Seun skiet pa op plaas in Noord-Kaap

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Amirali Mirhashemian/Unsplash)

Die polisie in die Noord-Kaap stel ondersoek in ná ʼn 48-jarige seun glo sy 82-jarige pa op hul plaas naby Williston, noordoos van Calvinia, doodgeskiet het.

Lt.kol. Sergio Kock, woordvoerder van die polisie, sê die pa en seun het Donderdag omstreek 17:50 in ʼn woordewisseling betrokke geraak. Dit het tot die noodlottige skietvoorval gelei.

“Die pa het verskeie skietwonde in sy kop en bors opgedoen. Hy is op die toneel dood verklaar.”

Die seun is in hegtenis geneem en sal binnekort in die hof verskyn.

Enigiemand met verdere inligting word versoek om ao Afrika Futa te kontak by 060 976 9078. Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.