’n Taakspan van die Oos-Kaap is op die spoor van ses verdagtes wat Woensdag vroegaand uit die aanhoudingselle van die polisiestasie in Elliot ontsnap het.
Sewe verdagtes het ontsnap, maar een is sedertdien weer in hegtenis geneem.
Kapt. Khaya Tonjeni, woordvoerder van die polisie, sê die verdagtes het omstreeks 18:45 polisiebeamptes by die betrokke polisiestasie oorrompel waarna hulle met ’n dienspistool van die beamptes te voet op die vlug geslaan het.
Volgens Tonjeni het die verdagtes op pad uit glo ook lukraak skote in die polisiestasie afgevuur hoewel niemand in die proses beseer is nie.
Een van die verdagtes (21) is enkele ure ná die ontsnapping weer aangekeer hoewel ses van sy makkers in dié stadium steeds soek is. Die polisie is nou op die spoor van Lihle Rashula, Dumisanu Tom, Inga Nkompela, Sfundo Sothondoshe, Yophi Samkelo Rasmeni en Phakamani Phoswayo.
Daar word ’n beroep op mense gedoen om nie die verdagtes te probeer aankeer nie aangesien hulle gewapen en moontlik gevaarlik is.
Mense word wel versoek om enige inligting oor waar die verdagtes hulle moontlik bevind by speursers. Lifa Gqosha by 082 8132 217 aan te meld.
- Yophi Samkelo Rasmeni (Foto: SAPD)
- Dumisani Tom (Foto: SAPD)
- Inga Nkompela (Foto: SAPD)
- Lihle Rashula (Foto: SAPD)
- Sfundo Sothondoshe (Foto: SAPD)
- Phakamani Phoswayo (Foto: SAPD)
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
7 Kommentare
Kry aanhoudenes hulle eie bos sleutels waaneer hulle in SA toegesluit word?
Elke dag se ding deesdae.
Deesdae maak die bandiete ook beurte om buite te gaan kuier. Skande van ons regering.
#Plaaskind. Ek is van mening die SAP lede help die Bandiete ontsnap….
Hoe toevallig elke week ontsnap ‘n paar… Nee dis binne