Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici is omstreeks 13:30 na die toneel ontbied. Volgens omstanders het die seun en sy vriend geswem toe hy in die moeilikheid beland en verdrink het.
“Paramedici het die seun se vriend vir skok behandel, voordat hy terug huis toe geloop het,” het Mathe gesê. “Die oorledene se liggaam is deur ʼn beampte van die Ethekwini brand-en nooddienste uit die water gehaal en hy is amptelik deur paramedici op die toneel dood verklaar.”
Lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê ʼn geregtelike doodsondersoek sal gedoen word.