Seuns gered uit woonstel in Jhb

Die seuns is glo met die dood gedreig indien hulle sou probeer om te ontsnap. (Foto: Verskaf)

Vier Ethiopiese seuns wat vermoedelik die slagoffers van ’n mensehandelsindikaat was, is Woensdag uit ’n woonstel in Johannesburg gered.

Twee verdagtes, ’n Ethiopiese man en vrou, is gevolglik deur beamptes van die Johannesburgse metropolisie se geïntegreerde intelligensie operasionele sentrum op die vermoede van mensehandel in hegtenis geneem. Die polisie het ook op R92 000 kontant beslag gelê.

Xolani Fihla, polisiewoordvoerder, sê in ’n verklaring dat beamptes Woensdag inligting opgevolg het oor mensehandel wat in Meredale plaasvind.

Die seuns is glo met die dood gedreig indien hulle sou probeer om te ontsnap. (Foto: Verskaf)

By beamptes se aankoms by die adres op die Sparrowgate Lifestyle-landgoed het die klaer vier tienerseuns aan beamptes uitgewys wat glo uit die kloue van hul handelaars ontsnap het.

“Die klaer het beamptes na ’n woonstel op die landgoed geneem waar die seuns teen hulle wil aangehou is. ’n Ethiopiese man en vrou is in die woonstel aangetref en deur die beamptes ondervra,” het Fihla gesê.

“Die twee het beweer dat die seuns deur hul vriend gebring is en dat die vriend hulle later sou kom haal. Beamptes het die seuns ondervra wat gesê het dat die manlike verdagte gedreig het om hulle dood te maak indien hulle sou probeer om te ontsnap. Die seuns het ook gesê hulle word teen hulle wil aangehou.”

Die twee verdagtes is in hegtenis geneem en word tans by die Mondeor-polisiestasie aangehou. Dis nie duidelik wanneer hulle in die hof sal verskyn nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Chris dupreez ·

Maar net nog gemors wat die land vrylik binnestroom agv die anc.

Swerwer ·

En so infiltreer die onwettige immigrante die land want die grense is mos oopgestel vir hul.

domheks ·

Al die gemors van ander lande kom hierheen. Want die strafregstelsel is een GROOT GRAP! More is die twee weer op straat om nog verder aan te jaag. Sparrowgate Lifestyle-landgoed nogal, so hulle is goed betaal vir mense-handel hier in SA.

Surfer ·

Reg, in ander Afrika lande sal die “Security force” hulle net laat verdwyn of hulle erens optel met koeel wonde.

Korrelkop ·

Die slagoffers word op allerhande onmenslike (jy wil nie weet nie) maniere en teen hulle wil hierheen gesmokkel!

Wat op dees Aarde ·

Dit is tyd dat ons grense behoorlik gepatroleer word. Dus dat ek absoluut geen probleem het met #operationDudula nie. Hulle doen goeie werk om die onwettige kriminele op hulle tone te hou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.