Skool brand, miljoene rande se skade

Die klaskamers is in puin gelê. (Foto: Verskaf)

Sowat R4 miljoen se skade is Donderdag aangerig toe ’n blok klaskamers van ’n hoërskool in Evaton naby Vereeniging in Gauteng in die vroeë oggendure glo aan die brand gesteek is.

Panyaza Lesufi, provinsiale LUR vir onderwys, het sy teleurstelling in ’n verklaring uitgespreek nadat vier klaskamers vir gevorderde leerprosesse by die Tokelo Hoërskool tot op die grond afgebrand het. Nuwe skoolvoorraad wat in ’n aparte kamer geberg is, het ook in die slag gebly.

Volgens brandbestryders op die toneel lyk die voorval na “pure brandstigting”. Die polisie is vanoggend na die skool ontbied en stel ondersoek in.

“Ons wil ons teleurstelling oor voorvalle van dié aard beklemtoon omdat dit regtig ons planne ontspoor. Die werklikheid is dat ons nie geld het om die skool te herstel nie. Die departement sal kyk wat gered kan word van die afgebrande skool. Die gemeenskap moet waaksaam wees en help om die verdagtes op te spoor en die polisie in te lig,” het die LUR gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.