Siviele eise kan kom oor diversiteitsdebakel

(Foto: quicket.co.za)

David Maynier, LUR van onderwys in die Wes-Kaap, het bykomende stappe aangekondig nadat ʼn herrie losgebars het oor die sogenaamde diversiteitsopleiding by Fish Hoek High School in Vishoek.

Ouers was woedend en talle leerders getraumatiseerd oor die inhoud van die aanbieding – oor geloof en rassisme – terwyl verskeie organisasies skerp kritiek gelewer het op die ingryping wat van stapel gestuur is ná ʼn beweerde rassevoorval by die skool. Sommige van die leerders is glo só ontstel deur die gebeure, dat hulle sielkundige berading moes ontvang.

“Wat gebeur het, het pyn en verdeling veroorsaak en die ingryping is die volgende dag, op Dinsdag 1 November, opgeskort.

“ʼn Ondersoek is dadelik van stapel gestuur om aanspreeklikheid te verseker vir die gebeure wat plaasgevind het en om te verseker dit word nie herhaal nie,” sê Maynier.

Die diversiteitskursus het onder die vaandel van die provinsiale onderwysdepartement plaasgevind.

Maynier het nou nóg stappe aangekondig.

“Ek het die Wes-Kaapse departement van onderwys opdrag gegee om ʼn dringende hersiening van enige beleid, riglyne en/of regulasies te doen wat die departement se verkryging van dienste by eksterne diversiteitskonsultante reguleer.

“Ek het gevra dat die Wes-Kaapse regering se regsdienste advies gee oor regsopsies wat verband hou met die diensverskaffer se gedrag tydens die ingryping self.

“Dit sal insluit of daar gronde is vir ʼn siviele skadevergoedingseis in hierdie verband.”

Leerders het tydens die kursus onder meer glo gehoor dat swart mense nie rassisties kan wees nie en indien daar werklik omgekeerde rassisme was, almal in die skool ʼn Afrika-taal sou praat en nie toegelaat sou word om hul eie taal te praat nie.

Daar is tydens die sessies ure lank agter toe deure met leerders van verskillende grade vergader, met opnames van die inhoud wat die afgelope paar dae drupsgewys bekend geword het.

Maynier sê die situasie word geweldig ernstig opgeneem en ʼn omvattende ondersoek na die diversiteitskursus by Fish Hoek High School is onderweg.

“Ons moet nou konsentreer op die leerders wat eksamen skryf, veral dié in matriek, en verseker dat dit glad verloop. Ons prioriteit is en bly steeds die welstand van ons provinsie se leerders.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Karpraat ·

Niks minder word verwag nie, sommer by die MRK ook verkla.

Republikein in die Wes Kaap ·

Die LUR moet bedank, dit sal die regte stap wees na heling. Die skoolhoof moet geskors word hangende ‘n ondersoek na sy bevoegdheid.

Martin ·

Di da sal nou maak of hul vn geen sout of water weet ni maar ons is ni dom ni di da kanni vertrou word ni

Joggie ·

Nou wil DA die eksterne diversiteitskonsultante blameer! Waarom wil hulle diversiteit in ek geval op enige persoon af forseer?

Jessey ·

Net Plein Gemors. Blanke Suid Afrikaners oor die algemeen probeer regtig om in te pas en nie dit wat gebeur het in die verlede weer toe te laat om te gebeur nie. Die huidige regering en makkers probeer dit sover moontlik so moeilik moontlik maak om dit nie te doen nie. Die strewe na sukses word onderdruk so hard as moontlik

NEO ·

DA slaan nou vure dood soos met onderwyseres in Schweizer-Reneke.

Marina ·

Klink maar na n minderwaardigheids kompleks aan die kant van die voorheen benadeeldes?

Lurock ·

Regtig, wie het hierdie persoon se vorige werk nagegaan, of is dit sommer aan enige Jan Rap en sy maat wat ‘n kader is gegee. Weet iemand wat is die bedrag wat betaal is vir hierdie kabaal.

Sobymykoolkop ·

Moes aan die eksamen gedink het voor julle toegelaat het dat julle liberale linkse gemors in kinders se kele afgedruk is. Vertrou paar kinders se oë het nou oopgegaan. Die ” aanbieder ” is verseker derduisende rande met belastingbetalers se swaarverdiende geld betaal.

Keelvol ·

Die DA het in n liberale party ontaard. EK’t mense begin te waarsku oor wie en wat hulle is. Maar hulle bly glo dat dit die enigste party is wat die anc kan “stop.”

Nou begin Hulle ware kleure alhoemeer te wys.

Perdeby ·

Ek sal hulle ook gedagvaar het, want dit kom daarop neer wat sy gesê het dat swartes nie rassities is nie, maar dat wit en kleuring wel is. Ek sal vir hulle vinnig ‘n voorbeeld gee ………..MALEMMA!

Jacques Dawie ·

Pure indoktrinasie. Vorseer kinders om na hul fascistiese propaganda te luister. As jy geskiedenis ken, het die Nazi’s ook met hul indoktrenasie die jong mense in haat verander. Die instelling van ge vorseerde propaganda is nie wettig nie, en ons konstitusie is duidelik hieroor. DIE SUID-AFRIKAANSE HANDVES VAN GODSDIENSTIGE REGTE is duidelik hieroor. Dit is krimineel. Waar is die MRK oor die kwessie? Maar nee, die MRK kan hul besig hou met rugby spelers, en nie met hul werk nie. Alle instansies wat ons regte moet beskerm, is in n “Posturing” staat vasgevang.

Heinrich ·

Vishoek is ongelukkig nie die enigste skool waar hierdie propaganda so openlik aan die gang is nie, die ander konsultante by ander skole bedek dieselfde boodskap op ‘n meer slinkse manier.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.