Vince se pa, Botha Viljoen (39), sy ma Engela (36) en sy agt maande oue babasussie Abi is op 18 April dood na ʼn botsing reg van voor naby die Bram Fischer-lughawe in Bloemfontein in die Vrystaat. Vince het die ongeluk oorleef maar het ernstige beserings opgedoen en is in die Universitas-hospitaal opgeneem. Hy is later na die Pelonomi-hospitaal oorgeplaas.
Elize Smit, Vince se tannie, het aan Maroela Media bevestig dat hy omstreeks 22:00 Vrydagaand in die hospitaal oorlede is. Smit sê Vince se koors het Vrydag skielik weer opgegaan. Sy sê dit is nog nie duidelik presies waaraan hy oorlede is nie maar dat dit moontlik sy longe was. Vince het breinbeserings in die ongeluk opgedoen en sy bobeen en kakebeen is gebreek. Hy was sedert die ongeluk aan ‘n asemhalingstelsel gekoppel en onder verdowing gewees.
Maroela Media het verlede maand berig dat die gesin ʼn oop winkel gaan soek het en op pad terug huis toe was toe die ongeluk gebeur het. Die gesin se Fiat Uno het reg van voor teen ‘n Toyota Hilux-bakkie gebots. Die ongeluk het op die Viljoen-egpaar se 16de huweliksherdenking plaasgevind.
Ao. Zweli Mohobeleli, woordvoerder van die polisie, het vroeër bevestig dat die bestuurder van die ander voertuig, ʼn 22-jarige man, in hegtenis geneem is. Volgens Mohobeleli het die man glo onder die invloed van alkohol bestuur. Hy is op waarskuwing vrygelaat en moet op 17 Oktober in die hof verskyn.
Shame dis so hartseer maar nou is hy veilig en gesond by Liewe Jesus en is hy herenig met sy gesin. Rus in vrede seun. Dis n skande dat die 22jarige niks oorgekom het nie. Maar so is nog n familie uitgewis en hulle kom vry.
Dronkbestuur en die gemors word op waarskuwing vrygelaat!
Stem saam dat dit n skande is dat die dronk bestuurder nog vry rondloop. N hele gesin uitgewis deur die nalatigheid van n ander. Dis moord. Wat gaan aan met ons regstelsel? Dit het regtig verandering nodig. Dronkbestuur, roof, moord en verkragtig is aan die orde van die dag. Maar ‘mens’, moet netnie rook nie. Dan word jy sommer beboet om self toegesluit. Ek sak my kop. Sterkte aan die familie. Julle rus in vrede by Jesus ons verlosser.
Woorde laat my in die steek om my woede oor die ongeregtigheid wat hier plaasvind uit te druk. So, so hartseer
Wat gaan aan in ons reg stelsel!?!?! Hy moes nooit vrygelaat wees nie
watse regstelsel! flip vandag kan jy iemand vermoor, doodry whatever, maar moet nie waag perongeluk ‘n rooi flikkerlig by robot nie raak sien nie!! dan klim hierdie groot verkeers mama uit haar kar en glo my probeer so hard om ‘n bride te kry, tot jy haar laat verstaan “sluit my dan toe”. ons regsstelsel is “nul en void”
Hoe hartseer is dit nie – maar nou is hy gesond en by sy ouers en sussie – hoop die bestuurder van die ander voertuig kan ‘n voorbeeld van gemaak word – net nog ‘n moordenaar wat los rondloop want dit was GEEN ongeluk nie !!!