Skool-aanranding: Seun het ‘veelvuldige beserings’ gehad

Odirile Mafora (9) is dood sowat ‘n week nadat hy glo ernstig by sy laerskool aangerand is. (Foto: verskaf)

Die negejarige skoolseun van Koster wat dood is ná ʼn 17-jarige medeleerder hom na bewering by die skool aangerand het, word Saterdag begrawe.

Odirile Mafore is verlede Donderdag dood, drie dae voor sy tiende verjaardag.

Sy familie het gister die uitslag van sy nadoodse ondersoek gekry. Die oorsaak van sy dood is aangedui as “veelvuldige beserings”, maar het nie gespesifiseer of die dodelike beserings aan die seuntjie se kop of lyf was nie, het Odirile se ouma, Morwadi Phekola, gesê.

Odirile, ʼn graad 5-leerder, is op 13 Mei in die Koster-hospitaal opgeneem nadat ʼn 17-jarige graad 7-leerder by die Kgalagatsane Primary School hom glo aangerand het.

Maroela Media het vroeër berig die tiener het Odirile glo op die kop geklap en by ʼn stel trappe afgestamp. Die ouer seun het Odirile na bewering gevolg terwyl hy teen die trappe afgerol het, en het op die grond glo op hom getrap.

Die voorval is nie by die skool aangemeld nie en tuis het Odirile ook daaroor geswyg.

Hy het die naweek mank geloop en teen Maandag het hy die gebruik van sy arms en bene verloor, het sy ma, Daisy, gesê. Odirile kon ook nie eet nie en daar was bloed in sy urine.

Odirile het sy gesin eers tóé van die aanval by die skool vertel. Sy ma was op dié stadium op pad skool toe om te gaan aanmeld dat Odirile siek is en nie klasse kan bywoon nie.

Kapt. Sam Tselanyane, polisiewoordvoerder in Noordwes, het gesê die 17-jarige het Maandag reeds in die landdroshof in Koster verskyn. Hy is nie gevra om te pleit nie en die saak teen hom is tot Junie uitgestel. Die seun word intussen by ʼn jeugsentrum aangehou.

Tselanyane het gesê ʼn aanrandingsaak is aanvanklik geopen, maar die klagte is ná Odirile se dood na moord omgeskakel.

Die LUR vir onderwys in Noordwes, Sello Lehari, het gesê hy is diep geskok en hartseer oor die voorval.

“Ons verwag nie dat sulke goed met ons kinders gebeur nie. Verlede week is twee leerders boonop dood in ʼn busongeluk by Groot-Marico, terwyl ander beseer is,” het Lehari gesê.

Hy het gesê die departement keur boeliery ten sterkste af en moedig leerders aan om dit by onderwysers of skoolhoofde aan te meld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

AHEM ·

ASKUUS MAAR 17 IN GRAAD 7!!!!!!!!!
My kind is 17 en in graad11, hulle moes hom eerder al uit die skool geskop het.

Beatrix ·

Ongelukkig die tendens in SA Maak nie saak hoe oud jy is nie ‘n 22 jarige sit dan nog in graad 11

jakes ·

Die onderwys dept moet verduidelik hoe dit moontlik is dat n 17 jarige tiener nog in die laerskool is? Kan die onderwysers dalk nie tot by 17 tel nie? Dis absoluut tragies en onbegryplik. Hoeveel ander 17 jaar en ouer kinders is nog in ander laerskole of dalk in kleuterskole in SA?

Guve ·

Mr.Lesufi, kom nou na vore , roei sulke kriminele uit 17 in gr7, rerig, maar dis mos reg, ne?

B-man ·

Lesufi is hoof oor Gauteng se Onderwysdepartement… Koster is nie in Gauteng nie!

Hartseer ·

My hart is sooooo seer vir jou liewe seun. Ek is so jammer. Maar jy is weg van hierdie vielsike aaklige wereld.

RUS in VREDE.

Ilze Mostert ·

Dis verskriklik. Mag ons hemelse Vader sy gesin vertroos en mag reg en geregtigheid geskied tov die skuldiges/moordenaars.

LIEKIE ·

Net ‘n dringende versoek aan Lesufi –
kan u nie asb hierdie Kgalagatsane PS se naam ook dringend verander nie ??
Iets soos: ADULTS DONT BELONG IN PRIMARY SCHOOLS !!

Arme, arme klein seuntjie.
Kon sy ouers nie betyds gesien het dat dit nie net sy been is wat “mank of gebreek” was nie.
Hy moes so seergekry het met die aanranding dat dit uiteindelik sy dood veroorsaak het.

BAIE SAD STORIE !!

Roxanne ·

Dit maak my hart sooo seer die storie…en woedend!!!!!Maar kan iemand verduidelik hoe werk dit 17jr oud in Gr 7…ek weet jy kan druip maar liewe aarde daar moes streep getrek word daar!!!!!

Wie weet ·

Ek virstaan nie die berig nie 9 jaar in graad 5 onmoontlik jy is 9 jaar oud in graad 3
17 jaar in graad 7 jy is gewoonlikk 13 in graad 7 regtig

Jaco ·

Die seun was amper 10, dus wil dit lyk asof hy skool toe gegaan het toe hy 6 was – moontlik.

Eunice ·

BAIE EIENAARDIG…dat daar nóú GÉÉÉN protes betogings,geweldadige optogte en geweld hoegenaamd ÓÓK uitbreek, soos die gewoonte is wanneer blankes betrokke is….???
SKANDE dat n 17 jarige nog op laerskool is!!!!!!!!!!!!!!!

James ·

17 in graad 7 en hy word seker 18 die jaar. So as alles goed sou hy 23 in matriek gewees het of 46..

Tone ·

Ek was onder die indruk dat jy op MAKSIMUM 21 jaar oud matriek mag wees…17 in gr7?? Gee hom oor aan die gemeenskap dat hul mobjustice toe pas

Griet ·

Tragies. Daar is redes hoekom jonger en ouer kinders nie saam op skoolterreine hoort nie. Hierdie insident kon verhoed gewees het.

Linda Searle ·

Asb mense moenie glo wat enigiemand van die Dep v Onderwys se nie! Hulle keur Boeliery af … maar niks word daaraan gedoen nie! Steve Mabona het snert gepraat in die media gese: n kind het n ander kind gestamp en uitgelok en die ma (EK) het uit die tugvergadering gestap …. Leunaar!!! My seun (10) was geboelie by n Afrikaanse Laerskool…het hardingskudding opgedoen, hy moes vir n CT scan
gaan…. die Dep v Onderwys wou dit nie hanteer nie, die skool hoof waa ook so pateties en vat nie verantwoordelikheid nie …. Ek het geen ander keuse gehad nie, my kind is nou in privaat skool. Wanneer gaan die Dep v Onderwys n les leer? Spreek boeliery aan my die skole!!! Dit ruk handuit en gebeur orals, selfs in die blanke staat skole!!! Skrik wakker!!! Stel n voorbeeld en maak voorbeelde van Boelies! Sodat kinders bewus is can die nagevolge! Ouers ook!!! Ek is spyt dat ek nie dadelik n klag gele het van nalatigheid teenoor die skool sowel as aanranding met die doel om ernstig te beseer nie, as dit is wat dit vat om probleme in skole aan te spreek ….

Ek wonder ·

Ek wonder of hierdie 17 jarige nie dalk in die spesiale klas was nie.

Judge Dredd ·

Hulle moet boelies aanmeld by die onderwysers.
Hoe so?
Die onderwysers word dan ook geboelie……..

Boerin ·

Lesufi is besig om Afrikaans uittemoor!!!
Hyt nie tyd vir sy regte werk nie, hy stop alle ondersteuning vir Afrikaans, hyt nou kuns en kultuur oorgevat!

Sonskyn ·

My hart is baie seer oor hierdie pragtige seuntjie, al ken ek hom nie persoonlik nie. My eie seuntjie word binnekort nege en ek sidder om te dink dat so iets ooit met hom gebeur. Die arme kindjie was te bang om vir sy ouers te vertel, wat my laat wonder of die groot drommel hom dalk gedryg het as hy sou praat! Dit is verskriklik!!! Hy moes soveel pyn (en vernedering) deur gemaak het en moes boonop sy verjaarsdag in so ‘n toestand vier. RIV klein man :(

schaun ·

Lezufi doen aan julle wat julle hom toelaat en lag agterna oor hoe maklik dit was om julle bang te maak.

Thelma ·

Genade hoort iemand wat nog in Gr 7 is en 17 is nie in ‘n spesiale skool nie? Die moes nooit gebeur het nie!!! Ek is geskok. Geen wonder ons veg so vir ons skole nie!!

ne ·

Sello Lahari moet bietjie verduidelik hoekom ‘n 17 jarige nog in graad 7 is. Dis ongehoord hy moes al lankal uit die Laerskool verwyder gewees het!

Jaco ·

To the Mafora family,
My heart goes out to all of you, may you find comfort in this dark time. A bright young man’s life cut short by a criminal, I hope you get justice.

chrisp ·

Die gevolge van ‘n gebroke stelsel wat goed werk is altyd hartseer.

Alida ·

Hoe oud gaan die moordenaar wees AS hy gr 12 is. Skop hom uit hy moet gaan werk

Waarheid ·

Hoop die ouers van die 8 jarige kla die 17 jarige ou man aan vir moord.

Cariline ·

‘n Leerder mag een maal in ‘n fase gedruip/terug gehou word. Dit wil sê maksimum ouderdom in graad 3 is 10, maksimum ouderdom in graad 6 14, maksimum ouderdom in graad 7 ( as hy reeds graad 7 dop) 16…Dan om 10 te word in graad 5 moes hierdie seuntjie reeds op 5 graad 1 begin het, en nêrens terug gehou gewees het nie. Dus was dit ‘n skrander seuntjie gewees. Mag sy familie vertroos word deur ons hemelse Vader.

Sandy ·

Nie net was hy 17 in graad 7 nie, hy is gevul met woede. Die uitkoms moet wees dat hy glad nie “fit” is om in die samelewing te wees nie. Wie weet waar sal sy dade draai as hy toegelaat word om vrylik rond te beweeg en boonop weg te kom met die kind se moord. Wat dit wel is.

Miss Julia ·

Wat soek n 17jarige saam met die seuntjie op een skool moet hy nie al Hoerskool gewees het nie

Roos ·

Die personeel van die skool moes die 17 jarige lankal verwys het. Die vorms wat ingevul moet word is dalk net te veel moeite.
As ‘n kind voor 30 Junie 6 word, mag hy skool toe gaan. Ek het ook in Graad 5 10 geword.
Die arme kind moes in erge pyn gewees het en hy was te bang om te sê. So jammer.

Engela ·

HY’s ‘n “born-free”, hoekom is hy op 17 nou eers in graad 7? My kleindogter is 12 en sy’s ook in graad 7!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.