Sewe aangekeer oor diefstal by Limpopo-skole

Foto verskaf deur SAPD Limpopo

Sewe verdagtes is Sondagaand in Limpopo in hegtenis geneem op aanklag dat hulle by skole en residensiële geboue ingebreek het.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie het inligting ontvang oor die verdagtes en ʼn operasie in Sebayeng uitgevoer. Dit het tot die inhegtenisneming gelei van die eerste twee verdagtes. “Hulle het items in hul besit gehad wat vermoedelik van een van die skole in die gebied gesteel is,” het hy gesê.

ʼn Gesamentlike taakspan en speurders van Mankweng se ondersoek daartoe gelei dat nog vyf persone op verskillende plekke in hegtenis geneem is. “Dié persone word ook daarvan beskuldig dat hulle vermoedelik gesteelde eiendom in hul besit gehad het.”

Die sewe verdagtes, tussen 24 en 64 jaar oud, word na bewering met verskeie rooftogte in die gebied verbind. Tydens die inhegtenisneming het beamptes onder andere beslag gelê op sentrale verwerkingseenhede (SVE’s), rekenaarskerms, sleutelborde, ʼn luidspreker, ʼn boor, ʼn slypmasjien, ʼn koevoet, twee yskaste, beddens en ʼn plasma-TV.

“ʼn Ondersoek sal ook bepaal of die verdagtes met enige ander misdade in die provinsie verbind kan word,” het Mojapelo bygevoeg. “Hulle sal na verwagting Dinsdag in die Mankweng-landdroshof verskyn op aanklag van sakeroof en die besit van vermoedelik gesteelde eiendom.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Rodger17 ·

Wat kan mens sê,behalwe chaos,wanorde en onbevoegde polisiemag

Anel ·

En hoe is die goed vervoer? Jy kan dit nie op jou rug laai en loop sonder dat iemand sien nie? Wys net hoe word gepatrolleer want ek het gedink niemand mag op straat wees of eerder trek nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.