Skool rou ná jong onderwyser se dood

Jaco van den Berg

Die Hoërskool Frans du Toit in Phalaborwa is in rou oor die dood van een van sy onderwysers.

Jaco van den Berg (26) is Donderdag in ʼn motorongeluk oorlede. “Ons betreur die heengaan van ʼn geliefde onderwyser en jarelange lid van die Fransie-familie.

“Mnr. Van den Berg het as oud-Fransie teruggekom om hier te kom dien as onderwyser. Hy laat ʼn groot leemte, nie net in ons skool nie, maar ook in ons harte,” het die skool gesê.

Merensky Landbou Akademie het ook sy medelye met Van den Berg se familie, vriende en kollegas betuig.

“Die Plasies het met hartseer verneem van die afsterwe van oud-Plasie, Jaco van den Berg (klas van 2014). Mag sy familie, vriende en kollegas by Hoërskool Frans du Toit berusting vind in die wete dat die Here steeds in beheer is. Ons dink aan julle.”

Van den Berg se ma, Reinette, het bevestig dat haar seun in ʼn motorongeluk oorlede is. “Dankie vir almal wat sy lewe verryk het. Ons gaan hom vir altyd liefhê en vir altyd na hom verlang.”

ʼn Gedenkdiens word Vrydag vir Van den Berg in die Hoërskool Frans du Toit se skoolsaal gehou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Sandra ·

My innige simpatie aan sy familie vir die groot verlies van hul geliefde seun.

Skappie ·

Innige simpatie. Mag onse Liewe Heer julle almal styf in Sy arms vashou en julle deur hierdie moeilike tyd wat vir julle voorle, dra.

Marcello ·

Sterkte aan almal na aan hom, dit is altyd so hartseer as iemand so jonk te sterwe kom.

Pampoen ·

Ons weet nooit wanneer daardie uur vir ons aanbreek nie. Vir sommige mense kom dit op ‘n jong ouderdom wanneer jy dit nie verwag nie. Is jy gereed?

Koen ·

Wil jy nie maar joune verhaas nie. Lyk my jy is meer as gereed.

Nettie ·

Sjoe, dis hartseer. Sterkte aan die familie, en al sy vriende, die skool en die gemeenskap. Hoe verskriklik. Mag God julle almal vertroos en dra in hierdie tyd.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.