedie verhoed het as hulle vroegtydig opgetree het! As kind moes ek pouses in die toilette agter ‘n geslote deur wegkruip vir boelies, dit was een lang uitgerekte nagmerrie en ek het probeer selfmoord pleeg op 16. Ruk daardie skool in die bek, dit is ‘n skreiende skande!

Tinktinkie ·

Ek glo daar is baie skole wat niks doen, maar dis n rowwe veralgemening. Daar is skole hier in Pretoria oos wat boelies vasvat na d eerste klagte. Daar word “gename and shame”. Kameras oral in d skool. Boelies hier is is minimum.

Marisa ·

Dit is soos dit hoort. Ek wonder hoekom dit nie by alle skole so kan wees nie?

Susan ·

Sterkte aan jou ou seun. Jammer dat die Skool en die Departement jou gefaal het. Ek moes my seun ook uit een van die beste skole haal a.g.v. Boelie. Het die saak 2 keer by Departement aanhange gemaak. Dit het soos mis voor die don verdwyn. Maar my kind moes 2 jaar sielkundige behandeling ontvang oor boelie gedrag teenoor hom. Hy is groot saggeaard en dra bril. So Skool het hom glad nie beskerm nie en was ook vreeslik geslaan en gespot. Kan nie eers die video opnames kry waar my kind aangerand is nie. Die kamera het kamtig daai dag nie gewerk nie. Tyd dat die Departement en skole harde teenoor boelies optree.
Sterkte Weet waardeur julle Gaan.

Briesend ·

Ek bewe van kwaad! Volgens ander berigte het die skool nie eers mediese hulp ontbied vir die kind nie. Net die ouer gebel en gesê “kom haal jou kind, hier was ‘n bakleiery” sy pa het sy stukkende kind alleen in n kamertjie kom kry. Dit klink my dis n vieslike skool met ruggraatlose bestuur. Waar is die boelie se ouers? Duidelik het daai kind groot sielkundige probleme. ‘n Gesonde opgevoede kind tree nie so op nie. Hy moet maar sy pak vat.

Hasie ·

Mense moet ophou om hierdie kinders “boelies” te noem en hulle begin noem wat hulle is…KRIMINELE!! En hulle ouers ook! Die ouers van hierdie kinders is nie ‘n ouer se gat werd nie en regtig, jy hoort nie kinders te hê nie want dissipline begin by die HUIS nie die skool nie.

Liza ·

My kind het ‘n kind ‘n vuishou toegedien by die skool ‘n wyle terug, ek was geskok toe sy my in trane bel en se “Mamma ek is jammer ek kon net nie meer nie” My kind moet elke dag hoor dat sy anders is, dat sy dit en dat is…. Sy word elke dag deur ‘n groep dogters geteister geen iemand het aandag gegee nie, tot die dag dat sy vastrap en die kind slaan, dadelik is ek gebel deur die skool wat nie na my wou luister nie. My kind het haar straf gevat, maar glo my niemand sukkel meer met haar nie…. Boelies wat met woorde slaan is BAIE erg, daar is geen fisiese merke nie net kinders wat depressief raak en nie meer wil lewe nie….

JJ ·

Sterkte seun. Ons het dieselfde geval gehad met boelies by my seun se skool. Toe ons die hoof gaan sien na die 4de aanval op ons seun, was sy woorde “seun jy moet jouself maar verdedig”. So ons het hom vir ‘n paar klasse gestuur by mense wat weet hoe … Hy is van kleins af geleer om nooit eerste te slaan nie. Met die volgende “fight” het hy nie 2de gekom nie en van daar af het niemand weer met hom ‘n “fight ge-pick” nie. Inteendeel, hy het die gewildste seun in die skool geword om boelies aan te vat en ek is trots op hom daarvoor.

Andrea ·

Dit was ons ervaring ook. Myvseun is geboelie tot die dag in Gr 9 wat hy afgehaak het en die Gr11 boelie met een hou bewusteloos geslaan het. Ek was so trots op hom. Hy loop nou nog met die litteken op sy hand. Ek sê dis daai dag wat hy n man geword het. Dis die enigste taal wat boelies verstaan.

m ·

Netso JJ. Gee daai boelie van sy eie medisyne dan is hy nie meer so braaf nie. Hulle teer op kinders wat nie hulle self kan verdedig nie.

VV ·

Ek weet ook uit ondervinding dat ñ saak twee kante, nee drie kante het… Ek sal graag wil weet wat dryf ñ kind om ñ ander kind so te slaan? Almal maak so bohaai oor fisiese aanranding maar kyk emosionele boelie mis… ek weet van baie gevalle waar die sg boelies so erg geterg en gevloek is dat hulle tot fisiese geweld oorgaan… daarom sal ek graag ook ander kant wil weet. Sulke outjies dan ook geskiedenis van geweld aangesien hulle getarget word deur emosionele boelies omdat hulle reaksie toon…

evsbest ·

Jy laat my nou dink…. Dalk het die “boelie” deurgeloop met woorde en toe ge-“snap”

Liza ·

Dit is presies hoe dit gebeur! Emosionele afbreking van ‘n kind tot hulle nie meer kan nie. Die “boelie” word deur ander verbaal geboelie en afgebreek!

Essy ·

Ag ‘n 13 jarige gaan net aan sy ouers se sorg oorgelaat word en niks gaan daarvan kom nie. Wonder waar kry hy die voorbeeld om so aggresief op te tree.

ElizeS ·

‘Skole beskerm boelies’… Sjoe, dis ñ ernstige aanklag. Waarom word ‘die skool’ altyd vir alles aanspreeklik gehou? Indien mý kind geboelie word, sal ék vroegtydig die saak met die boelie se ouers opneem… want my kind is primêr mý verantwoordelikheid en nie ‘die skool’ s’n nie. Sterkte..!

Ai nee elize ·

Omdat dit op die skoolterrein plaasgevind het. Kop jy nou die assosiasie? As jou seun ‘n vriend oorkry en die mannetjie word amper doodgeslaan word JY verantwoordelik gehou. Maak dit sin? Die kind is in JOU sorg gewees. Die ouers kla en kla en die onderwysers neem geen stappe teen die boelies nie, dit is geen veralgemening of valse aanklagte nie, dit is FEITE! Hoe beskerm jy jou kind in die BADKAMERS by die skool? Gaan jy saam met hom skooltoe? Dis belaglik man.

Theresa Buitendag ·

Hierdie aanrander is beslis nie ‘n boelie nie, hy is ‘n krimineel wat dienooreenkomstig gestraf moet word.

P J F ·

Ouers leer of laat reel julle kinders self beskerming (karate, boks, ens.) sodat hy homself kan beskerm. Indien so ‘n boelie self op sy dinges kry sal hy dit NOOIT weer doen nie en ook so sy gedrag stop. Ek is al in my sestigs en in my tyd was daar ook maar boelies maar my Pa het my so geleer en kon ek my self verdedig teenoor die boelies.

Katjie ·

Sjoe baie baie sleg en hoe die seun lyk. Onaanvaarbaar verby….daar moet ernstig in hierdie tipe dinge ingekyk word. Dalk ook huisprobleme of woede ens aan die boelie se kant. Geen verskonings nie en skool verantwoordelik en ernstige optrede nodig. Dis vreeslik skokkend en die woede en aggressie in ons land is net erg verby. Groot en ernstige saak hierdie!!!!!

Peanut ·

Hopelik vat sy ouers die boelie hof toe, kry n hofbevel. Ek is ook geboelie en niemand het my gehelp nie. boelie se ouers moet gedagvaar word vir mediese onkostes, dan ook vir pyn en leiding. Die wetters moet sy plek leer, dit het my jare gevat om dit te verwerk, blerrie gemors

Adele ·

Geen tyd vir boelies nie, as dit my kind was sou ek mal gegaan het. Niemand moet verskonings probeer maak vir hierdie gedrag nie, dit is onaanvaarbaar!

Anne ·

Stem saam Adele, die boelie verdien wat hy kry, daar is geen verskoning vir sy gedrag nie , hy behoort nie saam met opgevoede kinders in die skool nie.

Donsie ·

Kla die Skoolhoof aan.!!!!! In ons geval was n onderwyseres die boelie.
Ons was ook deur “hel” met ons kind. Skoolhoof het onderwyseres beskerm net totdat die Departement ingegryp het. Toe “dans” die poppe.

E ·

Onthou ń saak het 2 kante. Party kinders word elke dag geterg en getart tot hul dit nie meer kan hanteer nie, want soms gaan kla ouers en niks word gedoen nie. Tot op ń dag wat die arme kind besluit genoeg is genoeg! en dan is dit te laat. So ja die blaam lê op die ou einde by die onnies en ouers. Volwassenis is slegs volwasse as hul saam aan ń oplossing werk, want as die 2 partye soos kinders tekere gaan sien die kinders dit en volg dan die grootmense se voorbeeld.

Jeanetta Taljaard ·

Ek mag verkeerd wees, maar sien hierdie tipe aanval nie as boelie nie. Dis wreedaardige aanranding en ek hoop die kind word nou gehelp, want sy gedrag gaan moord tot gevolg hê. Ek sukkel om te verstaan waar soveel haat in kinders vandaan kom. Wreedaardigheid is aan die orde van die dag by skole. Ek dank die Here dat ek nie meer kinders in die skool het nie, maar vrees vir my kleinkinders. Sterke aan Corne se ouers. Ek sou nie verantwoordelik gewees het vir my dade nie.

Juffrou ·

As dit enigsins moontlik was, sou ons van hierdie kinders ontslae wil raak. Hulle is n pes in die klas ook. Ongelukkig is dit nie net van skors of optree nie. Ons hande is afgekap…

Justice ·

Die opbou van ‘n vergruisde wangbeen is een van die seerste operasies. Veral wanneer die “plugs”in die daaropvolgende dae stuk vir stuk uitgetrek word sonder narkose. Ek hoop dat hulle daardie boelie aan Corne se bed gaan vasketting sodat hy kan sien en ervaar wat se pyn en lyding hy veroorsaak het. Ek vertrou dat Corne se ouers dit sal afneem op video vir wanneer die nodige eise ingestel gaan word. Sterkte met die herstel fase.

Estelle ·

Moet asseblief nie oordeel nie. n Kind wat boelie word dalk self geboelie by die huis of elders en nou haal hy/sy hul woede uit op ander. Wat die kind doen is verkeerd en hy/sy het dringend sielkundige hulp nodig. Ek voel jammer vir die onskuldige slagoffers wat die geboelie moet verduur. Ek voel n skool moet in die eerste plek dadelik optree wanneer die gedrag voorkom. Sterkte aan die seun en ander wat hierdeur geraak word.

toy ·

Die probleem van n boelie begin by die huis glo ek. Het n pa al gesien wanneer sy seun nie iets reg doen nie dan wil hy hom met die kop kap, die seun het aggressie probleme, so n seun gaan dink dus hoe hy sy gesag op ander kinders afdwing deur te boelie.

J ·

Van kleins af n boelie as jong man gaan die tronk deure agter hom toe slaan. Sterkte aan die pad vorentoe met jou kind se opvoeding.

kallie ·

Ek wil NIKS met kinders se opvoeding in skole vandag te doen hê nie,NIKS! Nog minder by universiteite en ander instellings. Dit is ‘n nagmerrie wat vir die opvoeders waar geword het. Dissipline is vir ewig verlore en respek ‘n woord wat die meeste leerders nie ken nie en in die woordeboek moet opsoek, as hulle sou weet wat woordeboek beteken want die wil om te leer, ordentlik te wees en opgevoed op te tree is iets wat total ontbreek. Gaan soek die rede vir daai boelie se gedrag by die huis en dagvaar daai ouers tot by oom Daantjie in die kalwerhok. Laat die wette van die land wat nog werk hulle op die harde manier leer.

E.K. - ek sê net! ·

Miskien moet mens begin om sosiale media te gebruik om skole soos die te “adverteer” dat hul niks doen oor klagtes van geboelie. Versprei die woord. Somemr oor al sulke ksole. Name and shame them. Dalk sal hul DAN luister en begin iets doen.

Vince ·

Ek sou krimineel en siviel vervolg het. Sit dai boelie mooi tussen ander boelies in n verbetering skool.

Sharon ·

Mens kan ook net wonder wat gaan aan in daai huis wat die boelie uit kom, word heel moontlik deur ouers geboelie en nou word dit op ander uitgehaal. Sterkte aan die familie en so jammerte dat julle deur so iets moet gaan.

Chrissis ·

Ek sit met dieselfde probleem kinders tart my dogter so hot en se haar so sleg dat sy gister die een kind geklap het nou wil die ouers n saak maak.het gese hulle noet maar dit is reg. My kind huil elke dag sy word sleggese maar volgens almal is sy skulding en nie die ander nie. Dit is al so dat sy heeldag met hoofpyn loop en opgooi . maar niemand luister.se mens ieys word dit onder die mat ingestoor. More oormore sit mens met n tiener wat rebel en wil selfmoord pleeg dan is mens n slegte ouer maar niemand sien wat boelies aan kinders doen nie.

Gesiggie ·

My kind was self ‘n slagoffer van ‘n boelie. toe meld ek dit aan by die skool, dus eers ‘n hele klomp reels en vergaderings. Niemand dink hoe my kind elke oggend bang is om skool toe te gaan nie, hoe sy huil nie, toe besluit ek nee tot daarna toe. ek het tot by die kind en die ma gegaan, die ma het ook by die skool gewerk. Mooi haar gese nie jy of jou kind sal my kind so afbreek nie, ek sal jou begin breek en glo my jy sal dit nie wil he nie. Dit het daar en dan gestop nooit weer met my kind gesukkel nie. Ek probeer my kind tot die beste van my vermoe opvoed omdat jy nie kan of weet nie, is nie my probleem nie en jy gaan dit nie my probleem maak nie

Hannelie ·

My kind was vanaf Gr 7 tot en met Gr 9 emosioneel geboelie. Nadat hy Gr 9 nie kon slaag nie het ons hom in n huisskool sisteem in n veilige huislike atmosfeer gesit. Daar is op die stadium maar 10 leerders, my kind is n ander mens, hy floreer!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.