Seuntjies in Soweto grusaam vermoor

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Tracey Adams/African News Agency/ANA)

Die verminkte liggame van twee seuntjies is Donderdagoggend in Soweto gevind nadat hulle Woensdagaand as vermis aangemeld is.

Hulle was maar vyf en ses jaar oud.

Die Gautengse polisie doen nou ’n beroep op die publiek om met enige inligting rakende die grusame moorde na vore te kom.

“Dit kan nie wees dat niemand iets gesien of gehoor het nie,” sê lt.genl. Elias Mawela, provinsiale polisiekommissaris.

Die polisie het verskeie hulpbronne gemobiliseer in ’n poging om die kinders se moordenaar of moordenaars op te spoor.

’n Soektog is Woensdagaand na die twee seuntjies van stapel gestuur nadat hulle by die Moroka-polisiestasie as vermis aangemeld is.

Die een se verminkte liggaam is Donderdagoggend in White City opgespoor en die ander kind se liggaam later in Rockville.

Die polisie het nie meer inligting omtrent die moorde bekend gemaak nie.

Mawela sê wel dit is “ontnugterend en skandelik om te sien dat sulke klein onskuldige lewens op hierdie afskuwelike manier verlore gaan. Dit kan nie wees dat niemand iets gesien of gehoor het nie. Ons doen ’n beroep op enigiemand wat dalk inligting oor hierdie voorval het om dit asseblief by die polisie aan te meld.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Papsak ·

Nou kan daar vinnig op getree word maar anders om niks het gebeur dan nie onder die mat in gevee

piet ·

Blykbaar muti-moorde. Keelaf gesny en die hande en neuse geneem. Ek is nou so kwaad soos ek hier sit, om te dink wat daai kinders moes deurmaak. Ek kan sulke dinge glad nie hanteer nie, afskuwelik.

Lillian ·

Was die twee maatjies of boeties… Bly ‘n walglike daad!

Amelia ·

As hul so min voel vir hul eie kinders hoe voel hul oor ons kinders maak hierdie muti winkels toe almal is in elk geval net nonsens wat da aangaan

piet ·

Niks te doen met “eie kinders” nie. Hierdie is kriminele gemors wat die dade pleeg vir finansiele gewin. Kon net sowel wit kinders gewees het, hierdie gemors ontsien niemand en niks nie.

ES ·

Kan jy jou indink waardeer daardie seuntjies moes gaan voordat hulle lewens van hulle weggeneem is? Skokkend!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.