Sheba maak draai by haar lêplek, watergat

(Foto: Verskaf)

Sheba, die vermiste tierwyfie wat die naweek by ’n kleinhoewe aan die suide van Johannesburg ontsnap het, was teen Maandagaand steeds op die vlug, maar het wel tydelik teruggekeer om aan vleis te vreet wat vir haar uitgesit is. Sy het daarna weer op die vlug geslaan.

Gresham Mandy, lid van die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) op Sheba se spoor, meen dit is nietemin ’n “baie goeie teken”.

Sheba is ook Maandagaand vroeg by ’n watergat in die omgewing opgemerk.

Mandy sê Sheba is via hommeltuig- termiese beelding by ’n watergat opgemerk. Die spoorsnyspan het kort daarna spore rondom die watergat opgemerk en haar geruik. “Sy was dus baie naby, maar die bos was te dig en dit was te gevaarlik vir hulle om by die bos in te gaan.”

Die span sou Maandagaand ’n opgesnyde karkas – behandel met ’n kalmeermiddel – uitsit in die hoop dat sy aan die vleis vreet, lomerig raak en eindelik aangekeer word.

“Hopelik sal die oggend positiewe resultate oplewer,” het Mandy Maandagaand aan Maroela Media gesê.

Sheba het Vrydagaand daarin geslaag om te ontsnap nadat die heining om haar aanhoudingsgebied in die Midvaal- plaaslike munisipaliteit geknip is. Die tierwyfie het intussen ’n damhert doodgemaak, ’n hond verskeur en ’n man aangeval.

Die man het die aanval oorleef en is in ’n hospitaal opgeneem.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Danie ·

Ek hoop sy val vir die vleis seker redelik honger by die tyd.Dit sal n tragedie wees om so n pragdier te verloor .

Truman Burbank ·

Slegs in Suid Afrika. Dae sonder krag, ‘n hittegolf en n tier wat ontsnap. Mens kan nie die crap uitdink nie.

Stofdonkie ·

Dit kon erger gewees het, die president kon ‘n krimineel gewees het…

Jaco ·

Mag mens so ‘n uitheemse dier, waarskynlik deel van ‘n bedreigde spesie, in SA aanhou? Wag nou onthou ek, ons is mos in SA, waar baie wette gebuig word of eenvoudig nie meer toegepas word nie.

Sheree ·

Daar is geen wet teen exotic diere aan te hou nie, net teen inheemse diere aan te hou.

Witbaard ·

Sal graag later die misdaad statistiek in die gebied wil sien. Dink daar sal n afname wees terwyl die tier nog rondloop.

Casper ·

Jaco,al ooit gehoor van ‘n permitstelsel.Dit maak my naar as mense die klok gehoor lui het maar nie weet waar die bel hang nie of as mense die eienaar kwalik neem dat iemand anders die draad geknip het.Iemand het daai draad geknip met die doel om die tier te skiet ofte vergiftig.

Annelize ·

Dis ‘n pragdier en duidelik word sy baie goed versorg. Ek hoop regtig sy word gou aangekeer, voor sy in die verkeerde hande beland of agv onkunde iets oorkom,

Elmarie ·

Wilde diere, ALLE wilde diere hoort vry in die natuur in die omgewing/land waar hul hoort. Net my opinie

OW ·

Ek stem saam met jou.In die tier sê geval, moet dié dier in ‘n beheerde gebied aangehou word, omdat die tier uitheems aan SA is,en nie natuurlik hier voorkom nie.

Sandra ·

Die feit dat sy well teruggekeer het om te kom vreet is hopelik ‘n teken dat hulle haar kan vang en dan na veiligheid kan bring. Sy is so pragtig en moes in die eerste plek nie in aanhouding gewees het nie. Die aanhouding moes haar seker oneindig frustreer het en toe sy die kans kry toe waai sy. Daar moet ‘n wet ingestel word dat mense nie die wilde diere as hulle persoonlike troeteldiere mag aanhou nie. Dit is nie reg nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.