Skerp verhoging in brandstofpryse vir Mei bevestig

Argieffoto (Foto: Activ-Michoko, Pixabay)

Die minister van energie, Jeff Radebe, het Donderdag die petrolprysaanpassings vir Mei 2018 bevestig.

Die departement het in ʼn verklaring gesê die prys van brandstof styg weens die Rand/Dollar-wisselkoers (van R11.85 tot R11.95 per dollar) en die styging in die prys van ru-olie (van $65.71 tot $70.36 per vaatjie). Die internasionale pryse van petroleumprodukte het ook verhoog.

Op 2 Mei 2018 sal petrol met 49c per liter duurder wees; diesel met ʼn swaelinhoud van 0.05% styg met 59c per liter en diesel met ʼn swaelinhoud van 0.005% met 58c per liter. Paraffien styg met 52c per liter en LPGas met 70c per kilogram.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Johan ·

Nee o hel hoe vinniger ons waai uit hierie clown van n land hoe beter.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.